Vrydag, 1 Maart 2024 was die vrystellingsdatum van ’n splinternuwe enkelsnit van Deon Meiring, genaamd ‘Laat My Skyn’ gewees.
Deon Meiring het gedurende die loop van 2023 verskeie enkelsnitte vanaf sy laaste EP, Gebede En Briewe vrygestel, en met die vrystelling van ‘Laat My Skyn’, slaan hy ’n nuwe rigting in met sy musiek.
Hy beskryf ‘Laat My Skyn’ as die liedjie met die meeste pop-elemente wat hy nog geskryf het, en vind kreatiewe inspirasie wanneer hy af en toe iets doen wat heeltemal vars is vir hom.
Deon Meiring vertel ons meer van ‘Laat My Skyn’
“’Laat My Skyn’ gaan oor my soeke na my eie waarde, menswaardigheid en betekenis op die plekke waar ek dikwels nie daarna wil soek nie.”
Hy loop al vir ’n ruk lank met brokkies van die lirieke in sy notaboekie rond, en einde 2023 het alles op ’n dag net bymekaar gekom. Die liedjie het ontstaan omdat Deon gedurig nadink oor Bybelse gelykenisse wat na geld verwys, maar nooit op so manier dat mens die slotsom in rand en sent kan vervat nie. Soos met meeste van Deon se werk, het die lirieke van ‘Laat My Skyn’ op verskeie vlakke betekenis.
Deon Meiring vertel ons nog meer hieroor
“Ek hou daarvan om met dubbelsinnigheid en uiteenlopende beelde te speel in my lirieke sodat dit die moeite werd is om weer daaroor te dink en daarna te luister. Die koorgedeelte daarenteen is baie eenvoudig. Veral in van my eerste liedjies sou ek graag net ’n eenvoudige frase in die koor hê. aDis nie so maklik soos wat dit klink nie, so ek’s bly ek kon dit vir ’n slag weer regkry.”
Deon Meiring het heel toevallig die dag voor die Rugby Wêreldbekerfinaal vir Herman Kleinhans in Potchefstroom raak geloop. Deon was op die dorp vir die opname van die enkelsnit. Nie een van hulle het geweet die ander een is in die dorp nie. ’n Byna toweragtige sameloop van omstandighede, besluit hulle daar en dan dat Herman by Deon die volgende oggend in die ateljee moet aansluit en so kan sy stem ook op ‘Laat My Skyn’ gehoor word.
Herman Kleinhans vertel ons hoe die enkelsnit gebeur het
“Na ’n vertoning in Potch het ’n groep vriendelike studente my genooi om saam met hulle ’n draai in die dorp te maak. Ek het ingestem en vandag is ek besonders dankbaar dat ek het, want met my aankoms by Texas [Rock Bar], het ek vir Deon, een van my gunsteling mense op aarde, raakgeloop, salig onbewus van die feit dat hy ook in Potch is.”
“Ek, hy en die talentvolle Johan Viljoen (wie ek ook lanklaas gesien het – daar was baie drukkies en moontlik ’n paar gille), het die oomblik gevier en êrens deur die loop van die aand het hulle die aap uit die mou gelaat dat hulle besig is met ’n nuwe liedjie vir Deon.”
“Ek het geskerts dat ek enige tyd ‘backup vocals’ sal kom sing vir hulle en siedaar, die volgende oggend is ons in Johan se ateljee. Die liedjie het my besonders opgewonde gemaak en alhoewel ons tyd beperk was, was daai oomblikke in die alteljee iets wat my altyd sal by bly.”
“Ek glo hierdie liedjie vanuit Deon se begaafde pen, gaan geweldig goed doen en dis ’n massiewe voorreg om op ’n beskeie wyse betrokke te kan wees.”
Deon sê ‘Laat My Skyn’ is ’n opgewekte en vriendelike liedjie wat hy geskryf het vir almal wat al met hul selfbeeld geworstel het en ‘arm van gees’ gevoel het. Selfs vir enige iemand wat al hul sente omgedraai het.
Jy kan ‘Laat My Skyn’ .
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.