Deon Meiring het die titelsnit van sy nuutste EP as enkelsnit vrygestel, naamlik “Gebede en Briewe”. Gebede en Briewe, die EP is in November 2022 vrygestel en hierdie is Deon se derde enkelsnit vanaf die EP.
“Gebede en Briewe”, die enkelsnit, is gedurende die tweede helfte van 2018 reeds geskryf gedurende ’n tydperk waartydens Deon baie dinge in sy lewe – soos loopbaanbesluite en of dit waarmee hy homself besig hou betekenisvol, waardevol en volhoubaar is – bevraagteken het.
Deon Meiring vertel ons hierdie liedjie gebeur het
“Ek het uitgebrand gevoel in die tyd toe ek dit geskryf het, maar ook dat ek nie wil moed opgee nie. My antwoorde en oplossings was op, maar steeds het ek vermoed dis nie noodwendig ’n doodloopstraat nie.”
‘Vandaar die beelde oor onbeantwoorde briewe en gebede. Die liedjie probeer vrede maak daarmee dat ’n brief of ’n gebed sonder ’n antwoord of adres nie noodwendig sinneloos is nie.”
Die liedjie was deel van Deon Meiring se Maandeinde YouTube projek in 2018, waartydens dit lewendig en in een probeerslag voor die kamera vasgevang is as video. Deon en Johan Viljoen, vervaardiger van Gebede en Briewe, het besluit om Deon se stemopname uit daardie weergawe te isoleer omdat dit die emosionele essensie van die liedjie besonders goed weergegee het.
Hulle het dus net die instrumentasie nuut opgeneem in die ateljee met die rou stemopname as die kernelement. Luisteraars kan ook duidelik Deon se kenmerkende akoestiese kitaar, vermeng met sy elektriese kitaar en bekfluitjie, hoor op die enkelsnit.
“Enigiemand wat stoei met van die lewe se moeilikste vrae en maar selde afsluiting kry daaroor, maar juis daarom aanhou vra, sal kan identifiseer met die liedjie.” sê Deon.
Jy kan Deon Meiring se “Gebede en Briewe” HIER stroom / aflaai / koop.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.