Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”

    Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 18 ViewsNovember 11, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Gebede en Briewe is vervaardig deur Johan Viljoen, en tussen Johan se ateljee in Potchefstroom en Deon Meiring se ateljee in Wellington opgeneem. Die liedjies op die EP het in verskillende tye ontstaan; Deon het verskeie musiek geskryf tussen die liedjies op die EP en toe teruggekeer na liedjies wat nog nie amptelik die lig gesien het nie, en besef hulle werk goed saam as EP. Deon beskryf die behoefte en vrees om sy eie weerloosheid te aanvaar, as een van die deurlopende temas van Gebede en Briewe.

    NetfloristOfferforge

    Deon Meiring vertel ons hoe hierdie gebeur het

    “Baie van die musiek wat ek al in my lewe geskryf het, is gedryf deur my behoefte om die wêreld en hoe ek dit sien sinvol te verwoord. Musiek en lirieke het my al baie gehelp om te voel asof ek darem ’n greep kan hê op die vrae wat my wakkerhou (en net so moeg maak). Met hierdie EP se liedjies het ek myself toegelaat om nie altyd te hoop ek skryf ’n antwoord raak nie, maar om te onthou dat die goed waarmee ek worstel ook dikwels tekens van lewe is. Selfs al klink dit soms skrikwekkend vir my.” 

    Deon Meiring

    Die titel, Gebede en Briewe is afkomstig van een van die liedjies op die EP. Deon beskryf dit as ’n goeie analogie vir die res van die liedjies op die EP.

    Deon Meiring  vertel ons meer van Gebede en Briewe

    “In hierdie geval ook briewe en gebede wat by allerhande adresse mag opdaag waarvan ek dalk nie eens geweet het toe ek dit geskryf het nie. Ek het ook in 2020 (nog voor die pandemie) begin om gereeld briewe te skryf oor allerhande dinge wat ek interessant, verbysterend of net merkwaardig vind.”

    “Ek stuur daai briewe ook so effens roekeloos die wêreld in. Mense kan dit as video’s of skryfstukke op die web oopmaak. Ek dink hierdie EP het iets daarvan ook in. Al die liedjies deel iets wat op ’n manier heilig is vir my, so dit is soos gebede, maar dit kan ook soos briewe deur ander mense gelees en ontvang word.”

    Deon Meiring - Gebede en Briewe

    Alhoewel die EP ook dromme en elektriese kitare ten toon stel, is dit meestal saamgestel deur akoestiese instrumente – ’n benadering waarnatoe Deon dikwels terugkeer in sy solo musiek.

    Die opnames op die EP is moontlik gemaak deur befondsing van SAMRO, wat daartoe gelei het dat Deon Meiring weer kon dink aan ’n versameling van liedjies wat op een of ander manier tematies bymekaar inpas – iets waarvoor hy lanklaas die geleentheid gehad het. Die versameling beskryf hy as heelwat anders as sy vorige paar enkelsnitte en is opgewonde om die verskeidenheid van liedjies by sy katalogus te sit.

    Deon Meiring vertel ons hoe hierdie EP hom ge-impak het

    “Gebede en Briewe merk vir my ’n vrymoedigheid om my werk te deel. Dis maklik om te tob oor wat die regte liedjie en die regte oomblik is. Glo my ek doen dit steeds gereeld. Tog is hierdie EP op ’n manier ’n gesprek tussen my en die mense wat al vir lank my musiek luister.”

    “Baie van die liedjies bestaan al vir lank in een of ander vorm en mense wat my werk aandagtig volg het al ’n paar keer gevra wanneer ek hierdie liedjies amptelik beskikbaar sal maak. Nou is dit hier en ek’s dankbaar dat dit die lig kon sien.”

    NetfloristOfferforge

    Jy kan Deon Meiring se Gebede en Briewe HIER aflaai / stroom.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Lyntjies T-Hemp”
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Soos ‘n Spinnerak”
    • Deon Meiring & Herman Kleinhans Stel “Laat My Skyn” Vry

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Deon Meiring Gebede en Briewe South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleVelvetblohm (Jan Blohm & Ryno Velvet) reik debuutalbum uit
    Next Article Zebraman Release New Single: “Wicked Wonder”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read20 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read28 Views
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    The Color Blew
    February 5, 2024

    An Interview With The Color Blew

    8 Mins Read72 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.