Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Interviews»‘n Onderhoud met Christof Berg

    ‘n Onderhoud met Christof Berg

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Interviews 75 ViewsMarch 15, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die sanger Christof Berg het Afrikaanse musiekliefhebbers se harte gesteel met die uitreiking van sy debuut-enkelsnit “Wil jy sien hoe lyk die Hemel” in November 2023.

    NetfloristOfferforge

    Aanhangers kan nou luister na hierdie gewilde kunstenaar, wat oor twee dekades al in 40 lande opgetree het, se tweede offisiële enkelsnit, “Movie” wat vandag (die 15de Maart 2024) uitgereik is. Ons het met hom gesels oor dié nuwe uitreiking.

    Christof Berg

    Geluk met jou nuwe enkelsnit. “Movie” Vertel ons wanneer het jy die liedjie geskryf en wat het dit inspireer?

    “Baie dankie! Movie was geskryf aan die einde van 2023 as deel van die storielyn vir my vertoning “Verhale van n nomade” Dit verwys na n sorgelose tyd van spontane musikale reise deur die wereld en al die andersheid van werelde ver hier vandaan.”

    Jy het al in meer as 40 lande opgetree. Hoe is dinge vir ‘n kunstenaar oorsee anders en watter aspekte bly dieselfde as dit by optredes kom?

    “Dit sal folios vat om werklik te kan beskryf! Elke land is heeltemaal anders. Europese gehore is bv besonders opgevoed en formeel, Amerikaanse gehore is weer geweldig deelnemend, in Ierland word die gehoor deel van die kunstenaar se vreugde en pyn, so kan ek aangaan.”

    “Daar is egter geen groep mense in die wereld wat meer vriendelik, verwelkomend en wat jou met oper arms ontvang as die Afrikaanse gehoor nie. Ons bly n klomp bitter spesiale mense. Maar wat altyd die selfde vir my bly, is hoe uniek elke mens se ervaring is. Hoe een liedjie n totale ander betekenis kan he vir een mens as vir n ander.”

    Watter land was vir jou die een waarheen jy altyd sal wil terugkeer?

    “Italië, sonder twyfel. Dit is soos om binne in n opera te lewe.”

    Watter lande het die mees talentvolle sangers wat jy al ontdek het?

    “Ierland. Hulle is die mees beskeie, talentvolste mense wat ek nog gesien het. Saans kom hulle in groot groepe bymekaar en begin spontaan musiek maak.”

    “Daar is geen klassisme as dit by kuns kom nie, van die hoogste amp tot die mens wat die nederigste lewe leef, neem deel aan dig-aande of “poetry readings” soos hulle dit noem. Kuns, musiek en letterkunde is deel van hulle dna en word glad nie beskou as n eksklusiewe aktiwiteit vir die intellektuele kringe nie.”

    Vertel ons meer van die Italiaanse meisie in die lied. Wil Christof Berg hê dat ons haar naam weet?

    “Al het ons paaie geskei, bly sy een van my groot inspirasies. Ek is nog in kontak met haar, maar ek het soveel respek vir haar, ek wil haar nie blootstel nie. Sy is wel bewis dat ek nog skryf oor ons tyd saam. Sy is n besonderse mens.”

    NetfloristOfferforge

    Die skepping van jou Afrikaanse musiek gebeur alles op jou familieplaas Witkraal. Vertel ons meer van hierdie proses?

    “Die hele Afrikaanse album gaan oor tuiskoms en Witkraal is vir my n tuiskoms, nie net na my geboortegrond nie, maar ook na Afrikaans en my wortels. Dit is waarom ek besluit het om die album hier te kom skryf. Ek het n ateljee ingerig en ek kan in stilte hier werk en herkou aan wonderlike herinneringe en rustig wag vir die groot kreatiwe bron om vir my elke keer n nuwe opdrag te gee.”

    Deel met ons ons een kort snaakse gebeurtenis wat jy op jou reise beleef het

    “In die noorde van Thailand was dit die gebruik vir die mans om net n groot stuk lap om jou middel te bind met niks anders aan nie, die tropiese weer was eenvoudig net te warm. Saans het ons bymekaar gekom en gekuier, maar niemand kon engels praat nie.”

    “Daar was egter n drankie genaamd “saktong” wat dit verbasend maklik gemaak het vir my en my Thai vriende om mekaar te verstaan. Dit was asof die taalgrense heeltemaal verbrokkel het na n stewige paar skote daarvan. Dit is na so n aand van Saktong praat, wat my Thai vriende my toe uitgedaag het om n 30m hoe selfoon-toring te klim.”

    “Met die durf van n boere-general het ek die aandbod tot hulle verbasing aanvaar en opgeseil teen die toring soos n blou-apie. Maar dis toe ek met n ballende vuis van oorwinning van doer-bo af my oorwinningssein gee, dat ek besef dat ek slegs die lap om my het en niks anders nie… Daar was net een pad af. Die slag n bietjie vinnger as n blou-apie. Met n geskater en n applous van die hoogs vermaakte groep Thais.”

    Beskryf Christof Berg se musiek in 3 woorde

    “Voel die lewe.”

    Waar tree Christof Berg binnekort op?

    “Hou my Facebook blad dop :)”

    Ek wil hierdie geleentheid gebruik om vir Christof Berg te bedank vir die onderhoud. Ons wens hom als van die beste toe met sy toekomstige musikale avonture.

    Kyk die video vir “Movie” hier onder:

    Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

    Meer inligting oor Christof Berg

    Christof Berg het ‘n unieke musiekstyl, gevorm en beïnvloed deur sy kleurvolle Suid-Afrikaanse opvoeding sowel as sy avant-garde reiservarings. Christof het die warm hart van Afrika met gehore regoor Europa en die Verre Ooste.

    Sy ko-produksies met simfoniese orkeste in Stellenbosch en Bloemfontein het wye lof gekry. Christof het toekennings vir Jazz Piano van WCOPA in Hollywood ontvang en het die Premierstoekenning in die Vrystaat (die provinsie waar hy gebore is).

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Interviews kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit
    • Christof van der Berg reik moderne “Suikerbossie” uit
    • ‘n Onderhoud met Dani Villé
    • Charlize Berg Releases New Track: “Died In Your Eyes”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Christof Berg South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleBoat on the Crowd @ Mieliepop 2024 (Photo Of The Week)
    Next Article Ross Harding Releases ‘A Thousand Snakes’
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    More Interviews
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Dani Villé
    August 14, 2025

    ‘n Onderhoud met Dani Villé

    6 Mins Read24 Views
    Sheron
    November 25, 2024

    An Interview With Sheron

    7 Mins Read26 Views
    Categories
    Latest Articles in Other Categories
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Stuff To Do
    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Artist/Band/Group Profiles
    Sheron

    Sheron

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    NetfloristOfferforge
    Featured Articles
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.