Die sanger Christof Berg is in die Herfs van 1986 gebore en het grootgeword op Witkraal, ’n soutplaas in die Suid-Vrystaat. Christof het in sy loopbaan, tot nou, in meer as 40 lande wêreldwyd opgetree. Hy is tans terug op die plaas, om te werk aan `n vollengte Afrikaanse album wat in 2024 uitgereik word.
Aanhangers van Christof Berg sal bly wees om te hoor dat die eerste enkelsnit, “Wil jy sien hoe lyk die hemel,” reeds op Vrydag 10 November 2023 bekendgestel is.
Christof Berg vertel meer oor hoe hierdie uitsonderlike liedjie ontstaan het
“Terwyl ek in my kombuis in die Kaap gestaan en roer het aan my kerrie, skiet `n reëltjie my te binne. Ek skribbel dit toe vinnig neer: “Ek gaan soek toe na die hemel, want ek het jou verskriklik gemis, maar die pad lei my toe reguit na Witkraal toe.”
“Ek was nie aanvanklik seker wat dit nou eintlik beteken het nie; soms daag `n lied mos maar so geheimsinnig op, en dan moet `n mens wag om te sien waarheen die jou verder lei. Witkraal-plaas is die anker van ons familie. Toe ek twee weke later weer daar op die plaas aankom, skryf die liedjie homself mettertyd stuk-stuk klaar.”
“Die proses hiermee het my herinner aan verlies, spesifiek die dood, hoe dit ons verwar en soms laat voel of dit die einde is. “Die winde in die panne het verkeerdom gewaai, die swaeltjies het verdwaal, hulle’t omgedraai, want jy’t huis toe gegaan om nie weer terug te kom, wat maak ek nou, o liewe son?”
Omdat “Wil jy sien hoe lyk die hemel” op Witkraal geskryf is, het Christof Berg besluit dat dit net van pas sal wees om die musiekvideo ook daar te verfilm. Die plaaswerkers van Witkraal was die tegniese span, opgedeel in spanne van kameramanne en klavierdraers.
Dit was vir Christof Berg belangrik om die vleuelklavier en toerusting na al die ikoniese plekke op die plaas aan te ry en die trekker en wa is gebruik. Op elke landskap van Witkraal het die klavier trots en reg gestaan vir aksie. Van die duine tot by die soutpanne, na die tukrvyboorde, pekanneutlande en ten einde die plaasingang.
Witkraal is presies in die middel van die land geleë, net `n paar kilometer van die amptelike geografiese middelpunt van Suid-Afrika. Die geboorteplaas word `n metafoor vir die diepste binne van sy wese en dit word duidelik verhaal in die storie van die nuwe enkelsnit “Wil jy sien hoe lyk die hemel.” Die die middel van die land simboliseer die hart van Suid-Afrika en die terugkeer na Witkraal is ook simbolies vir die terugkeer na sy moedertaal, sy eie mense, `n tuiskoms na sy eie binneste.
Christof Berg is opgewonde om die lied aan die land se mense bekend te stel. “Ek hoop mense geniet dit net soveel as wat ek dit geniet het om die lied te skryf en op te neem. Witkraal is `n metafoor vir die hart, die binnekamer waarna die soeke uiteindelik lei en die vrae beantwoord word. “Wil jy sien hoe lyk die hemel? Hier`s dit nou: die hemel is binne-in jou.”
Jy kan “Wil jy sien hoe lyk die hemel” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
1 Comment
Christof van der Berg Music