Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Christof van der Berg reik moderne “Suikerbossie” uit

    Christof van der Berg reik moderne “Suikerbossie” uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 52 ViewsDecember 6, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die veelsydige sanger Christof van der Berg het sopas `n nuwe, moderne weergawe van die geliefde tradisionele Afrikaanse lied “Suikerbossie” uitgereik.

    NetfloristOfferforge

    Hierdie weergawe is `n unieke mengsel van tradisionele Afrikaanse musiek met ryk en diverse Afrikaklanke. Dit is nie net ’n eenvoudige herbesoek van die lied nie, maar ’n hele nuwe visie wat tradisie en moderniteit saamsmelt.

    Christof van der Berg is ook bekend vir sy diepgewortelde passie vir trots Suid-Afrikaanse aanbiedinge wat hy meesterlik illustreer in sy internasionaal suksesvolle musiekproduksie Shades of Africa.

    Christof van der Berg - Kaleidoscope Studios

    Hierdie produksie bring al die Suid-Afrikaanse tale deur musiek bymekaar, en een van die hoogtepunte is sy weergawe van “Sarie Marais,” wat met die Xhosa-taal verweef is.

    “Ek glo dat die toekoms van Afrikaans gevul is met nuwe moontlikhede en kulturele verryking,” sê Christof van der Berg.

    “Suikerbossie” is Christof van der Berg se derde offisieële Afrikaanse enkelsnit uitreiking

    Soos met “Wil jy sien hoe lyk die hemel?” en “Movie”, is “Suikerbossie” se video ook op Witkraal verfilm.

    Vir die vorige twee videos was die plaaswerkers `n sentrale deel en hoofsaaklik die filmspan. Elke nuwe video het vir groot opwinding gesorg, maar dié een was anders, die keer was dit die plaas-kinders se beurt om in die kollig te wees.

    Vir een dag was die kinders getransformeer in die Witkraal-band, elke kind kompleet met sy eie tuisgemaakte kitaar of trompet van hout of blik of tou.

    Oudergewoonte was voorman Ponni agter die selfoon-kamera om die video te verfilm. Hoë skote, lae skote, ver skote… 100% gefokus.

    Op lead guitar was Thebogo Meintjies (4 jr) Thabo Meintjies (10 jr), Witkraal se eie Dizzy Gilesbie, was op sy trompet wat gemaak was van n stuk netjiese omgebuigde pvc pyp en die trekker se diesel tregter. Ntatile Meintjies (13 jaar) was die band se steunpilaar met n vaste hand op die tromstel van oliekanne en simbale van grinder-lemme en ploegskare.

    Op die bass was Mr cool, Thabiso Meintjies (11 jaar) met n regop kontrabas van paletplanke en baaltou. Die kitaarspeler Sibusiso Khuse (12 jaar), het n netjiese goue das en blink onderbaadjie aangehad en die rook uit sy plank-kitaar gespeel, soveel so dat daar aan die einde van die sessie nie n enkele snaar oor was nie.

    Op backing vocals met besems as mikrofone, was Witkraal se twee hoofmeisies, Mamelo Kato (9 jr) en Botselo Ramakatsi (7 jr).As daar gewonder word oor die baie meintjiese, ja, dis almal Koos Meintjies se seuntjies. Koos is een van Witkraal se soutwerkers en al sy kinders is op Witkraal gebore.

    Christof sê: “Ek dink die grootste beloning wat ek vir die maak van die video ontvang het was Koos se amper-huil-lag.”

    Kyk die video vir “Suikerbossie” hier onder:

    Christof is een van die top 10 boere in die kykNET ‘Boer Soek `n Vrou 2025’ reeks.

    Christof van der Berg se “Suikerbossie” is nou beskikbaar op alle musiekstroomdienste.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Christof Berg Reik “Wil jy sien hoe lyk die hemel” uit
    • ‘n Onderhoud met Christof Berg
    • Van Der Aven reik “Slaap Jy Al” musiekvideo uit
    • Natasha Van Der Merwe Reik Debuut Enkelsnit Uit

    Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

    Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Christof van der Berg South Africa Suikerbossie
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleErin Elliot Releases New Single: “All I Want”
    Next Article Jaakie en Van Straten Reik “Kolwyntjie” Uit
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Van Pletzen
    March 13, 2026

    Van Pletzen Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spoed”

    2 Mins Read11 Views
    Dian Roux
    March 13, 2026

    Dian Roux Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lankal te Laat”

    5 Mins Read5 Views
    Neil Sandilands Artist
    March 12, 2026

    Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lonely Boer”

    4 Mins Read26 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Sunset Sweatshop
    March 16, 2026

    Sunset Sweatshop Release New Single: “Take A Chance”

    4 Mins Read7 Views
    Janie Bay - Nevermind
    March 16, 2026

    Janie Bay Releases New Single: “Nevermind”

    3 Mins Read4 Views
    Garth Brown
    March 16, 2026

    Garth Brown Debuts New Single: “Endaweni”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Journey To Jazz Festival

    Journey to Jazz Festival: 30 April – 3 May 2026

    UB40 Feat Ali Campbell SA Tour

    UB40 Featuring Ali Campbell – June 2026 SA Tour

    Capital Craft Beer Festival 2026 Featured Capital Craft Beer Festival 2026

    Capital Craft Beer Festival 2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    LiveGolf Featured

    LIV Golf After Play: 19-22 March 2026

    Karyn White

    Karyn White Live @ Kirstenbosch: 2 April 2026

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read62 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read142 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read50 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Subscribe to our newsletter

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2026 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.