Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Appel en Robbie Wessels snoer kragte vir ‘Boereworsgordyn’

    Appel en Robbie Wessels snoer kragte vir ‘Boereworsgordyn’

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 9 ViewsMarch 4, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Afrikaanse musiekliefhebbers kan regmaak vir ’n opwindende nuwe liedjie! Die veelsydige kunstenaars Appel en Robbie Wessels het hul kreatiewe talente saamgespan vir hul splinternuwe liedjie, “Boereworsgordyn”.

    NetfloristOfferforge

    Dié liedjie is geskryf deur Appel en Robbie self, met die gesoute Murray Lubbe wat die liedjie vervaardig het, terwyl Paulo Azevedo die stemwerk in die Coleske-ateljee behartig het.

    Appel en Robbie Wessels

    “Die Boereworsgordyn is daardie denkbeeldige grens tussen Pretoria en Johannesburg – en spesifiek Centurion, wat dikwels as die skeidslyn tussen die twee stede gesien word. Ek en Robbie het besluit om ’n lekker lawwe, aksiebelaaide rugby-verhaal rondom hierdie idee te bou,” verduidelik Appel.

    Robbie voeg by: “Verwoerdburgstad, soos Centurion eers genoem was, was jare terug deur sommige mense as die ‘Boereworsgordyn’ bekend. Ek is nie seker hoekom nie, maar vir my klink dit soos ’n beskrywing van ’n lekker klomp mense wat saam bly, saam kuier en saam rugby kyk.”

    Volgens Appel is hierdie liedjie ’n viering van wie ons is as Afrikaanse mense—rugby, braai, lekker lag, en ’n goeie tyd hê saam met vriende en familie

    “Ek hoop mense gaan mal wees oor hierdie liedjie—iets wat jy hard speel op ’n braai, in jou bakkie, of op pad na Loftus.” sê hy.

    Robbie Wessels voeg laggend by: “Ek het probeer om saam met Appel lekker skerp lirieke uit te dink. En natuurlik het ek ’n paar van my alombekende dansies ingewerk in die lirieke. Die lekkerste deel was om saam met Appel te skryf. Ek het besef hoe ongelooflike liriek- en melodie-skrywer hy is. Dit was ’n fees.”

    Die musiekvideo, verfilm deur Conrad Theron van Atlas Media, neem kykers op ’n humoristiese en aksiebelaaide reis.

    Kyk die video hier onder:

    Appel verduidelik: “Dit speel af tydens ’n spannende rugbywedstryd tussen die Boereworskartel en die Snoeke. Die Boereworskartel is in groot moeilikheid en loop agter op die telbord. Hul afrigter, Jacques Potgieter (oud-Springbok en tans afrigter van Centurion Rugbyklub), besef hulle het ’n kragtige inspuiting nodig om die span se gees aan te wakker. Hy bel toe vir my en Robbie—want ons het ’n geheime boereworsresep wat ’n span se gees binne sekondes kan omdraai.”

    NetfloristOfferforge

    “Ons daag toe op, met ’n spesiale oproep en ons geheime wapen – die WORS SQUAD!” sê Appel opgewonde. “Ek is verskriklik trots om ’n paar Springbok-helde en Suid-Afrikaanse rugby-ikone in die video te hê: Willem “Die Yster” Alberts, Jannie du Plessis, Marcell Coetzee (kaptein van die Blou Bulle), JP en Ruan Smit (die bekende tweeling van Leeus-faam).”

    “Hierdie manne bring krag, gees en aksie na die veld toe—en natuurlik ’n goeie klomp boerewors en harde houe,” lag Appel.

    Appel sê die musiekvideo sou nie moontlik wees sonder hul borge nie. Mondanette Slaghuis het gesorg vir die beste boerewors in die land, Donkey Long Tong en Foute (Appel se eie drankreeks) het ook hul ondersteuning gebied.

    “Ons het lanklaas ’n musiekvideo gesien met soveel aksie en humor in die Afrikaanse musiekbedryf. Ek en Robbie skryf stories met musiek, nes Jan Spies, PG du Plessis en Tolla van der Merwe dit met woorde kon doen. Dit is ’n liedjie, ’n storie en ’n fees in een—ek dink mense gaan dit vreeslik geniet,” sê Appel.

    Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit
    • Robbie Wessels Skryf ‘n Ode aan Eben Etzebeth
    • Robbie Wessels Vang Rugbygees Met Nuwe Komiese Treffer
    • Appel en James Johnston Reik “Country Is For Me” Uit

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Appel Boereworsgordyn Robbie Wessels South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleRoss Learmonth Celebrates Love’s Contrasts With “Opposites”
    Next Article Splashy Fen 2025: Everything You Should Know
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Tino
    September 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

    2 Mins Read21 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    SAMA31
    October 8, 2025

    SAMA31 Nominees Announced

    9 Mins Read33 Views
    Andrea Lisa
    October 8, 2025

    Andréa Lisa Shines with New Single: “Like Each Other”

    2 Mins Read14 Views
    Pedro Barbosa & Nicola McLeod
    October 8, 2025

    Nicola McLeod and Pedro Barbosa Release “I Got You”

    2 Mins Read64 Views
    Goeters Om Te Doen
    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Travis Scott

    Travis Scott: October 2025 South African Tour

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Sheron

    Sheron

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read28 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.