Wanneer ’n plaaslike Afrikaanse kunstenaar en ’n Australiese country-musiekster bymekaarkom, is daar vuurwerke.
Appel en die bekroonde James Johnston het hul kragte saamgesnoer vir die duet “Country Is For Me”, wat nou beskikbaar is op alle stroomdienste. Vir die eerste keer word Afrikaanse én Engelse lirieke op unieke wyse in een snit vervleg.
Appel is een van Suid-Afrika se mees geliefde kunstenaars
Hy het reeds verskeie toekennings agter sy naam en het van die grootste Afrikaanse treffers geskryf. Sy nuutste enkelsnit, “Klomp Keer Lekker”, het op die dag van vrystelling die nommer een plek op Apple Music se Afrikaanse ranglys ingeneem.
“Om saam met James aan hierdie liedjie te kon werk is ’n groot voorreg vir my en my loopbaan,” het Appel gesê.
James Johnston het sy eerste groot sukses beleef het toe hy in 2009 tot die top-3 van Idols Australië gevorder het
Hy het sy loopbaan verder gevestig toe hy in 2014 die top-24 van The X-Factor Australië bereik het. “Country Is For Me” volg op sy onlangse enkelsnit “Blame”, wat in September uitgereik is nadat hy ’n platekontrak met Warner Musiek Australië gesluit het.
Met ondersteuning van Warner Musiek Nashville het hierdie enkelsnit wye lof ontvang van publikasies soos Rolling Stone Australia, The Daily Telegraph, The Music Network, en Countrytow.
Appel en James tree Saterdag, 26 Oktober, op by die Cape Town Country Festival, wat deur Bok Radio by die DHL Stadion aangebied word. Kaapse aanhangers sal ook die geleentheid hê om hul nuwe liedjie lewendig te hoor wanneer die twee dit saam op die fees se verhoog gaan sing.
Hierdie fees staan bekend as een van die grootste country-musiekfeeste ter wêreld. James het onlangs ’n suksesvolle toer saam met die Amerikaanse countryster Kip Moore voltooi, met optredes in Sydney, Melbourne, en Brisbane. Hierdie vertonings het nie net sy verhoogtalent ten toon gestel nie, maar ook sy reputasie as ’n opkomende ster in die musiekbedryf versterk.
Scenestr het sy vertonings beskryf as “onvergeetlike musikale oomblikke wat aanhangers in vervoering gehad het.”
Die musiekvideo vir die liedjie, verfilm deur Conrad Theron van Atlas Media, is by Nahla Safaris in Schweizer-Reneke geskiet en vang die rustige atmosfeer van die bosveld pragtig vas.
“Country Is For Me” is ’n goedvoel-liedjie wat beide Afrikaanse en Engelse aanhangers sal bekoor. Hierdie liedjie is ’n bewys van die krag van musiek as ’n universele taal en baan die weg vir verdere samewerking tussen Suid-Afrika en die res van die wêreld.
Jy kan “Country is for Me” HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.