Die sanger en liedjieskrywer Robbie Wessels is behoorlik begeesterd deur die Rugbywêreldbeker wat tans in Frankryk plaasvind en tref weer met nog ‘n rugbysnit – dié keer ‘n ode aan die geliefde Springbok-slot Eben Etzebeth.
Die liedjie, getiteld “Eben Etzebeth”, is uit Robbie Wessels se eie pen en vereer die speler vir sy vreesloosheid as rugbyspeler en sy ongelooflike talent vir die spel. “Eben Etzebeth” se genre is ‘n kombinasie van folk en komedie en is ‘n lekker geesvang-liedjie met ‘n oulike storie.
“Ek dink Eben Etzebeth het al sulke diep spore in Suid-Afrikaanse rugby getrap dat ek gevoel het ‘n liedjie is in orde.” sê Robbie oor die inspirasie vir die liedjie. “Ek het ook die voorreg gehad om hom te ontmoet by ‘n funksie net ná die Rugbywêreldbeker in 2019. Nadat ek met hom gesels het, het ek besef hier is ‘n ou met ‘n groot hart wat boonop nog nederig ook is en ek glo hy gan nog dieper spore trap as wat hy reeds het.”
Robbie Wessels sê hy geniet dit baie om rugbyliedjies te skryf en om iemand spesifiek te vereer, veral as die persoon ook dan van die liedjie hou. Hy glo en hoop luisteraars sal die saamsing-liedjie baie geniet omdat dit ‘n lekker storie van Eben Etzebeth vertel en hoop die liedjie laat luisteraars op eie bodem ook trots Suid-Afrikaans voel.
“Die lied beskryf hom lekker. Sy passie. Sy vreesloosheid. Dat sy teenstanders versigtig moet wees vir hom, want hy is kookwater, sterk en vinnig.” sê Robbie.
Robbie Wessels het ook onlangs met die rugbytreffer “Hiep Hiep Hoera” getref. Hy beplan om landswyd te toer saam met sy orkes en sien uit daarna om meer toneel te speel en programme aan te bied.
Kyk die video vir “Eben Etzebeth” hier onder:
Meer inligting oor Robbie Wessels
Robbie Wessels is al sedert 2002 doenig in die musiekbedryf. Hy is ook ʼn benoemde akteur bekend vir sy rol as Poena in die gelyknamige fliek, asook die reeks op kykNET.
Robbie Wessels is ʼn plaasjapie wat lief is vir reis en om te sing vir die mense van Suid-Afrika. As hy op die langpad is en hy kry ʼn gedagte wat hom laat lag of inspireer, pen hy daar en dan ʼn liedjie daaroor. Ander mense se interessante stories inspireer ook sy lirieke.
Hy beskryf homself as ʼn storieverteller met ʼn rasperstem. Hy is veral bekend vir liedjies soos “Halley se komeet”, “Die Leeuloop”, “Bobjan”, “Mphe di Hoenor” en “Sluise van die hemel”. Robbie het ook in 2015 in Kanada en Londen gesing en ‘n paar Rugbywêreldbeker-wedstryde gekyk en het ook die voorreg gehad om die Springbokke teen Wallis op die stadion in Londen te sien.
“‘Die Sluise van die Hemel’ wat ek geskryf het en saam Bok van Blerk gesing het het die mees gestroomde liedjie toekenning gewen in 2018 en het al meer as 10 miljoen views op YouTube. ‘Mphe di hoenor’ se musiekvideo het ook 10 miljoen kyke op Youtube.” vertel Robbie Wessels.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.