“Hiep Hiep Hoera!” sê Robbie Wessels met sy geesvang-lied vir die Springbokke en die ondersteuners met die aanvang van die Rugby Wêreldbeker in Frankryk. Dié enkelsnit is ‘n paar dae voor die bokke se eerste wedstryd in die toernooi vrygestel en Robbie hoop dat almal sommer lekker samesyn sal geniet.
Robbie Wessels is bekend vir sy snaakse lirieke en lekker-luister-ritmens, en skets oudergewoonte weer ʼn komiese prentjie oor hoe die Bokke se ondersteuners kuier as daar ʼn wedstryd aan die gang is.
“Hiep Hiep Hoera!” is uit Robbie se eie pen. Die liedjie is geïnspireer deur die opgewondenheid wat in die lug hang in afwagting vir die Rugbywêreldbeker.
@robbie_wessels Hiep hiep hoera.. Nou beskikbaar op alle streaming platforme♬ Hiep hiep hoera – Robbie Wessels
Jy kan die snit op Spotify en al die ander streaming platforms stroom.
Meer inligting oor Robbie Wessels
Robbie Wessels is al sedert 2002 doenig in die musiekbedryf. Hy is ook ʼn benoemde akteur bekend vir sy rol as Poena in die gelyknamige fliek, asook die reeks op kykNET.
Robbie is ʼn plaasjapie wat lief is vir reis en om te sing vir die mense van Suid-Afrika. As hy op die langpad is en hy kry ʼn gedagte wat hom laat lag of inspireer, pen hy daar en dan ʼn liedjie daaroor. Ander mense se interessante stories inspireer ook sy lirieke.
Hy beskryf homself as ʼn storieverteller met ʼn rasperstem. Hy is veral bekend vir liedjies soos “Halley se komeet”, “Die Leeuloop”, “Bobjan”, “Mphe di Hoenor” en “Sluise van die hemel”.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.