Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Anton Goosen bekoor bewonderaars met “Sirkels”

    Anton Goosen bekoor bewonderaars met “Sirkels”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 80 ViewsJune 26, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Hulle sê goeie dinge gebeur met diegene wat bereid is om te wag. Dit is beslis waar van die ikoniese sanger en liedjieskrywer, Anton Goosen, se langverwagte nuwe album wat pas uitgereik is en beloof om bewonderaars se verwagtinge behoorlik te oortref.

    NetfloristOfferforge

    “Ek het baie lank gewerk, nagevors en opgeneem aan die album,” verduidelik die Liedjieboer. “Ons – Peter Pearlson, my ingenieur-maestro vriend, kitaarspeler Illimar Neitz, baskitaarspeler Schalk Joubert, en tromspeler Kevin Gibson – het aan die einde van 2022 die eerste twee snitte begin opneem. Die res is deur die loop van 2023 voltooi.”

    Anton Goosen - Sirkels

    Anton Goosen beskryf die album se musiekstyle en inkleding as uiteenlopend “Dit wissel van ballades oor die liefde en soms vereensaming, van die esoteriese na ghoema, en van ernstige protesrock uit Illimar se snare na smokey blues. Maar in die geheel is dit ’n nuwe eenvormige klank, anders as al my vorige albums.”

    Die welbekende en immergewilde kunstenaar verduidelik dat hy eers nadat die album voltooi is, besef het dat die titel Sirkels moet wees.

    “Die begrip maak spreekwoordelike draaie deur die ganse album,” verduidelik die Liedjieboer. “Ek en Peter werk al sedert 1987 saam en hy is al gewoond daaraan dat ek na voltooiing van ’n album ‘a late thought on the highway’ kry. Hierdie keer was dit die slot-deel van die laaste liedjie, toe ek weer dink aan Jean-Baptiste Karr se woorde ‘hoe meer dinge verander, hoe meer bly als dieselfde’, met ander woorde, die sirkels van die lewe.”

    “Die liedjies op die album maak draaie nie net van die liefde en die lewe nie, maar die sirkels van tyd, op die water, om paaldanse, arende, en die stryd tussen goed en kwaad, vrede en oorlog, sinvolheid en hoop.”

    Meer inligting oor Anton Goosen se nuwe album

    Sirkels bevat nege nuwe liedjies, insluitend drie toonsettings – “Bly by my, (my lief)” en “Êrens is jy” van Antjie Krog, asook “Apollo 11” (Ruimtestasie Houston) van DJ Opperman. Dit sluit ook twee duette, met onderskeidelik Lise Swart en Zolani Mahola van Freshlyground, in.

    Die eerste enkelsnit vanaf die album, “Bly by my, (my lief)” – wat hy vir die Woordfees getoonset het – is sedert dit in Meimaand uitgereik is, baie goed deur luisteraars, radiostasies en resensente ontvang.

    Die omslagontwerp vir die album is deur Carel de Beer van Onelove gedoen.

    featured event

    Meer inligting oor Anton Goosen

    Anton Goosen is in 1946 in die Karoo gebore en het in Kroonstad grootgeword. Kruidjie-roer-my-nie was sy eerste enkelsnit wat kommersiële sukses behaal het. Sy eerste album, Boy van die suburbs, was ook in 1979 ’n kitssukses.

    Dié lewende legende, wat algemeen as die vader van Afrikaanse rock beskou, het al meer as 20 albums uitgereik, die musiek vir verskeie films geskryf – waaronder ’n Brief vir Simone (1980), Die Laaste Tango (2013), en Siembamba (2017), asook liedjies vir beroemde kunstenaars, insluitend Laurika Rauch, Richard Clayderman, Sonja Herholdt, Carike Keuzenkamp, Koos Kombuis en vele meer, neergepen.

    Sy laaste album, 40 jaar: Liedjieboer Innie Langpad, is in 2019 uitgereik. Hy is ook tydens sy dekades-lange loopbaan as liedjieskrywer en sanger met verskeie toekennings vereer, insluitend SAMA-, Innibos-, en FAK-toekennings vir sy lewenslange bydrae tot musiek.

    Buiten die uitreiking van Sirkels werk Anton Goosen vanjaar aan verskeie konsertvertonings, asook ’n vier-episode dokumentêr saam met filmvervaardiger Niel van Deventer.

    Wanneer hy nie besig is met sy musiek nie, geniet hy tyd – en ’n glasie Kaapse rooiwyn – saam met sy beminde, Estie, en hul vier honde, stappies op die strand, gesprekke met vriende, en om reekse op Netflix of Britbox te kyk.

    Sirkels is meesterlik saamgestel en bied ’n lekkerluister-ervaring vir oud en jonk. Dis nou beskikbaar op alle digitale stromingsplatforms. Kry dit HIER.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Anton Goosen stel eie eksklusiewe reeks veldskoen vry
    • Anton Goosen Reik “Bly By My, (My Lief)” Uit
    • Anton Goosen Reik Video Uit Vir “Luka”
    • Anton Goosen Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tik Tok”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Anton Goosen Sirkels South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleWe Kill Cowboys Release Explosive New Single: “Fuck You”
    Next Article Kip Moore is returning to South Africa in October 2024
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Majozi

    Majozi

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read210 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.