Oor die naweek het Van Pletzen hulle “Die Lewe is ‘n Lied” video (featuring Angie oeh & Loufi) uitgereik. Die enkelsnit is op hulle nuwe album Enter the Grootness wat later in die jaar uitgereik sal word.
Die nuwe vollengte album feature 17 liedjies, ‘n song vir elke letter van die album titel en feature LEGEH mense soos Kurt Darren, Droomsindroom en meer!
“Die Lewe Is ‘n Lied” het oor Paasnaweek uitgekom op alle stroom apps, en die positiewe lirieke word baie goed deur hulle fans ontvang. Die video is deur Louis Minnaar, van Bittereinder, geskiet en ge’edit’. Angie oeh en Loufi is albei ook saam met Van Pletzen verantwoordelik vir hul rym-klets lirieke.
Van Pletzen was heel happy om saam met Angie oeh en Loufi te werk
“Dit was majestic om saam Angie oeh en Loufi te werk. Hul het albei sulke sterk en unique energies en het soveel weight, wisdom en wit tot die song gebring.”
“We are leefing in a kultuur where people value geld more than values. Like they can shove their possessions in a big golden sack and take it with them when go dood. We must not vergeet that the only true currency on this bal sweefing in space is Liefde!”
Kyk die video vir “Die Lewe Is ‘n Lied” hier onder:
Jy kan die tune HIER stroom / aflaai.
Jy kan Van Pletzen live check in jou town in die nabye toekoms, hier is die details:
- 19 April – Aandklas, Stellenbosch
- 21 April – Armchair Theater, Kaapstad (saam met Early B)
- 29 April – Park Acoustics, Pretoria
- 29 April – Misty Waters Festival – Secunda, Mpumalanga
- 11 Mei – Melkweg – Amsterdam (Nederland) – Saam met Early B en Droomsindroom
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.