Die satiriese Afrikaanse elektroniese duo, Van Pletzen, het hul debuut album, KakLekke Vibe, op 23 Maart 2018 vrygestel. Dit was van meet af hul missie om lekker “vibes” te versprei en te oordeel aan hul briljant-snaakse sosiale media videos is dit presies wat hulle doen.
Om op te warm vir hul debuut album, het Van Pletzen laas jaar musiek videos vir EilandStyl en Goud vrygestel. Nou is die manne terug met ‘n musiekvideo vir hul eerste enkelsnit, Die Beats Amazing met almal se gunsteling kletsrymer, die wonderlike Early B.
Van Pletzen was so beïndruk met Early B dat hulle hom ingetrek het vir vier liedjies op die album
“Ons is huge Early B fans en ons voel dat hy dit op hierdie song bring. Hy spoeg vlamme en gooi rook!” vertel Peach oor hierdi esamewerking.
“Soms moet jy ‘n ding vertel soos wat hy is.” Van Pletzen Die liedjie begin met die lirieke “sh*t, die beat’s amazing.” Peach van Pletzen verduidelik “Die beat ís amazing en toe dog ek kom ons maak dit vas in die lirieke. Dis hoe lekker daai beat is.”
“Ek’s min gespin soos nat wasgoed,” is Peach se gunsteling Early B lirieke op die album. “Ek pas dit toe op my daaglikse lewe as deel van my soeke na ‘n permanente toestand van Lekkeness! Moenie jou energie mors op onnodige dinge nie, wees eerder min gespin…soos natwasgoed,” sê hy.
Die Beats Amazing is ‘n liedjie wat gaan oor waar jy vandaan kom, maar ook oor waarheen jy gaan. Alles op die maat van een amazing beat! Dit skyn veral deur in die tweede vers se lirieke waar Peach vertel van hul Hotbox-dae in Pretoria gedurende die tyd wat Peach en Francois van Coke bekend was as Oorlog Frankenstein.
Die musiekvideo is gemaak deur Louis Minnaar (wat ook saam met Peach in Bittereinder is). Kyk dit hier onder. Ek scheme hierdie is nogals ‘n kief video.
Kyk uit vir Van Pletzen op die verhoog! Hulle speel by al jou gunsteling feeste! Kyk uit vir hulle by Innibos in Junie, Oppikoppi in Augustus en ook Lentedag in Pretoria op 26 September.
Wees op die uitkyk vir opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.