Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies

    Neil Sandilands sluit 2024 af met merkwaardige prestasies

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 17 ViewsOctober 10, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die bekroonde akteur, sanger, liedjieskrywer, en stemkunstenaar, Neil Sandilands, het ’n reusejaar beleef met verskeie belangrike mylpale, wat sy indrukwekkende loopbaan verder versier.

    NetfloristOfferforge

    Van internasionale benoemings, verskeie rolprent- en televisiewerke en ’n musiektoer, tot ’n nuwe album. ’n Mens moet kop hou om by te bly. 2024 het Neil se veelsydigheid en talent na nuwe hoogtes geneem.

    Neil Sandilands

    Neil Sandilands en die produksiespan van Red Pepper Pictures, is in September vir ’n Emmy benoem

    Die Emmy’s word internasionaal erken as een van die hoogste eerbewyse in die televisiebedryf, juis omdat die keuring deur gesiene bedryfsgeledere en vakkundiges self, behartig word.

    Neil Sandilands het sy unieke stem as storieverteller aan die gewilde realiteitsreeks, Die Brug, verleen. Dis ’n eerste vir Afrikaans in die kategorie “Best International Non-Scripted Entertainment” – dus ’n historiese oomblik vir Afrikaanse televisie. Neil het minder as ’n jaar gelede, ook ’n Emmy-benoeming ontvang vir sy ondersteunde spel as General Douglas Abbott, van Netflix se Sweet Tooth-faam.

    Neil Sandilands se tweede album, Allegaarkie vir ’n Askeet, het hom sy tweede SAMA-benoeming (South African Music Award) besorg

    ’n Prestasie wat sy posisie as ’n gerespekteerde stem in die musiekbedryf verder vestig. Die album het kritici en gehore bekoor met sy unieke liriese inhoud, aweregse komposisies en eerlike vertellings. Die album is deurspek van Neil se komiese, dog filosofiese blik op die menslike toestand.

    In 2024 het Neil vir die tweede keer ’n super suksesvolle landswye toer aangepak, getiteld Land & Sand. Die toer het gestrek oor 40 dae & 40 nagte en Sandilands het 36 uitvoerings in die uithoeke van ons land aangebied.

    Aanboord was die welbekende Schalk Joubert (baskitaar), Frank Freeman (elektriese kitaar) en Ronan Skillen (Perkussie).

    Tydens die toer het Neil Sandilands ook sy nuutste, gelyknamige album, Land & Sand, bekendgestel

    Hierdie album, sy derde, borduur voort op sy skerpsinnige oorweging van die normale gang van sake, gedurende abnormale tye. Neil meen die inhoud is ’n raps nader aan die intens-persoonlike as sy vorige albums.

    Die album is oor drie weke, begin tot einde, by die ikoniese Bellville Studios opgeneem. Theo Crous, van Springbok Nude Girls-faam was, soos met die vorige albums, mede-vervaardiger.

    featured event

    Op televisieskerms, kan ons Neil Sandilands weer sien in die tweede aflewering van Die Groot Niks, wat tans op kykNET uitgesaai word. Hierdie reeks het ’n kultusaanhang ontwikkel en sy rol as aanbieder, vestig hom verder as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars.

    Die syfer 2 blyk ’n herhalende tema in Neil Sandilands se belewenis van 2024 te wees – sy tweede Emmy-benoeming, tweede SAMA-benoeming, tweede musiektoer, tweede reeks van Die Groot Niks, twee kontinente, twee tale, twee dissiplines.

    Hierdie “tweede” oomblikke is meer as blote repetisie – dit weerspieël Neil se konstante groei, sy toewyding as kunstenaar, en sy vermoë om elke stap as verdieping en verbreding van sy talent en visie te benader.

    In ’n tyd van wêreldwye snelle omvorming en onsekerheid, bied Neil Sandilands veerkragtigheid. Hy inspireer sy gehoor om bloot anders na die wêreld te kyk. Neil se reis as ’n akteur, musikant, en verteller het die volgende hoofstuk betree.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Neil Sandilands Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Huistoe”
    • Neil Sandilands Reik “Allegaarkie vir ’n Askeet” Uit
    • Neil Sandilands sing duet mat Tarryn Lamb
    • Neil Sandilands stel nuwe album vry: “Land & Sand”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Neil Sandilands South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleAmancia Releases Debut Single: “Breathing In Water”
    Next Article Australia’s Hollow Coves Are Coming to SA in February 2025
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Sheron

    Sheron

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read66 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.