Neil Sandilands het beslis geen bekendstelling nodig nie. Na kykers hom leer ken het as Bart van 7de Laan-faam met sy duiwe, het Neil intussen ‘n paar albums uitgereik en rolle vertolk in verskeie Hollywood-films.
Terug op Suid-Afrikaanse bodem, beplan Neil Sandilands ‘n nuwe landswye toer, wat afskop 27 Junie. Boon-op stel hy ook ‘n musiekvideo vry en ‘n splinternuwe album, Land & Sand.
Hierdie album, Land & Sand, het tot stand gekom deur ’n poging om die normale gang van sake te evalueer en dan te optimaliseer. Dit was komplekse en onseker tye. Bellville Studios skuif Kaapstad toe; dis die laaste album wat ooit daar by die befaamde Bellville Studios gemaak is.
Die tydsfaktor was van belang en blyk poëties te wees, siende dat Neil Land & Sand saam met my jarelang vriend en vervaardiger, Theo Crous kon vergestalt. Hulle het die album binne drie weke gemaak en dit was “MAIN”.
Tweedens is daar die opkomende Land & Sand toer, wat aanvang neem 27 Junie 2024 en eindig 4 Augustus 2024. Neil dink wat hulle probeer bied in die “lewendige uitvoerings” van sy werke, is om dit altyd nuut & vars te hou.
Dit het sin gemaak om nuwe skrywes so vinnig moontlik by die ateljee te kry, om dit dan in tandem met die toer, op horende ore te laat val. Natuurlik gaan hulle van die meer bekende, ouer werke ook doen, maar dit verleen ’n “kraakvars element” aan die toer. Kry jou kaartjies vir die toer HIER.
Neil Sandilands vertel ons meer oor die nuwe album
“Die liedjies op dié album was letterlik AL wat ek in my agtersak gehad het, wat ek min of meer in volledigheid kon aanbied, tussen die vervaardiging van reekse en films en allerhande ander bedrywighede. Dis miskien ’n meer direkte en persoonlike blik op die onmiddellikheid van my resente bestaan, terug in die Overstrand, Onrus, Suid-Afrika.”
“Ek is baie opgewonde oor hoe die liedjies klink, moontlik juis omdat daar nie regtig tyd was vir te diep dink, of tierlantyntjies nie. Dis min of meer so: “Hier’s is dit, dis wat ons kon regkry in die drukgang, hoop julle hou daarvan”. Dit vereis nie werklik meer verduideliking nie.”
“Die omslag vir die album is ’n historiese oomblik. Dis ’n ou Polaroid foto wat ek in my stoor in Sandbaai herontdek het. Dis werklik die eerste keer wat ek ooit voor ’n lewendige gehoor opgetree het. Dit was geneem tydens ’n revue van Laerskool Randfontein in 1982 en ek het ’n solo “Hak Hom Blokkies” van David Kramer met oorgawe gesing.”
“Ek was 6 jaar oud. Oorsprong. “Land & Sand”. Daar’s ’n verband tussen die omslag en die snit “Gooi Kole”. Die woord “verbetenheid” kom in my kop op. Ek verwag dat die snit soos ’n virus sal versprei.”
Die musiekvideo vir Neil Sandilands se liedjie “Gooi Kole” (die eerste enkelsnit van die nuwe album af) is ook nou beskikbaar, kyk dit hier onder:
Neil Sandilands vertel ons meers oor die video vir “Gooi Kole”
“Die heerlikste ding omtrent die “Gooi Kole” musiekvideo is dat ons dit tydens die verfilming van “Die Groot Niks” in die Kaokoveld, Namibië opgetower het. Die prettige vente in die video is die span wat “Die Groot Niks” vergestalt het.”
“Hulle het ingestem om na-uurs, in die aand, na ’n lang dag se verfilming, sommer te jive om die vuur! Die genot wys! Hoe dan anders? Terloops, die kêrel met die handle-bar moustache wat so lekker jive en duik, se naam is Johan “Kole” Kruger. He owned it!! Ek kan nie wag om te sien as mense hulle eie “Gooi Kole” videos vir my begin stuur nie. Die rook gaan draai!”
Neil Sandilands deel sy denke met ons
“My persoonlike gunstelinge op die album is “Hephzibah” en “Lei my na die Water”, maar genuinely, hoe kan jy meen jy’s liewer vir die een kind as die ander? Dit gebeur natuurlik, maar laat ek dit so stel, ek staan Pa vir elke snit op die album. Without a doubt.”
“Laastens wou ek graag die werke só skep dat ek “Die Band” (Schalk Joubert, Frank Freeman & Ronan Skillen) kon betrek. Siende almal hul eie professionele trajekte het, en Ronan migreer het na Ierland, was hierdie klein vensterkie van moontlikheid al wat ons tot ons beskikking gehad het.”
“Dit was ’n kwessie van “doen dit nou of glad nie”. Hulle het almal op die album gespeel en sal natuurlik ook sorg vir die lewendige uitvoering daarvan. Ander musikante op die album is Melissa van der Spuy (Klawers), Inge Beckmann (backing vox), Theo Crous (addissionele kitaar) en David Jenkins (Zulu konsertina).”
“Ek is oorstelp met die uitkoms. Miles Davis het iets gesê soos “There is no inspiration such as a deadline”. Die proses het my geleer dat daar veel waarde daaraan is om meer intuïtief en instinktief te werk, as serebraal. Met die album, dink ek, kom ek nader aan primitiewe impulse.”
Neil Sandilands se Land & Sand is nou beskikbaar op alle digitale platforms, kry dit HIER.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.