Bekende internasionale akteur, sanger en liedjieskrywer, Neil Sandilands span kragte saam met die lieflike en talentvolle sanger, Tarryn Lamb en die resultaat is ‘n meesterstuk. “Kômmôsêdiesê” is geinspireer deur ‘n ervaring op stel tussen Neil en ‘n bekroonde Spaanse akteur.
Neil Sandilands vertels ons oor die inspirasie agter die liedjie
“Iewers in die Covid-jare het ek myself in die oerwoud neffens Coba, Meksiko bevind. Plek van Tarantulas, Spinnekop-Ape, varswatergrotte en natuurlik die Mayan Piramides. Op ‘n filmstel.”
“Dis ook waar ek redelik siek geword het van die Delta Variant. Ek het saam met tradisionele Mayan-mense gewerk, asook die bekroonde internasionale Spaanse akteur, Daniel Garcia.”
“Ons kon mekaar nie verstaan nie, maar met behulp van ‘n tolk kon ek vasstel dat die Spaanse uitspraak van “Hoe sê mens dit?”, klink soos geassimilleerde Afrikaans – “Kômmôsêdiesê”. Dit word eintlik só gespel: “Como se dice”, maar vir my Afrikaanse ore het dit geklink soos “Kômmôsêdiesê”… Kom ons praat dié ding,”
“Dit handel oor my atomiese-tipe bestaan en die ewige hunkering. Dis miskien teweeg gebring deur die noue skouerskuur met my eie “mortaliteit”. Ek onthou dié tyd se pragtige fatalisme.”
Dié duet, met die soel stem van Tarryn Lamb, is geïnspireer deur dié ervaring, in Meksiko. “Kômmôsêdiesê”, is beskikbaar op Neil Sandilands se Allegaarkie vir ‘n Askeet album.
Meer inligting oor Neil Sandilands
Neil Sandilands is ‘n Suid-Afrikaanse akteur en filmmaker, bekend vir rolle in beide film en televisie en vir sy veelsydigheid in rolprentvervaardiging. In 2016 het hy herhalende rolle op Sundance TV se Hap & Leonard as Paco en The CW se The 100 as Titus gehad. In 2017 het hy by die hoofrolverdeling van The CW-reeks The Flash aangesluit en Clifford DeVoe / The Thinker gespeel.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.
1 Comment
Ek het al 2023 se winter platgetrap onder Neil se woorde en Allegaarkie vir ‘n Askeet