Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Lucinda reik nuwe enkelsnit uit: “Weerloos”

    Lucinda reik nuwe enkelsnit uit: “Weerloos”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 5 ViewsJuly 15, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die talentvolle sangeres en kunstenaar Lucinda se nuwe enkelsnit “Weerloos” is pas uitgereik. Die video van die liedjie is `n prettige animasie-storie wat Lucinda self gemaak en geredigeer het.

    NetfloristOfferforge

    Lucinda vertel dat sy graag ’n musiekvideo wou maak wat mense laat glimlag

    “Ek wil hê mense moet vir `n paar minute in `n sprokie kan wegraak en dat dit hulle hopelik met ’n lekker gevoel sal agterlaat. Die storielyn handel oor twee karaktertjies wat mekaar met ’n flitslig verken, asof hul dieper kyk na die binneste landskappe. Hulle skyn ’n lig op die geliefde en sien die mooiste dinge raak.

    Lucinda Neethling

    Ek het eers die poppies van papier gemaak en het sommer ’n vinnige studio gebou deur my koffie tafel bo op ’n stoep tafel te plaas, ’n groot lig onder die koffie tafel vas te plak en ’n tipe van ’n verhoog te bou waarop die storie kon af speel. Ek het alles met ’n app op my selfoon geskiet. 

    Die video bestaan uit 1601 fotos. Met elke foto het ek die poppies met paar mm geskuif en as dit dan as een gespeel word lyk dit soos ’n gladde beweging. Dit was baie pret om hieraan te werk en ek sal so iets sommer gou weer doen.”

    Kyk die musiekvideo vir “Weerloos” hier onder:

    Lucinda het die lirieke en melodie vir “Weerloos” geskryf nadat Bouwer Bosch vir haar die musiek gestuur het. Die liedjie is toe by Bouwer se studio opgeneem en daarna vir die talentvolle Peach van Pletzen gestuur vir die vermenging en finale klank.

    Lucinda - Weerloos

    Lucinda sê dat dit vir haar altyd spesiaal is om saam met Bouwer te werk

    “Ons het in 2019 `n EP saam uitgegee met die titel “Waar die see die kus omhels.” Ek het al vreeslik baie by hom geleer.”

    Lucinda vertel ons meer oor “Weerloos”

    “Weerloos” gaan oor hoe moeilik dit kan wees vir mense om mekaar te leer ken. In verhoudings, en veral ook ons verhouding met onsself. Dit gaan oor hoe mens treetjie vir treetjie iemand toelaat om dieper te delf in wie jy is, en dat dit ’n weerlose proses is om ’n persoon toe te laat om jou te leer ken. Die koor is maar net ’n klompie verskillende karakters wat mens sou teekom in jou daaglikse lewe. Almal is anders en almal het ’n plek op ons aarde.”

    Jy kan “Weerloos” HIER aflaai / stroom.

    NetfloristOfferforge

    Lucinda is ook die voorsanger van die groep Die Melktert Kommissie. Sy gee aanlyn Pilates klasse en blink ook uit in visuele kunste. Volg haar op Instagram via @lucindarosacreates of @pilatesbylucinda.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in the Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Lucinda Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Sinne”
    • Lucinda Stel Nuwe Enkelsnit & Video Vry: “Ons Is Ons”
    • Lucinda Stel Eerste Solo Album Vry: “Uitgeskryf”
    • Rudi Kleingeld Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Nuwe Maan”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Die Melktert Kommissie Lucinda Neethling South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleMiddelvinger releases new single: “Weskus Boi”
    Next Article Ruff Majik reveal video for new single: “Who Keeps Score”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read6 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read9 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read15 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.