Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

    Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 12 ViewsDecember 6, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Donderdag 30 November 2023 was die datum van die vrystelling van ’n nuwe Kabaal Klankbaan musiekvideo. Dis die musiekvideo vir een van hul nuutste snitte, “Stagefright”. “Stagefright” is vanaf hul nuwe album, Ek’s Steeds Onstabiel wat op 17 November 2023 vrygestel is.

    NetfloristOfferforge

    “Stagefright” het 13 jaar gelede reeds begin as a speelse openingsliedjie vir Kabaal Klankbaan se breinkind, Floris Groenewald, toe hy begin optree het. Hy sou elke vertoning begin deur agter die mikrofoon te gaan staan en aan te kondig: “My naam is Floris en ek het stagefright”, en dan die liedjie speel. Vir hom was dit ‘n lekker manier op die ys te breek vir homself en die gehoor, en die vlinders in sy maag stil te sing.

    Kabaal Klankbaan - Stagefright

    Die album-weergawe van die liedjie, vervaardig en opgeneem deur Matthieu Auriacombe van Hey Gang Studios, word genoem ‘Self-Help Rock Remix’ en is ’n nuwe, energieke verwerking met die hulp van King Nqoba as self-help motiveringsspreker.

    Floris Groenewald (Kabaal Klankbaan) vertel ons meer

    “Die liedjie self is geïnspireer deur die idee om jou vrese uit te spreek en beheer daaroor te neem, en deels beïnvloed deur Jack Parow se liedjie ‘Ek wens jy was myne’ (ook sy openingsliedjie by die eerste Parow konsert wat ek gesien het). Hierdie weergawe is ook grootliks beïnvloed deur die musiek van MC Honky, veral die liedjie ‘The Object’, wat samples van ‘n ‘self-help tape’ insluit.”

    Kabaal Klankbaan

    Die video vir “Stagefreight” is verlede week geskiet deur kinematograaf Wilhelm van der Westhuizen van First Frame Films, en vervaardig deur Deon Dee van Dee Graaf Productions met beide aan die stuur van regie.

    Floris vertel ons meer oor die musiekvideo

    “Om te pas by die gevoel van die album wou ons dinge lig, grappig, tong-in-die-kies en eienaardig hou, terwyl ons ligtelik raak aan temas soos angs, selfvertroue en selfverbetering. Ons het dit in een warm somersaand in die middel van ‘n hittegolf in Pretoria geskiet, en ongemaklik warm gekry – maar dalk baie gepas vir die ongemak wat in die video uitgebeeld word!”

    Aanhangers kan uitsien na ‘n lekker speelse, tong-in-die-kies kykpartytjie: ‘n Liedjieskrywer wat homself nie te ernstig opneem nie, wil met sy nuwe liedjie spog by sy vriende, maar het nie noodwendig die brawade en selfvertroue wat nodig is nie. Die videokonsep hou by die tema van die liedjie asook dieselfde ligte aanslag wat opreg-dog-absurd is.

    Kyk die video vir Kabaal Klankbaan se “Stagefreight” hier onder:

    Jy kan Kabaal Klankbaan se Ek’s Steeds Onstabiel HIER stroom / aflaai.

    featured event

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Kabaal Klankbaan Reik “Soms” & “Hunted Woman” Uit
    • Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit
    • Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”
    • Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Kabaal Klankbaan South Africa Stagefright
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleRoss Learmonth and Prime Circle Part Ways
    Next Article Cailyn Shelby Unveils Moving Debut Album: “Growing Pains”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Majozi

    Majozi

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.