Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music News » Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

    Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music News 10 ViewsSeptember 5, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Vrydag die 1ste September 2023 was die vrystellingsdatum van ’n splinternuwe radio enkelsnit deur Kabaal Klankbaan, genaamd “Stapelgek”. Die groep, breinkind van Floris Groenewalt, se vierde vollengte album sal in November 2023 die lig sien.

    NetfloristOfferforge

    “Stapelgek” is vermaaklik en tong-in-die-kies, en Kabaal Klankbaan se weergawe bied ’n voorskou van alles wat op die album vir aanhangers wag. Vir Floris was dit die geleentheid om ‘n redelik radikale nuwe interpretasie van ‘n bestaande liedjie te doen, en dus sy eie vingerafdruk neer te lê.

    Kabaal Klankbaan - Stapelgek

    Alhoewel die oorspronklike weergawe ’n skouspelagtige ruggraat het, het Floris besluit om juis op daardie deel te fokus: Die karakter en storielyn van die liedjie kom eerste, gevolg deur ’n donker aura met ‘n rock-’n-roll aanslag.

    Floris (Kabaal Klankbaan) vertel ons meer oor “Stapelgek”

    “Die oorspronklike liedjie vertel ‘n Phantom of the Opera-geïnspireerde storie oor obsessie vanuit die oogpunt van ‘n voyeur of afloerder, wat verbloem word as ‘n vrolike pop-liefdesliedjie. Ek het besluit om dieselfde storie met ‘n hart-op-die-mou eerlikheid te benader, waar jy vanuit die staanspoor besef dat die storieverteller dalk ‘n vreesaanjaende afloerder of ‘stalker’ met ‘n ongesonde obsessie is…”

    ‘n Pret-dog-onheilspellende, opgewekte electro-pop enkelsnit oor obsessie bied ’n nuwe blik op ‘n bestaande liedjie, en ‘n voyeuristiese 4 minute in die skoene van ‘n kriewelrige afloerder-karakter.

    Floris (Kabaal Klankbaan) gee nog insig

    “Daar is ‘n paar liedjies (soos byvoorbeeld The Police se Every Breath You Take) wat op die oppervlak mooi, aangenaam. en romanties is, maar as jy mooi na die lirieke gaan kyk besef jy dis eintlik ‘n redelike ongemaklike, ongepoetste storie oor iets sinister. My idee was bloot om hierdie liedjie (wat in dieselfde kategorie val) te herinterpreteer, die onheilspellendheid na vore te bring, en nie agter die romantiek van pop-klanke te skuil nie.”

    Kabaal Klankbaan Single Cover

    Kabaal Klankbaan se vierde album, Ek’s Steeds Onstabiel sal vanjaar op 17 November vrygestel word. Dit kom na die vrystelling van die groep se dubbele EP, ‘Ek en jy (is lank reeds verby) / Hunted Women’ in 2021.

    Aanhangers kan ook ’n nuwe liedjie, “Stagefright” op alle musiek  platforms luister as ’n voorsmaak van die album. Hierdie projek word moontlik gemaak deur SAMRO se Music Creation Support Fund 2023.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    AdidasOfferforge

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    featured event

    011 Festival Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: "Stapelgek"

    Afrikaans Kabaal Klankbaan South Africa Stapelgek
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleZandri Botha Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tien Teen Een”
    Next Article Mojo & The Kitchen Brothers Release Debut Album
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Kabaal Klankbaan
    By Henno KrugerNovember 22, 2023

    Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

    3 Mins Read26 Views
    Kabaal Klankbaan - Stilswye
    By Henno KrugerOctober 30, 2023

    Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit

    2 Mins Read23 Views
    Kabaal Klankbaan - Flogsta Scream
    By Henno KrugerOctober 8, 2021

    Kabaal Klankbaan Reik “Soms” & “Hunted Woman” Uit

    3 Mins Read4 Views
    Kabaal Klankbaan - Not Tonight Josephine
    By Henno KrugerOctober 30, 2020

    Kabaal Klankbaan Release New Single: “Not Tonight, Josephine”

    2 Mins Read2 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Dani Villé
    July 11, 2025

    Dani Villé Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Jys Okay”

    3 Mins Read32 Views
    Alba Vorster
    July 9, 2025

    Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”

    2 Mins Read22 Views
    Leo Sonskyn
    July 3, 2025

    Leo Sonskyn reik nuwe enkelsnit uit: “Sondagmiddag Liefde”

    3 Mins Read7 Views
    Ondersteun Ons!
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Prime Circle
    July 17, 2025

    Prime Circle Unleash Explosive New Video for “Renegade”

    3 Mins Read20 Views
    Chayuta
    July 16, 2025

    Chayuta Releases New Single: “Surrender”

    2 Mins Read11 Views
    Yoshe
    July 16, 2025

    Yoshe Releases Genre-Bending Single: “Lost My Way”

    3 Mins Read6 Views
    Goeters Om Te Doen
    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Francois Van Coke en Vriende

    Francois Van Coke & Vriende 2025

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    ULTRA South Africa 2025
    May 14, 2025

    ULTRA South Africa Celebrates 10 Years With Sold-Out Shows

    3 Mins Read17 Views
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read192 Views
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read21 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Single: “Gurri (You Know You Should)”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: ‘Closer To Me’
    • Henno Kruger on The Stremes Release New Single: “Overload”
    • Lexi on The Stremes Release New Single: “Overload”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.