Donderdag 30 November 2023 was die datum van die vrystelling van ’n nuwe Kabaal Klankbaan musiekvideo. Dis die musiekvideo vir een van hul nuutste snitte, “Stagefright”. “Stagefright” is vanaf hul nuwe album, Ek’s Steeds Onstabiel wat op 17 November 2023 vrygestel is.
“Stagefright” het 13 jaar gelede reeds begin as a speelse openingsliedjie vir Kabaal Klankbaan se breinkind, Floris Groenewald, toe hy begin optree het. Hy sou elke vertoning begin deur agter die mikrofoon te gaan staan en aan te kondig: “My naam is Floris en ek het stagefright”, en dan die liedjie speel. Vir hom was dit ‘n lekker manier op die ys te breek vir homself en die gehoor, en die vlinders in sy maag stil te sing.
Die album-weergawe van die liedjie, vervaardig en opgeneem deur Matthieu Auriacombe van Hey Gang Studios, word genoem ‘Self-Help Rock Remix’ en is ’n nuwe, energieke verwerking met die hulp van King Nqoba as self-help motiveringsspreker.
Floris Groenewald (Kabaal Klankbaan) vertel ons meer
“Die liedjie self is geïnspireer deur die idee om jou vrese uit te spreek en beheer daaroor te neem, en deels beïnvloed deur Jack Parow se liedjie ‘Ek wens jy was myne’ (ook sy openingsliedjie by die eerste Parow konsert wat ek gesien het). Hierdie weergawe is ook grootliks beïnvloed deur die musiek van MC Honky, veral die liedjie ‘The Object’, wat samples van ‘n ‘self-help tape’ insluit.”
Die video vir “Stagefreight” is verlede week geskiet deur kinematograaf Wilhelm van der Westhuizen van First Frame Films, en vervaardig deur Deon Dee van Dee Graaf Productions met beide aan die stuur van regie.
Floris vertel ons meer oor die musiekvideo
“Om te pas by die gevoel van die album wou ons dinge lig, grappig, tong-in-die-kies en eienaardig hou, terwyl ons ligtelik raak aan temas soos angs, selfvertroue en selfverbetering. Ons het dit in een warm somersaand in die middel van ‘n hittegolf in Pretoria geskiet, en ongemaklik warm gekry – maar dalk baie gepas vir die ongemak wat in die video uitgebeeld word!”
Aanhangers kan uitsien na ‘n lekker speelse, tong-in-die-kies kykpartytjie: ‘n Liedjieskrywer wat homself nie te ernstig opneem nie, wil met sy nuwe liedjie spog by sy vriende, maar het nie noodwendig die brawade en selfvertroue wat nodig is nie. Die videokonsep hou by die tema van die liedjie asook dieselfde ligte aanslag wat opreg-dog-absurd is.
Kyk die video vir Kabaal Klankbaan se “Stagefreight” hier onder:
Jy kan Kabaal Klankbaan se Ek’s Steeds Onstabiel HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.