Laas week Vrydag het die vrystelling van ’n splinternuwe album vanaf Kabaal Klankbaan, genaamd Ek’s Steeds Onstabiel gesien. Die album kom na die vrystelling van twee radio enkelsnitte vanaf die album, naamlik “Stapelgek” in September 2023, en “Stilswye” ft Jaco Van Der Merwe in Oktober 2023.
Die vierde offisiële album aanbieding vanaf Kabaal Klankbaan se breinkind Floris Groenewald, is alreeds 10 jaar in wording
Floris noem dat ’n demo-weergawe van die album definitief omtrent tien jaar terug reeds bestaan het, maar oor die jare het die projek telkemale stil gestaan terwyl hy aan ander musiek gewerk het. Die album bevat Afrikaanse en Engelse liedjies, omdat Floris nog altyd Kabaal Klankbaan as a ’n tweetalige projek gesien het, net soos hy ’n tweetalige mens is. Hy sien dit as ’n meer eerlike manier om liedjies volgens tema en inhoud te groepeer, eerder as volgens taal.
Ek’s Steeds Onstabiel is vervaardig deur Matthieu Auriacombe van Hey Gang Studios en bevat verskeie deurlopende temas. Die album was deels ’n eksperiment om die konsep van ‘n mixtape/CD en ‘n album te kombineer, waar Floris sy eie liedjies met dié van ander skrywers kombineer om ‘n nuwe betekenis te vorm.
Nog ’n kernkonsep was die opgeneemde stem wat praat op sekere foonoproepe, wat dinge sê soos ‘For enquiries, press one’ en ‘For help, press zero’ – die masjien wat ons begelei eerder as ‘n mens, en hoe mens soms eintlik net ‘n mens se ‘hulp’ nodig het. Laastens, wou Floris ook speel met klanke en genre, en musiek uitgee wat anders klink as sy vorige werk – met elektroniese en synthesizer-klanke, samples, en gasverskynings.
Die brein agter Kabaal Klankbaan vertel ons meer
“Ek het aanvanklik oorweeg om die album ‘For help, press zero’ te noem, want die album handel oor verskeie geestestoestande soos vrees, angs, paranoia, maar ook ambisie, liefde, en drome – en die soeke na hulp om dit te verwerk. Maar dit word in ‘n relatiewe ligte, alledaagse, en soms tong-in-kies manier benader.”
Met die uitgangspunt om elke album anders as sy vorige werk te laat klink, bevat Ek’s Steeds Onstabiel ’n meer electro-pop klank wat 1980s nostalgie opwek met eksperimentele liedjies en meer gasverskynings as Floris se vorige werk. ‘Moss doesn’t grow on a rolling stone’ en Floris doen nog altyd dinge op sy eie manier wanneer dit by Kabaal Klankbaan kom. Die album is iets nuut en vars; musiek met ‘folk roots’ en liedjies met stories en gevoelens wat agterna by luisteraars sal bybly wanneer die lekker-luister oorwurm reeds vergaan het.
Floris som die album vir ons op
“Soveel soos ek soms voel dat ek op n goeie plek is en die lewe redelik uitgefigure het, is daar nog altyd dae wat dinge bietjie onstabiel voel (in my kop) – en ek dink ons almal voel so. Dis ook (saam met die omslagkuns) ‘n lekker speelse verwysing na ’n onstabiele geestestoestand, wat die tema en gevoel van die album mooi opsom.”
“Aanhangers kan uitsien na vele verrassings. Ek dink ons het nuwe ruimtes ontdek en nuwe rigtings ingevaar met hierdie produksie, en dit bied liedjies wat bietjie anders klink en voel as vorige Kabaal Klankbaan musiek, en vars interpretasies van ‘n paar bekende liedjies.”
Jy kan die album HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.