Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

    Kabaal Klankbaan Reik Nuwe Album Uit: “Ek’s Steeds Onstabiel”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music News 26 ViewsNovember 22, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Laas week Vrydag het die vrystelling van ’n splinternuwe album vanaf Kabaal Klankbaan, genaamd Ek’s Steeds Onstabiel gesien. Die album kom na die vrystelling van twee radio enkelsnitte vanaf die album, naamlik “Stapelgek” in September 2023, en “Stilswye” ft Jaco Van Der Merwe in Oktober 2023.

    NetfloristOfferforge

    Die vierde offisiële album aanbieding vanaf Kabaal Klankbaan se breinkind Floris Groenewald, is alreeds 10 jaar in wording

    Floris noem dat ’n demo-weergawe van die album definitief omtrent tien jaar terug reeds bestaan het, maar oor die jare het die projek telkemale stil gestaan terwyl hy aan ander musiek gewerk het. Die album bevat Afrikaanse en Engelse liedjies, omdat Floris nog altyd Kabaal Klankbaan as a ’n tweetalige projek gesien het, net soos hy ’n tweetalige mens is. Hy sien dit as ’n meer eerlike manier om liedjies volgens tema en inhoud te groepeer, eerder as volgens taal.

    Kabaal Klankbaan

    Ek’s Steeds Onstabiel is vervaardig deur Matthieu Auriacombe van Hey Gang Studios en bevat verskeie deurlopende temas. Die album was deels ’n eksperiment om die konsep van ‘n mixtape/CD en ‘n album te kombineer, waar Floris sy eie liedjies met dié van ander skrywers kombineer om ‘n nuwe betekenis te vorm.

    Nog ’n kernkonsep was die opgeneemde stem wat praat op sekere foonoproepe, wat dinge sê soos ‘For enquiries, press one’ en ‘For help, press zero’ – die masjien wat ons begelei eerder as ‘n mens, en hoe mens soms eintlik net ‘n mens se ‘hulp’ nodig het. Laastens, wou Floris ook speel met klanke en genre, en musiek uitgee wat anders klink as sy vorige werk – met elektroniese en synthesizer-klanke, samples, en gasverskynings.

    Die brein agter Kabaal Klankbaan vertel ons meer

    “Ek het aanvanklik oorweeg om die album ‘For help, press zero’ te noem, want die album handel oor verskeie geestestoestande soos vrees, angs, paranoia, maar ook ambisie, liefde, en drome – en die soeke na hulp om dit te verwerk. Maar dit word in ‘n relatiewe ligte, alledaagse, en soms tong-in-kies manier benader.”

    Met die uitgangspunt om elke album anders as sy vorige werk te laat klink, bevat Ek’s Steeds Onstabiel ’n meer electro-pop klank wat 1980s nostalgie opwek met eksperimentele liedjies en meer gasverskynings as Floris se vorige werk. ‘Moss doesn’t grow on a rolling stone’ en Floris doen nog altyd dinge op sy eie manier wanneer dit by Kabaal Klankbaan kom. Die album is iets nuut en vars; musiek met ‘folk roots’ en liedjies met stories en gevoelens wat agterna by luisteraars sal bybly wanneer die lekker-luister oorwurm reeds vergaan het.

    Eks Steeds Onstabiel - Kabaal Klankbaan

    Floris som die album vir ons op

    “Soveel soos ek soms voel dat ek op n goeie plek is en die lewe redelik uitgefigure het, is daar nog altyd dae wat dinge bietjie onstabiel voel (in my kop) – en ek dink ons almal voel so. Dis ook (saam met die omslagkuns) ‘n lekker speelse verwysing na ’n onstabiele geestestoestand, wat die tema en gevoel van die album mooi opsom.”

    “Aanhangers kan uitsien na vele verrassings. Ek dink ons het nuwe ruimtes ontdek en nuwe rigtings ingevaar met hierdie produksie, en dit bied liedjies wat bietjie anders klink en voel as vorige Kabaal Klankbaan musiek, en vars interpretasies van ‘n paar bekende liedjies.”

    Jy kan die album HIER stroom / aflaai.

    featured event

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Kabaal Klankbaan Reik “Soms” & “Hunted Woman” Uit
    • Kabaal Klankbaan Reik “Stilswye” Uit
    • Kabaal Klankbaan Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Stapelgek”
    • Kabaal Klankbaan Reik “Stagefreight” Musiekvideo Uit

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Ek's Steeds Onstabiel Kabaal Klankbaan South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleRoss Learmonth Unveils Video For “Rose-Tinted”
    Next Article SAMA29: Here’s the Full List of Winners
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Majozi

    Majozi

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    SAMA 30
    November 4, 2024

    SAMA 30 Winners: The Complete List

    3 Mins Read210 Views
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read92 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.