Dit is Jack Parow se veertigste verjaardag vandag (22/2/22). Om hierdie mylpaal te vier, beplan Parow om op die 22ste van elke maand vir 12 maande lank ‘n nuwe enkelsnit uit te sit in aanloop na die vrystelling van sy vollengte album getiteld, Die Evangelie van Goeie Tye, wat op 22 Februarie 2023 uitgereik sal word.
Jack Parow se eerste enkelsnit vanaf Die Evangelie van Goeie Tye, ‘Demone’ feat. Margot, is nou uit
Verlede jaar het Jack Parow na die Knysna woud gegaan om sy persoonlike demone in die gesig te staar en het sterker as ooit terug gekom.
Jack Parow vertel: “Dit was seker een van die donkerste tye van my lewe, maar ook die ligste. Dit is ‘n baie betekenisvolle song vir my en om dit te kon skryf, en so eerlik te wees met myself, in so ‘n ‘scary mind space’ was een van die dinge wat my uit daai donkerte uit gekry het en terug na die lig toe. So, dit is baie toepaslik dat dit die eerste single is vanaf my nuwe album, want dit was vir my die begin van ‘n proses wat gelei het tot ’n metaforiese hergeboorte in my ‘mind state’ asook in my musiek.”
Margot Rothman is bekend vir haar dekking van ‘Toe vind ek jou’ op die fliek, ‘Fiela se kind’ se klankbaan. Haar broer, Loki Rothman, het ‘Demone’ vervaardig en vervaardig ook van die ander liedjies op die ‘Evangelie van Goeie Tye’.
Jy kan “Demone” HIER stroom / download.
Ek moet erken dat dié een van die beste Afrikaanse liedjies is wat ek sover in 2022 gehoor het. Eks sommer lus en gooi vir my demone ‘n middelvinger (thanks Jack Parow). Ek’s nuuskierig om te hoor hoe die res van die album gaan klink. Ek scheme dit gaan een vir die boeke wees. Net jammer ons moet ‘n jaar vir dit wag!
Jack Parow se Parow Fest 3 is Aan!
Geen ander Suid-Afrikaanse kunstenaars kan spog met hul eie fees in Europa nie, maar Jack Parow het daardie ‘bragging rights’ vir homself gegryp. Parow se gevolg in Nederland is so groot dat dit sy Nederlandse besprekingsagent, Mojo/Live Nation, geïnspireer het om ‘n fees vir hom daar te skep getiteld Parow Fest.
Die eerste Parow Fest was gehou in November 2017 by TivoliVredenburg in Utrecht met Jitsvinger, Skip&Die (Nederland), De Kraaien (Nederland), Ertebrekers (België), en De Likt (Nederland) wat by Parow op die program aangesluit het. Die fees het uitverkoop en was ‘n massiewe sukses wat gelei tot Parow Fest 2 in 2019.
Parow Fest 2019 was net so groot. Francois van Coke en Europese kunstenaars, Donnie, De Likt, Fata Boom, Het Gezelschap en Slongs was op hierdie program. Die fees was weer gehou by TivoliVredenburg in Utrecht. En weereens het Parow Fest uitverkoop!
(Palama Productions het ‘n dokumentêr gemaak, ‘From Parow to Parow Fest: The Jack Parow Story’ (2020), en is deels by hierdie fees verfilm. Die dokumentêr speel tans op Showmax en op Nederland se Amazon).
Weens die sukses van beide Parow Fests, het Mojo / Livenation besluit om in 2022 ‘n datum in Groningen by te las. Van Pletzen en Europese kunstenaars Russian Village Boys, Prins S. En De Geit en Lionstorm is saam met Jack Parow op vanjaar se program:
- 9 April 2022: Sportmuziek, Groningen
- 10 April: TivoliVredenburg, Utrecht
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News category on SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.