Goeie nuus! Jack Parow is vars terug vanaf Nederland waar hy Tivoli Vredenburg in Utrecht ge-own het vir een aand met ‘n uitverkoopte Parow Fest. En nou is hy gereed om sy lekkerste album ooit, Afrika 4 Beginners, los te laat.
Afrika 4 Beginners is rof en melodies en so Suid-Afrikaans soos dit kom – presies wat ons van Jack Parow verwag… en hy stel nie teleur met hierdie een nie. Die koning van Afrikaanse ryme kraai bobaas met ‘n lekker verskeidenheid van polsende musiek en ryme wat jou sal laat lag, huil, dink en laat wil partytjie. Die liriese rymkletser verskaf die pompende maat vir al die beste tye wat nog kom – die perfekte klankbaan vir die herhinderinge wat jy wil koester of eerder wil vergeet (luister na Bang Babalas).
Afrika 4 Beginners is nou beskikbaar op iTunes. Klik hier om die album te kry. Hierdie CD gaan teen die begin van Desember ander CDs ongemaklik maak op winkelrakke landswyd.
Parow hou mos nie daarvan om alleen partytjie te hou nie, so hy het ‘n paar van sy tjommies genooi na hierdie jol toe. Luister uit vir die talentvolle en vars Early B, Amerikaanse kletsrymer Dirt Nasty, HHP, Aewon Wolf, Hunter Kennedy en die Happy Boys Klopse, met stukkies komedie van Twakkie en Schalk Bezuidenhout tussen-in.
Hierdie versameling vet liedjies is vervaardig deur Fokofpolisiekar se Johnny de Ridder, Loki Rothman, Sketchy Bongo, Die Heuwels Fantasties se Fred den Hartog, Desert_Head en Taxi Violence se Rian Zietsman.
Hier is die track-list
- 1800 26 37 36 78 275
- Boepens Vark – “If you alone at home and you got nowhere to go, yo pick phone up en baby bel die Boepens nou.”
- Bang Babalas – “Ek’s vanoggend weer banggggggg babalas, die omdat ek weer gisteraand wayyyy te warm was, Ek’s altyd halfpad tussen chilled en angsbevange, raak wakker kaalgat op onbekende banke.”
- Africa for Beginners – Schalk Bezuidenhout
- Jantjie Volstruis ft. Happy Boys – “Waarvan die hart mos vol is loop die mond van oor, in die son deur my sondes met die maan getoor.”
- To all the girls ft. Dirt Nasty – “How do you say fucking awesome – LEKKER; en dis hoe ons rol in Afrika where I’m from; I wanna come visit you there – BRING A GUN.”
- Kak Soek ft. Early B – “Almal het gedoeg ek gan relax as ek ouer raak; maar maak nog die doef doef musiek wat jou ouers haat; Parow praat weer, fresh dressed f*kken vars man; my tunes kom met meer bleep bleeps as ‘n mars man.”
- Twakkie loves you – Twakkie
- Baby, ek likes jou – “Kan nie kook nie, maar sal vir jou ‘n steak kan braai; en as jy groceries koop dit uit die boot uit laai; ek sal elke dag my hart weer op jou verloor; ek weet ek’s dalk ‘n bietjie weird maar hoop jy like my ook.”
- Siem Salabiem ft. HHP & Xander Ferreira – “Almal wonder waar die bra met die pet is; hoof diaken van jou straathoek sektes; dis mos wat ek is, toor met die letters.”
- Jack Parow is ‘n robot – Schalk Bezuidenhout
- Pappa P – “Almal sluk ‘n chill pill sit stil en kraak ‘n venster; as Pappa stadig sleeptong by jou show in slenter; so drink maar suikerwater, eet ‘n stukkie f*kken toast; yo Parow’s f*kken terug pel, gooi n f*kken post.”
- Johnny is nie dood nie ft. Koos Kombuis
- Vingerafdruk ft. Hunter Kennedy – “In die donkerte in gekyk; nou staar die donkerte terug na my; aan fame try vat nou vat die fame aan my; my trots verslint nou net ’n vingerafdruk.”
- Skop, Skiet en Donderweer ft. Aewon Wolf – “Jy flow lame, jy’t no game, ek ruk jou rond met rou rym.”
- Monster – “So kom asseblief na my toe almal wat uitegput en oorlaai is; almal wat veraai is, as jy my soek ek’s waar die f*kken braai is.”
- African Time – Schalk Bezuidenhout
- My Koningkryk – ““Oppi, Daisies, Kunstefees; no matter waar jy gaan, hier’s die meeste gees; oop soos die vlaktes, kop vol idees; waar ‘n traffic light ook n robot kan wees.”
Maak seker dat jy wese kry by een van hierdie shows in November en Desember 2017:
- 24 November – Aandklas, Pretoria
- 25 November – Full Moon, Honeydew
- 1 Desember – Rosetulee, Brakpan
- 3 Desember – Hermanus, VAC
- 7 Desember – Plett Rage, Plettenbergbaai
- 8 Desember – Jbay Rage, Jeffreysbaai
- 9 Desember – Shimmy’s Beach Bar, Kaapstad
- 15 Desember – Upperdeck, Hartebeespoort
- 22 Desember – Flamingos, Langebaan
- 27 Desember – The Shed, Struisbaai
- 28 Desember – Shenanigans, George
- 29 Desember – Barrydale
- 30 Desember – Brians Grill, Oudtshoorn
- 31 Desember – Diaz Strand Hotel, Diaz
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.