Dit is vandag (22 Februarie) Jack Parow se verjaardag en hy vier dit deur sy nuutste vollengte album, Die Evangelie van Goeie Tye, vry te stel. Hy het reeds ‘n jaar terug begin met hierdie album se vrystelling.
Jack Parow het sedert sy veertigste verjaardag verlede jaar elke maand op die 22ste ‘n nuwe liedjie vry gestel en nou is hierdie 13-snit album uiteindelik hier in sy volle glorie.
Jack Parow lewer kommentaar oor die album
“Partykeer is dit sad, partykeer is dit happy. Soms is dit introspektief en soms is dit social commentary. Partykeer probeer ek inspireer en ander kere kyk ek na my eie ervarings en probeer hulle dissekteer.”
“Dit is ‘n jaar uit my lewe, ‘n maand-tot-maand dagboek in die vorm van musiek; ‘n snapshot van waar my kop elke maand was in die jaar nadat ons ons vryheid terug gekry het na amper drie jaar se lockdown.”
“Die afgelope twaalf maande van hierdie album maak was een van die coolste en mees insiggewende jare van my lewe. Dit het my baie geleer en ek is super trots om dit te kon klaar maak en te vry te stel in sy geheel.”
Die album sluit in samewerkings met Early B, Angie oeh, Bliksemstraal, Margot en Loki Rothman. Loki het meeste van die liedjies op die album saam geskryf, al die liedjies vervaardig en sing saam op “Mermaid”.
Die vollengte album skop af met die “Evangelie van Goeie Tye” intro en sluit af met die finale enkelsnit van die album, “Neus Breek”.
Oor “Neus Breek” het Jack Parow die volgende te sê
“Dit is so hard jy gaan jou kop wil verloor op die song. En wat is ‘n beter manier, om ‘n jaar van binne my kop rondkrap opsoek na musiek, af te eindig met ‘n track wat my van vooraf my kop laat wil verloor! So, hier’s hy nou, ‘n jaar se bloed, sweet en trane vir jou ore. Geniet hom. Gooi. Destroy.”
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.