Pieter Marcato het ‘n nuwe enkelsnit “Lekker Tye” uitgereik. Die liedjie volg kort op die hakke van sy vorige enkelsnit, “Swipe Regs”, wat vroeër in 2020 uitgereik is. “Swipe Regs” is uitstekend deur die media ontvang en kan steeds op radiostasies landswyd gehoor word.
Pieter Marcato praat oor “Lekker Tye”
“Dit is so lekker om saam met vriende en familie te kuier. Jy vergeet vir ‘n oomblik van jou probleme en van alles negatief in jou lewe. Veral in ‘n tyd soos nou, voel ek dit is iets waarna almal smag, lekker tye! Als sal ok wees en weer een of ander tyd normaal wees.”
Pieter het in Pretoria grootgeword, waar hy steeds vandag nog woon. Na skool het hy deur Damelin klankingenieurswese studeer en in hierdie tyd het sy pad met Ben van Zyl gekruis. Kort daarna het hulle besluit om saam die groep, Marcato, te begin wat vandag nog bestaan.
Pieter Marcato praat oor sy loopbaan sover
“Musiek is in alle opsigte deel van my lewe en ek is in my element wanneer ek die passie aan ander mense kan oordra – in watter vorm dit ookal mag wees. Dit is een van die dinge wat mense bymekaar kan bring en dis vir my ’n eer om deel te wees daarvan.”
Ten spyte van sy besige skedule, het dié veelsydige ster in 2017 saam met Altus Theart (Getroud Met Rugby) en Jerry Spangenberg die alternatiewe popgroep, EON, begin. Dié groep het reeds ’n baie groot aanhang en hulle debuut-enkelsnit, “Bittersoet“, was dadelik ’n treffer. Ligjare, hulle eerste album, het sedertdien verskeie ander gunstelinge opgelewer en die trio is deesdae ’n bekende gesig by die meeste groot musiekfeeste in die land.
“Lekker Tye” bring hoop, samesyn en is verseker ‘n treffer wat vriende en familie binnekort op die dansvloer sal herenig. Jy kan die liedjie HIER stream / aflaai.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.