Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Die “Dagdrome in Suburbia” Album is Hier!

    Die “Dagdrome in Suburbia” Album is Hier!

    Henno KrugerBy Henno Kruger2 Mins Read Music News 8 ViewsOctober 23, 2019
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Op 18 Oktober 2019 het Francois Van Coke sy derde solo album, “Dagdrome in Suburbia” vrygestel. Dit het gebeur voor ‘n uitverkoopte Sun Arena in Pretoria. 9700 was by die show gewees. Die show was sy grootste albumbekendstelling nóg. Dit bewys van wat harde werk en goeie rock musiek kan vermag!

    NetfloristOfferforge

    Die “Dagdrome in Suburbia” veldtog het op 30 Augustus afgeskop. Die eerste enkelsnit en musiekvideo is saam uitgereik. Dié hoogs suksesvolle liedjie met dieselfde naam as die album, “Dagdrome in Suburbia” (met Spoegwolf) het baie opgewondenheid en afwagtig veroorsaak.

    Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
    Foto deur Henry Engelbrecht

    Met die vrystelling van die album op 18 Oktober het dit op nommer 1 op iTunes afgeskop. Die album het ook geklim tot nommer 5 op Apple Music se ranglys.

    Op die dag van die album se vrystelling en Francois van Coke & Vriende (18 Oktober), het Francois die tweede enkelsnit se musiekvideo, “Daarsy boys”,  ook vrygestel. Mede Fokofpolisiekar groepslid, Hunter Kennedy, maak sy debuut as rymkletser op hierdie liedjie!

    Meer inligting oor die Dagdrome in Suburbia Album

    Die 11-snit album, “Dagdrome in Suburbia”, is Francois se mees opwindende werk tot op datum. Dit skop af met ‘n voorlesing deur legendariese nuusman, Riaan Cruywagen, gevolg deur nuwe treffers en samewerkings met rapper Riky Rick, Afrikaanse rock gunstelinge, Spoegwolf, The Voice SA 3 wenner, Tasché, en Fokofpolisiekar groepslid, Hunter Kennedy.

    Francois Van Coke deur Andre Badenhorst - Dagdrome in Suburbia

    Die grootste krag van hierdie album lê in sy sawerkings. Behalwe die kunstenaars, het Francois ook saamgewerk met verskeie liedjieskrywers en vervaardigers. “Dagdrome in Suburbia” is opgeneem by verskeie ateljees en ‘n paar verskillende vermengingsingenieurs is gebruik.

    Die liedjies is vervaardig deur Fred den Hartog, Theo Crous en Rudolf Willemse. Die liedjieskrywers sluit, Die Gevaar, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder, Riky Rick, Karen Zoid en Danie du Toit van Spoegwolf in.

    My 2 sente oor die Dagdrome in Suburbia Album

    Ek het die album Vrydag geluister en ek moet sê dat ek dit geniet het, maar dat dit ‘n ruk gaan vat voor dit op my groei. Dis bietjie anders, maar ek het dit ook oor sy twee vorige albums te sê gehad. Dis ‘n goeie album, maar ek sal rerig dit ‘n hele paar keer moet luister om my eerlike opinie daaroor te gee. Haastige hond verbrand mos sy mond, so hang bal mensies.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    NetfloristOfferforge

    Related Content:

    • “Droombrief”, Die Nuwe Spoegwolf Album Is Hier
    • Kontras se nuwe album is hier: “Vir Konteks”
    • “Kanniedood”, Francois Van Coke se 4de Solo Album is Hier
    • Wat Dit Vat: Hier is die liedjies en videos

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Dagdrome in Suburbia Francois van Coke Rock South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJeremy Loops unveils music video for “What Would I Know”
    Next Article Dirty Moonshine reveal music video for “The Hunt” (their new single)
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Sheron

    Sheron

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.