Fokofpolisiekar het hulle The SOUND Of FOKOF Unplugged album vandag uitgereik! Ja mense, aan die einde van 2020 het Fokofpolisiekar hul elektriese kitare ontkoppel en oorgeskuif na hul akoestiese instrumente om ‘n regstreekse stroomkonsert te lewer wat heeltemal anders was as hul gewone eksplosiewe klank.
Kykers en die gehoor was getrakteer met Fokofpolisiekar liedjies soos hulle nog nooit gehoor is nie. Hierdie rariteit is opgeneem op ‘n “live” album. The Sound of FOKOF Unplugged is vasgevang by die bekende kunstenaar, Lionel Smit, se studio in Somerset-Wes op ‘n lui-lekker Sondagmiddag met ‘n braai buite aan die gang en Fokof Lager wat gevloei het. Die groep was omring deur familie, vriende en VIP gaste wat lekker saamgesing het op hul gunsteling Fokofpolisiekar liedjies.
Dane Taylor het die liedjies regstreeks daar opgeneem en het die finale meng by sy studio in Kaapstad behartig. Tim Lengfeld het die liedjie gemeester.
Om te LUISTER na The Sound of Fokof Unplugged: Klik HIER.
The Sound of FOKOF Unplugged: Snitlys + oorspronklike album titels en vrystellingsdatums:
Dit is maar altyd ‘n familie affêre met Fokofpolisiekar. Die groep het hul ondersteuners op sosiale media gevra om liedjies vir die regstreekse stroomkonsert voor te stel, wat gelei het tot hierdie snitlys vir die album.
1. “Ek Glo In Die Son” (Selfmedikasie 2017)
2. “Wintersdag By Die Seer” (Monoloog in stereo 2005)
3. “Klipgooi Glashuis” (Brand Suid-Afrika enkelsnit 2006)
4. “Teen Die Wet” (Kajuitkoors 2020)
5. “Paranoia” (enkelsnit 2014)
6. “Hemel Op Die Platteland” (As jy met vuur speel sal jy brand 2003)
7. “Ek dink aan jou as dit reen” (Monoloog in stereo 2005)
8. “Vasbeslote Korporasie (Deel 2)” (Swanesang 2006)
9. “Bel Vir Middelvinger” (Swanesang 2006)
10. “Monoloog in Stereo” (Monoloog in stereo 2005)
11. “Die Illusie van Veiligheid” (Monoloog in stereo 2005)
12. “Dag Dronk” (Vanfokkingtasties 2012)
13. “Ek Skyn (Heilig)” (Swanesang 2006)
14. “Komma” (Selfmedikasie 2017)
Fokofpolisiekar het ‘n video vir hulle liedjie “Teen Die Wet” uitgereik, kyk dit hier onder
Fokofpolisiekar dra hierdie musiekvideo op aan die afgestorwe fotografie legende, Henry Engelbrecht wat op 10 Mei 2021 aangestap het. Hierdie musiekvideo is ‘n aangrypende kombinasie van Fokofpolisiekar se “live” opvoering van “Teen Die Wet”, verweef met foto’s deur Albert Retief en is ‘n besonderse tydkapsule.
Reisiger en sosiale dokumentêre fotograaf, Albert Retief, het einde 2019 ‘n draai kom maak by sy familie in Bellville. Die COVID-19 grendeltydperk het sy nomadiese leefstyl ingeperk. Hy het besluit om sy ervaringe, frustrasies en gemeentskap in sy tuisstad te dokumenteer.
Jy kan Fokofpolisiekar live check by een van hierdie The Sound Of Fokof Unplugged vertonings:
1. 20 Mei by Daisy Jones Bar at OMG (Geen onder 18’s)
Adres: Summerhill Wines, R44, Stellenbosch.
Deure maak 5 NM oop en die show begin 8 NM, Jy kan kaartjies .
2. 22 Mei by Loftus Park, Pretoria (Geen onder 18’s)
Hekke maak 12 NM oop. Jy kan kaartjies HIER koop.
Program:
1:30 NM: Kiash
2:15 NM: James Deacon
3:15 NM: Ruiter Piet
4:30 NM: Fokofpolisiekar
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.