Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    SA Gig Guide
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Featured
    • Categories
      • Interviews
      • Music News
      • Music Videos
    • The SA Gig Guide
    • Buy us a Coffee!
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home » Music News » Kontras se nuwe album is hier: “Vir Konteks”

    Kontras se nuwe album is hier: “Vir Konteks”

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 1 ViewsSeptember 15, 2020
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Afrikaanse rock band, Kontras, se debuutalbum, Vir Konteks, is uiteindelik beskikbaar op alle digitale platforme. Die Stellenbosch band het al verskeie enkelsnitte hierdie jaar uitgereik, naamlik ‘Die Happy Song’, ‘Mors Jou Drank’, ‘Die Ruimtevaarder’ en ‘Velde’ (waarvan die laasgenoemde ‘n musiekvideo het) en elke snit was meer verskillend as die vorige een.

    NetfloristOfferforge

    ‘Velde’ en ‘Die Ruimtevaarder’ het elk geweldige ondersteuning ontvang op ‘Apple Music’ se editorial playlists (Alternatiewe Afrikaans), ‘Die Happy Song’ het landswye publisiteit ontvang as gevolg van sy onderwerpe oor vrouwees, en ‘Mors Jou Drank’ het vir meer as 10 weke gechart op KovsieFM se Clip Hard Rock Chart.

    Kontras - Vir Konteks

    Wat Kontras se Vir Konteks ‘n stappie bo ander albums plaas, is dat daar iets vir almal is. Kontras het ‘n punt gemaak om vir almal konteks te gee oor wie hulle is en waar hulle vandaan kom; break-up songs, love songs, party songs, kwaadraak songs en politieke songs. Dit bou ‘n brug tussen alternatiewe en kontemporêre Afrikaanse musiek deur om gebruik te maak van elemente van elke genre.

    Vir Konteks knoop in met die huidige globale en politiese omstandighede van die afgelope tien jaar, maar is ook nie bang om die mens as individu onder die mikroskoop te plaas nie. Songs soos “Chemikalieë”, “Parafien Paradys”, en “Die Mislukte Rewolusie” is nie bang om die status quo van Afrikaanse kultuur te bevraagteken nie, terwyl tong-in-die-kies songs soos “Peruvian Flu” en “Mors Jou Drank” ons herinner om jouself nie altyd te ernstig op te neem nie. “Velde”, “Die Ruimtevaarder” en “Die Happy Song” herinner ons weer dat selfs al lyk die lewe soms moeilik, daar is altyd hoop, gewoonlik gevind deur liefde van jou naastes.

    “Gee Meer” & “Sprokies Katastrofies” handel weer oor die worsteling binne ons eie psige en vat onderwerpe soos angs, selfverwyt en geestesgesondheid direk aan. “Sout In My Are” is ‘n huldeblyk aan mense wat enige iets sal doen om brood op die tafel te sit, terwyl “Jou Eie Kruisiging” bybelmetafore gebruik om die einde van ‘n verhouding te visualiseer.

    Jacques Groenewald praat oor die betekenis Vir Konteks

    “’Ons as mense mis soveel keer die ware konteks agter wat vir ons gesê word deur ander. Selde krap ons dieper as die oppervlak. Vir Konteks is ‘n dieper krap vir ‘n groter jeuk, wat ons voel ons nie kan bereik nie”

    Vir Konteks - Album Cover

    Meer inligting oor Kontras

    ‘n Band wat gevorm het tussen klasse by die Universiteit van Stellenbosch, Kontras het hul debuut gesien in Februarie van 2018 toe Jacques Groenewald (hoofsanger), Daniël Botha (dromme), Andrew Veldman (kitaar) en Louwrens Labuschagne (baskitaar) agtergekom het daar is ‘n tekort in Afrikaanse musiek; musiek wat eg voel. Oor die afgelope 2 jaar, het hulle Side A en Side B vrygestel, waarop ‘Middelklas Middelman’ gehoor kan word.

    Hierdie enkelsnit het vir Kontras baie gedoen, veral nadat dit ondersetuning vanaf Afrikaans is Groot, KykNET, Huisgenoot, MaroelaMedia, Sterre, Afrikaanse Musiek Nuus, Texx and the City, Plektrum Musiek en nog vele ander publikasies gekry het. Kontras het al meer as 62 000 plays gekry op digitale platforms en is dit steeds besig om vinnig te groei.

    Kontras se musiek kan gehoor word op radiostasies regoor Suid-Afrika soos BokRadio, OneFM, MFM,
    KovsieFM, LekkerFM, Radio Overberg, GrindRadio, TreffersFM, GrootFM, BayFM, en HosaRadio om
    net ‘n paar te noem.

    NordVPN

    Kontras het al verskeie feeste gespeel soos Rocking Stellies, The International Tequila Festival, en I Love Stellies waar hulle al verhoë gedeel het met kunstenaars soos Fokofpolisiekar, Jack Parow, The Plastics, Willim Welsyn, The Kiffness, Straatligkinders, Early B, Van Pletzen, YoungstaCPT, Tasché en Die Heuwels Fantasties onder andere.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.

    If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!

    SA Gig Guide

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.

    Featured Event Kontras se nuwe album is hier: "Vir Konteks"

    Galpalooza 2025 Banner Kontras se nuwe album is hier: "Vir Konteks"

    Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.

    Afrikaans Kontras Rock South Africa Vir Konteks
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleParable Fifteen Announce Release of New Single and Album
    Next Article Future Radio Release New Single: “Run Baby, Run”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Related Posts

    Spoegwolf Droombrief
    By Henno KrugerMarch 23, 2022

    “Droombrief”, Die Nuwe Spoegwolf Album Is Hier

    2 Mins Read45 Views
    Spoegwolf - Silwer
    By Henno KrugerSeptember 3, 2021

    “Silwer”, Spoegwolf se Nuwe Album Is Hier

    2 Mins Read12 Views
    Francois van Coke en Vriende - Henry Engelbrecht
    By Henno KrugerOctober 23, 2019

    Die “Dagdrome in Suburbia” Album is Hier!

    2 Mins Read6 Views
    FPK 2017 wave by Andre Badenhorst MMR "Komma", Fokofpolisiekar se Nuwe Amazing musiekvideo is hier
    By Henno KrugerFebruary 28, 2018

    “Komma”, Fokofpolisiekar se Nuwe Amazing musiekvideo is hier

    3 Mins Read10 Views
    Leave A Reply Cancel Reply

    Support Us!
    Kategoriëe
    NetfloristOfferforge
    Volg ons
    • Facebook
    • Twitter
    • Pinterest
    • Instagram
    • YouTube
    • WhatsApp
    • TikTok
    • Spotify
    Nog Afrikaanse Artikels
    Rowan Zerf
    June 13, 2025

    Rowan Zerf Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Soutie”

    3 Mins Read9 Views
    Anton Myburgh
    June 13, 2025

    Anton Myburgh Reik “Wat Verby is, is Verby” Uit

    3 Mins Read24 Views
    Glaskas
    June 12, 2025

    Glaskas Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Leestekens”

    2 Mins Read6 Views
    Ander Artikels
    Kehlani
    June 13, 2025

    Kehlani Unveils New Single: “Folded”

    3 Mins Read29 Views
    Mikhaela Faye
    June 13, 2025

    Mikhaela Faye Releases New Single: “Gaslighter”

    3 Mins Read12 Views
    Pinwheel Valley
    June 12, 2025

    Pinwheel Valley Release New Single: “Werewolf”

    3 Mins Read17 Views
    NordVPN
    "Featured" Artikels
    RAMFest Halloween Edition Featured
    May 27, 2025

    RAMFest Halloween Edition 2025: Everything You Need To Know

    4 Mins Read574 Views
    Oskido
    May 30, 2025

    Oskido’s Big Day Out 2025: Everything You Should Know

    2 Mins Read21 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read57 Views
    Teken in op Ons Nuusbrief

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Nuutste Kommentaar
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Unveil New Single: “Leave”
    • Virgin Music Group South Africa on BabyMomo Drops Amapiano Anthem: “Ngizo Phumelela”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Unveils New Album: “Goodbye My Love”
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.