Die Afrikaanse groep Donkerbaai kondig hul eerste enkelsnit “Ouer Maar nie Wyser nie” aan – ’n lied wat die raakpunte van liefde, verhoudings en die vreemde waarheid uitlig dat ouderdom nie noodwendig wysheid waarborg nie.
Die lirieke vang die realiteite van ’n verhouding vas: die langer stilte tussen twee mense wat al hoe minder praat, die gevoel dat die ander skielik in ’n taal leef wat jy nie verstaan nie, en die vlamme wat soms nie meer so warm brand nie.

Tog, ten spyte van die afstand, stap julle steeds saam – trap julle ál dieper spore in mekaar vas en sing saam, selfs al is dit nou en dan die verkeerde lirieke.
Donkerbaai: Nie ’n plek nie – ’n gevoel
Donkerbaai is nie ’n dorp wat jy op ’n kaart sal kry nie, maar jy was al daar. Dit is daardie Weskus-vakansieplek waar jy jou Desember deurbring, nuwe vriende in die strate ontmoet en dalk selfs jou somerliefde op die strand raakloop.
Dit is laat aande op die houthuisie se stoep, langs die vuur, met ’n bier in jou hand. Dit is die stilte van vroeë oggende wanneer die branders oor wit sand breek, en die laatmiddae se stap langs die kuslyn.
Dit is saamkuier. Dit is vergeet van jou probleme. Met “Ouer Maar nie Wyser nie” deel Donkerbaai presies hierdie gevoel – intiem, eerlik en vol nostalgie.
Kyk die video vir “Ouer Maar nie Wyser nie” hier onder:
“Ouer Maar nie Wyser nie” is op alle digitale platforms beskikbaar. Stroom dit HIER.
’n Vars klank in Afrikaanse musiek
Donkerbaai bring ’n nuwe varsheid na die Afrikaanse musiektoneel met ’n klank wat positief, ontspanne en eg voel. Die musiek roep herinneringe op van seevakansies en tydlose oomblikke, maar skram nie weg van die realiteite van grootword, verhoudings en die lewensvrae sonder maklike antwoorde nie.
Wie is Donkerbaai?
Corné van Niekerk (Go The Rodeo) – Skrywer, sanger
Robert Mitchley – Skrywer, klaviere
Tjaart van der Walt – Vervaardiger, kitare
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.



