Ruhan du Toit, een van Afrikaans se mees geliefde en herkenbare stemme, sluit 2025 op ân ligte en opbeurende noot af met sy nuwe enkelsnit, âTotsiensâ – ân lied wat perfek vasvang hoe ons die ou jaar met hoop en dankbaarheid groet en die nuwe jaar verwelkom.
Meer inligting oor Ruhan du Toit se nuutste enkelsnit
âTotsiensâ is ân vrolike, kontemporĂȘre Afrikaanse lied wat handel oor die krag van verandering en die mense wat lig bring in moeilike tye. âPartykeer in die rofste tye het jy net daai een persoon nodig wat alles kom verander, sodat jy weer vir die slegte tye kan sĂȘ âcheersâ,â verduidelik Ruhan.

Die lied is geskryf deur Georic Lomas en Marco van Deventer, wat onlangs ook die Aitsa-toekenning vir Liedjieskrywer van die Jaar ontvang het. Die lirieke en melodie vind die perfekte balans tussen inspirasie en energie, met Ruhan se kenmerkende stem wat die boodskap opreg en warm oordra.
âEk wou die jaar afsluit met iets wat mense laat glimlag,â sĂȘ Ruhan du Toit. âOns het almal dinge wat ons graag wil agterlaat – en âTotsiensâ gee jou daardie lekker gevoel van afsluiting en ân nuwe begin. Dis ân lied wat jy kan luister, ongeag of jy verlief is of net klaar is met alles wat sleg was.â
Volgens hom is âTotsiensâ bedoel om luisteraars positief te laat voel. âEk hoop dit bring lig en vrolikheid â iets wat jy enige tyd van die dag kan aansit om jou gemoed te lig,â voeg hy by.
Die musiekvideo wat saam met die enkelsnit uitgereik word, bied ân vars en egte kykie agter die skerms. Die produksiespan het doelbewus gekies vir ân spontane ârehearsalâ-styl video â sonder dat die orkes of videograaf die liedjie vooraf gehoor het.
âDit het die verfilming ongelooflik natuurlik gemaak,â sĂȘ Ruhan. Die video is by Upper East Side in Hazelwood, Pretoria verfilm, met Eric Graham en sy span aan die produksie, saam met Georic Lomas en Marco van Deventer.
Met âTotsiensâ wys Ruhan du Toit weer hoekom hy een van die mees gerespekteerde kunstenaars in die Afrikaanse musiekbedryf bly – ân kunstenaar wat telkens nuwe lewe in die taal en sy musiek blaas.
Kyk die video vir “Totsiens” hier onder:
Jy kan die liedjie HIER stroom/aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.
Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!
Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.
Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.
Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.


