Die geliefde en bekroonde sanger en liedjieskrywer, Jannie du Toit, is vanjaar een van die eregaste by Pretoria FM se gesogte Aitsa Afrikaanse Musiektoekennings wat op 19 September 2023 by die Choose Life Ouditorium in Pretoria plaasvind.
Jannie Du Toit, wat sy eerste professionele verhoogoptrede in 1971 gehad het en in 1979 bekendheid verwerf het, word tydens hierdie glansgeleentheid vereer vir sy lewenslange bydrae tot die plaaslike musiekbedryf
“Wat ’n eer en aanmoediging vir die pad vorentoe” sê hy oor hierdie besonderse toekenning wat hom binnekort te beurt gaan val.
Buiten vir die toekenningsgeleentheid, het die veelsydige kunstenaar nog ’n paar groot hoogtepunte op sy kalender vir die res van die jaar. Op 24 September doen hy ’n baie spesiale Erfenisdagkonsert, getiteld Die Musiek van Jannie en Christa, saam met die FAK Jeugsimfonieorkes by die Voortrekkermonument se Heldesaal.
Dié konsert, onder leiding van dirigent Jaco van Staden, begin om 16:00 en toegang beloop R200 per volwassene en R100 per kind. Kry jou kaartjies HIER.
Op 4 en 5 Oktober 2023 sal Jannie Du Toit te sien wees by Aardklop met sy splinternuwe produksie, Margaretastraat.
Tydens hierdie hoendervleismooi vertoning, laat herleef hy die legendariese liedjieaande van 1981/82 by sy huis in Margaretastraat 28 in Pretoria, onder begeleiding van sy gereelde pianis oor die afgelope tien jaar – die uiters begaafde Chanie Jonker.
Nie net gesels hy oor daardie ikoniese tydperk vanaf die einde sewentigs se “Musiek en liriek” en daarna nie. Hy kleur ook die verhaal in met die musiek van die liedjie-aande: staatmakers Koos Doep, Lucas Maree, Coenie de Villiers, Anneli van Rooyen, Janita Claassen, Marietjie Stoop asook ’n paar minder bekende sangers en teksskrywers.
Kaartjies kos R160 per persoon (R140 vir pensioenarisse) en kan HIER gekoop word.
Tydens die Toyota US Woordfees, wat vanaf 7 tot 15 Oktober 2023 in Stellenbosch plaasvind, vier Jannie Du Toit die werk van sy jarelange vriendin Marie Tredoux met die verhoogproduksie, Die maan deur ’n gaatjie in die nag.
Met die hulp van Chanie Jonker (klavier en akkordeon) en Annelie du Plessis-Hoberg (fluit), stel Jannie (stem en kitaar) die gehoor bekend aan hierdie Jacobsbaaise legende wat in September vier-en-negentig word en steeds liedjies skryf wat die hart raak. Sy is veral bekend vir die aangrypende Jacobsbaai se Aandlied wat in die nuwe FAK Sangbundel opgeneem is, Mis oor Jacobsbaai wat deur Laurika Rauch opgeneem is en ’n Regte Ou Kaapse Reën wat gewild is onder kore.
Die aard van Marie se liedjies herinner aan ’n Paryse straatkafee of ’n nostalgiese Nederlandse seemanslied. Die bindingsteks vir die verhoogproduksie is geskryf deur haar vriend, Dana Snyman, vroeër ook ’n inwoner van Jacobsbaai.
Jannie du Toit trap al vir dekades lank diep spore in die plaaslike bedryf en is nog lank nie klaar om gehore te betower met sy unieke musiek en talent nie.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.