Casper Stone & Ruan Xen het “Mis Jou Nie” uitgereik. Meer as ‘n dekade gelede het die twee outjies weergawes van bekende liedjies by kroeë, troues en funksies gespeel vir ekstra inkomste. By een van die optredes het Xen vir Stone ‘n rowwe weergawe van die liedjie (wat hy geskryf het) gespeel.
“Mis Jou Nie” het Stone dadelik diep getref en hy het geweet dat dit iets spesiaal is. Hy het aan homself en Xen ‘n belofte gemaak dat die liedjie eendag die volle produksie en blootstelling sal kry wat dit verdien. Tien jaar later en die belofte het tot vervulling gekom.
Ruan Xen vertel ons meer oor die tema van “Mis Jou Nie”
“Ons is geneig om oor die algemeen te fokus op die pyn na ‘n break-up, maar wat soms meer uitstaan is die verligting, en dan ook die bittersoet oomblik wanneer mens besef dat die ervaring nie doeloos en leeg was nie, maar wel ‘n deel uitmaak van die pad van beide partye se lewe. Ek wou met hierdie liedjie die lig daarop skyn.”
Casper Stone voeg by
“In plaas van om dit onder die mat in stoot, wou ons ‘n erkenning gee aan die ervaringe en die lesse wat geleer is van mens self deur die refleksie van ‘n ander. Spyt hoef nie regtig ‘n faktor kan wees in die groter prentjie nie.”
Die musiekvideo vir “Mis Jou Nie” is ‘n reis deur die gedagtes van iemand wat sopas deur hierdie ondervinding is. Casper Stone en Xen wou ‘n gevoel skep waar ‘n mens deur die simboliese, `n dieper begrip kan hê oor die kern- boodskap van die liedjie. Die musiek -video was geskiet in Midrand en was verfilm deur Heinz Boesenberg. Die regie was behartig Reinhard Engelbrecht.
Kyk die musiekvideo vir “Mis Jou Nie” hier onder:
“Mis Jou Nie” verskyn op Casper Stone se debuut-solo EP Raw Reflections wat in Mei vanjaar uitgereik is. Die liedjies op die EP handel oor die intrinsieke aard van passies; begeertes; obsessies en romantiese verhoudings.
Dit flirt met lig en skaduwee en skyn die lig op Stone se onvergeetlike ontmoetings van liefde en teleurstellings.
“Mis Jou Nie” is die enigste Afrikaanse liedjie op Raw Reflections. Casper Stone verduidelik
“Aangesien die EP ‘n terugkeer is na my innerlike stem en na my wortels, was dit vir my belangrik om ook `n liedjie in my moerdertaal in te sluit. Ek het gedink dit was nou uiteindelik die ideale geleentheid om “Mis Jou Nie”op te neem.”
Casper Stone se enkelsnit “Freak”, vanaf die EP, geniet tans speeltyd op verskeie radiostasies. Casper Stone is ook ‘n praktiserende sielkundige. Hy het gedurende sy hoërskooljare kitaar en saksofoon begin speel en het die afgelope twee dekades as deel van verskeie musiekgroepe opgetree.
Casper Stone is onder andere bekend as een helfte van Stones & Bones, ‘n afro soul house duo wat in 2020 groot sukses op SA radio behaal het met twee snitte van hul EP “In the Name of Love.”
Ruan Xen het oor die jare met verskeie kunstenaars onder andere Karen Zoid, Southern Gypsey Queen en Lonehill Estate saamgewerk. In 2007 het hy MTN City Awards se “Beste Nuwe Kunstenaar” Toekenning gewen. Hy gee ook tans musiek-lesse in Johannesburg.
Jy kan Raw Reflections HIER stroom / download.
Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like this website is doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music or check out his 2024 Music Videos playlist on YouTube. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.
Living in South Africa? Access your money quickly and earn high interest with Kastelo! Enjoy near-instant access to your funds while earning over 7% interest! Unlike long-term investments their fintech enables daily lucrative returns! Why wait? Sign up NOW!