“Hierdie Is Nie Liefde Nie” is sopas uitgereik. Oor die afgelope paar dae is publisiteitsfoto’s en die omslag van die sanger en liedjieskrywer, Michelle Mountjoy, en bekende musikant, Hunter Kennedy, se nuwe enkelsnit aan die media vrygestel en dis nie ’n mooi prentjie nie. Dié beeldmateriaal vir “Hierdie Is Nie Liefde Nie”, wat in samewerking met die TEARS-stigting saamgestel is, tref diep en dra die kragtige boodskap oor dat ware liefde nie gewelddadig is nie.
Die twee musikante het vandag hierdie liedjie uitgereik ter ondersteuning van die 16 dae van Aktivisme-veldtog teen geweld op vroue en kinders, ’n jaarlikse Verenigde Nasies-inisiatief wat van 25 November tot 10 Desember plaasvind. Dié veldtog fokus op die bewusmaking van die negatiewe impak wat geslagsgebaseerde geweld, nie net op vroue en kinders het nie, maar ook op die samelewing.
Hierdie treffende lied, wat dié jong sanger en liedjieskrywer saam met Hunter en Fred den Hartog geskryf het, gaan oor wat liefde nié is nie.
“Ek kom uit ’n verhouding uit waarin ek mishandel is, maar gelukkig kon ek ontsnap. Dit is vir my belangrik om vir diegene wat hulle in dieselfde situasie bevind te sê dat niemand dit verdien om mishandel te word onder die dekmantel van liefde nie.” sê Michelle Mountjoy
Hunter Kennedy vertel ons hoekom “Hierdie Is Nie Liefde Nie” geskryf is
“Die liedjie is geskryf vir mense wat in dieselfde situasie is as waarin Michelle was. Ons wil mense daaraan herinner dat ware liefde nie met geweld gepaard gaan nie.”
Hulle glo dat “Hierdie Is Nie Liefde Nie” sal aanklank vind by luisteraars omdat dit staan vir wat reg is. “Die liedjie moedig kritiese denke aan en is eerlik en sonder verskonings. Dit vra nie simpatie nie, maar smeek mense om oor te gaan tot aksie,” verduidelik Hunter.
“Hierdie Is Nie Liefde Nie” is Michelle se vierde enkelsnit. Sy het naam gemaak nadat sy die realiteitsreeks, Wat Dit Vat Met Loki Rothman, in 2021 gewen het. Sy en Hunter het dan ook op die stel van Wat Dit Vat ontmoet.
“Nadat ek en Hunter saamgewerk en mekaar leer ken het, het ek geweet dat hy die perfekte pasmaat sou wees vir my liedjie. Nadat ek die idee aan hom voorgelê het en my storie met hom gedeel het, het hy dadelik ingestem. Dit was ’n groot voorreg om saam met hom en Fred te werk. Hunter se energie en dryfkrag is aansteeklik en dit was ’n plesier om hierdie projek saam met hom aan te pak.” sê Michelle.
Kyk die video vir “Hierdie Is Nie Liefde” Video hier onder:
Meer inligting oor die TEARS-stigting
Die TEARS-stigting, wat vanjaar sy tiende bestaansjaar vier, bied toegang tot krisisintervensie-, voorspraak-, berading- en voorkomingsopvoedingsdienste vir diegene wat geraak word deur gesinsgeweld, seksuele aanranding en seksuele mishandeling van kinders. Dit is in Johannesburg geleë en verskaf ’n nasionale diens wat 24/7, 365 dae per jaar funksioneer, en wat gratis is vir alle mense in Suid-Afrika.
“Michelle was gelukkig genoeg om uit ’n gewelddadige verhouding te ontsnap en is al vir die afgelope jaar ’n trotste ambassadeur van die TEARS-stigting. Ons begin nou met die 16 dae van Aktivisme-veldtog, waartydens ons mense aanmoedig om skenkings te maak, saam te gesels en bewusmaking te skep oor ons organisasie en dienste. Michelle se liedjie is ’n groot deel hiervan en sy werk nou saam met ons om vir hierdie saak ’n stem te gee,” sê die TEARS-stigting se Tula Yapce.
Vir Hunter is dit ook ’n voorreg om saam met TEARS te werk
“Hulle pak ’n reuse taak aan en ek is baie beïndruk deur die wonderlike werk wat hulle doen. Ek dink dis ’n goeie idee om deel te wees van die 16 dae van Aktivisme. Daar is baie dinge wat moet verander en dit kan soms oorweldigend wees, maar al verander ons net een persoon se lewe, is dit ’n stap in die regte rigting.”
Indien jy of iemand wat jy ken verkrag is of mishandle word, skakel, *134*7355# (Gratis) of kontak die TEARS-Stigting op 010 590 5920 (24/7).
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.