Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Casper Stone & Ruan Xen Reik “Mis Jou Nie” Uit

    Casper Stone & Ruan Xen Reik “Mis Jou Nie” Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 10 ViewsAugust 13, 2021
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Casper Stone & Ruan Xen het “Mis Jou Nie” uitgereik. Meer as ‘n dekade gelede het die twee outjies  weergawes van bekende liedjies by kroeë, troues en funksies gespeel vir ekstra inkomste. By een van die optredes het Xen vir Stone ‘n rowwe weergawe van  die liedjie (wat hy geskryf het) gespeel.

    NetfloristOfferforge

    “Mis Jou Nie” het Stone dadelik diep getref en hy het geweet dat dit iets spesiaal is. Hy het aan homself en Xen ‘n belofte gemaak dat die liedjie eendag die volle produksie en blootstelling sal kry wat dit verdien. Tien jaar later en die belofte het tot vervulling gekom.

    Ruan Xen vertel ons meer oor die tema van “Mis Jou Nie”

    “Ons is geneig om oor die algemeen te fokus op die pyn na ‘n break-up, maar wat soms meer uitstaan is die verligting, en dan ook die bittersoet oomblik wanneer mens besef dat die ervaring nie doeloos en leeg was nie, maar wel ‘n deel uitmaak van die pad van beide partye se lewe. Ek wou met hierdie liedjie die lig daarop skyn.”

    Casper Stone & Ruan Xen - Mis Jou Nie

    Casper Stone voeg by

    “In plaas van om dit onder die mat in stoot, wou ons ‘n erkenning gee aan die ervaringe en die lesse wat geleer is van mens self deur die refleksie van ‘n ander. Spyt hoef nie regtig ‘n faktor kan wees in die groter prentjie nie.”

    Die musiekvideo vir “Mis Jou Nie” is ‘n reis deur die gedagtes van iemand wat sopas deur hierdie ondervinding is. Casper Stone en Xen wou ‘n gevoel skep waar ‘n mens deur die simboliese, `n dieper begrip kan hê oor die kern- boodskap van die liedjie. Die musiek -video was geskiet in Midrand en was verfilm deur Heinz Boesenberg. Die regie was behartig Reinhard Engelbrecht.

    Kyk die musiekvideo vir “Mis Jou Nie” hier onder:

    “Mis Jou Nie” verskyn op Casper Stone se debuut-solo EP Raw Reflections wat in Mei vanjaar uitgereik is. Die liedjies op die EP handel oor die intrinsieke aard van passies; begeertes; obsessies en romantiese verhoudings.

    Dit flirt met lig en skaduwee en skyn die lig op Stone se onvergeetlike ontmoetings van liefde en teleurstellings.

    “Mis Jou Nie” is die enigste Afrikaanse liedjie op Raw Reflections. Casper Stone verduidelik

    “Aangesien die EP ‘n terugkeer is na my innerlike stem en na my wortels, was dit vir my belangrik om ook `n liedjie in my moerdertaal in te sluit. Ek het gedink dit was nou uiteindelik die ideale geleentheid om “Mis Jou Nie”op te neem.”

    Casper Stone - Raw Reflections

    Casper Stone se enkelsnit “Freak”, vanaf die EP, geniet tans speeltyd op verskeie radiostasies. Casper Stone is ook ‘n praktiserende sielkundige. Hy het gedurende sy hoërskooljare kitaar en saksofoon begin speel en het die afgelope twee dekades as deel van verskeie musiekgroepe opgetree.

    Casper Stone is onder andere bekend as een helfte van Stones & Bones, ‘n afro soul house duo wat in 2020 groot sukses op SA radio behaal het met twee snitte van hul EP “In the Name of Love.”

    Ruan Xen het oor die jare met verskeie kunstenaars onder andere Karen Zoid, Southern Gypsey Queen en Lonehill Estate saamgewerk. In 2007 het hy MTN City Awards se “Beste Nuwe Kunstenaar” Toekenning gewen. Hy gee ook tans musiek-lesse in Johannesburg.

    Jy kan Raw Reflections HIER stroom / download.

    Wees op die uitkyk vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Michelle & Hunter Reik “Hierdie Is Nie Liefde Nie” Uit
    • Casper Stone releases debut EP: “Raw Reflections”
    • Alba Vorster reik nuwe enkelsnit uit: “Ek Mis Jou”
    • Dassie reik eerste kortspeler uit: “Ek Mis”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Casper Stone Ruan Xen
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleDJ12inch Announces Debut Album & Release Debut Single
    Next Article Avi Mack Releases New Single & Video: “Something”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Donkerbaai
    December 2, 2025

    Donkerbaai Reik “Ouer Maar nie Wyser nie” Uit

    2 Mins Read5 Views
    Pieter Marcato 1 Pieter Marcato Reik Nuwe Enkelsnit Uit: "Lekker Man"
    November 26, 2025

    Pieter Marcato Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Lekker Man”

    3 Mins Read6 Views
    Ray Dylan
    November 26, 2025

    Ray Dylan Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Die Vader Weet”

    3 Mins Read7 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Babette
    December 3, 2025

    Babette Releases New Single: “Hey Jack”

    2 Mins Read19 Views
    Temple Boys CPT
    December 3, 2025

    Temple Boys CPT Return With New Album: “Ons is Hier”

    3 Mins Read8 Views
    B1DR project - Franco Schoeman
    December 3, 2025

    B1DR Release New Single: “Marula”

    3 Mins Read10 Views
    Goeters Om Te Doen
    Ferg 'n Son

    Ferg ’n Son December 2025 Tour

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    The Lumineers

    The Lumineers February 2026 South African Tour

    Majozi

    Majozi 2025/2026 Old School Tri-Nations Tour

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read16 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read44 Views
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read112 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.