Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Bouwer Bosch Stel “Briewe Uit Die Argiewe” Album Vry

    Bouwer Bosch Stel “Briewe Uit Die Argiewe” Album Vry

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 24 ViewsOctober 28, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Vandag, Vrydag 28 Oktober 2022 sien die vrystelling van ’n splinternuwe album deur Bouwer Bosch, getiteld Briewe Uit Die Argiewe. Die album kom na die vrystelling van verskeie enkelsnitte vanaf die album, naamlik ‘Soos Ek Doen feat. Abby’, ’Sambreel’ en Bouwer se nuutste enkelsnit – ‘Skemer’.

    NetfloristOfferforge

    Briewe Uit Die Argiewe is geskryf oor die laaste 3 jaar, en dis ook die rede vir die titel vir sy derde solo album. Meeste van die liedjies kom uit Bouwer se argiewe, met baie van die liedjies wat vir ander kunstenaars geskryf is, maar nooit gebruik is nie.

    Bouwer Bosch

    Bouwer Bosch verduidelik hoe Briewe Uit Die Argiewe gebeur het

    “Ek het musiek op my rekenaar gevind wat ek in 2019 geskryf het, en gevoel die tyd is nou reg om hierdie stories te vertel.  Ons lewe is ook een groot argief; met fotos en herinneringe van hoe ons groot geword het of net dinge wat ons laasweek gedoen het. Argiewe is deel van ons DNS.”

    Die album is vervaardig deur Francois de Klerk, Austin Hlume, Tjaardt van der Walt, Ruan Graaff, Deon Volschenk en Bouwer Bosch self. Bouwer beskryf dit as ’n ongelooflike ervaring om soveel verskillende breine betrokke te hê by jou musiek. Die album is opgeneem by sy studio in Johannesburg.

    Bouwer Bosch verduidelik sy doel met die album

    “Ek dink daar is ‘n hongerte in my wat ek lanklaas beleef het rondom musiek, en ek wou net weer stories vertel met musiek. My lewe het baie verander toe ek begin TV en film werk doen; ek het musiek afgeskeep omdat daar nie tyd was nie, so ek wou net die laaste 3 jaar se gebeure in my lewe vasvang en dit deel.” 

    Bouwer Bosch - Briewe Uit Die Argiewe

    Die album bevat ’n verskeidenheid van samewerkings met onder andere sangers soos Almero, Loufi, Henru (’n nuwe kletsruimer van die Kaap) en Abby, en aanhangers kan uitsien na ’n mengsel van pop en dans treffers, sowel as dieper en ernstiger liedjies. Om saam met nuwe kunstenaars te werk, was nog altyd ’n groot liefde vir Bouwer; elke samewerking bring iets anders na die tafel, hy kan by almal iets leer en die resultaat is ’n opwindende album.

    Bouwer Bosch beskryf Briewe Uit Die Argiewe as die album met die meeste diversiteit wat hy al gedoen het. Die feit dat die liedjies oor so ’n lang tydperk geskryf is, en dat hy met so baie vervaardigers vir die album gewerk het, verskaf meer diepte in die musiek; die musiek en lirieke het het kans gehad om volwasse te raak binne-in hom voor hy dit met die wêreld deel.

    Bouwer Bosch deel nog informasie

    “Ek hou maar daarvan om oor verhoudings te skryf. Nie net romanties nie, maar met jou God of geloof of waarin ookal jy glo, vriende, familie en met jouself. Ek dink die hooftema van die album is dat verandering nie net nodig is nie, maar deel is van die lewe.”

    Om die vrystelling van die album te vier, stel Bouwer ook vandag ’n nuwe musiekvideo vir een van die liedjies op die album vry, naamlik “Hier By My”. Hy wou graag die liedjie deel met die wêreld omdat sy vriend, Ruan Jordaan dit geskryf het. Hy beskryf die liedjie as beslis nie ’n radio treffer nie – maar daar is iets aan die liedjie waarmee mense sal kan identifiseer. Die musiekvideo is deur Bouwer en Nico Welgemoed vervaardig en geskiet in Richmond in die Noord-Kaap in Augustus vanjaar.

    NetfloristOfferforge

    Hier is die musiekvideo vir “Hier By My”

    Bouwer Bosch lewer sy 2 sente oor sy album

    “Ek is ongelooflik trots op hierdie album. Nie net oor die liedjies nie, maar ook net oor die hele proses. Om musiek te deel is ‘n weerlose oefening en hierdie is ‘n album waar ek beslis ’n ander kant van myself met die luisteraar deel.  Ek dink die album is ’n baie ‘happy’ album en dit reflekteer beslis waar ek myself nou in my lewe vind.”

    Jy kan Briewe Uit Die Argiewe HIER aflaai / stroom.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • “Sambreel”, die Nuwe Bouwer Bosch Enkelsnit is Hier
    • Bouwer Bosch Reik “Skemer” Musiekvideo Uit
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Gebede en Briewe”
    • Deon Meiring Stel Nuwe EP Bekend: “Gebede En Briewe”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Bouwer Bosch Briewe Uit Die Argiewe
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleBetty’s Nuklear release their debut EP: “Rise Betty Rise”
    Next Article Ross Harding Releases “Chapter II” EP
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    More Music News
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read19 Views
    SAMA31
    October 8, 2025

    SAMA31 Nominees Announced

    9 Mins Read34 Views
    Categories
    Latest Articles in Other Categories
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Andrea Lisa
    October 8, 2025

    Andréa Lisa Shines with New Single: “Like Each Other”

    2 Mins Read15 Views
    Stuff To Do
    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Neon Dreams

    Neon Dreams: Sunshine Tour 2

    Artist/Band/Group Profiles
    Craig Lucas

    Craig Lucas

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    We Kill Cowboys

    We Kill Cowboys

    NetfloristOfferforge
    Featured Articles
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read106 Views
    Kenny Hughes An Interview With Kenny Hughes
    January 19, 2024

    An Interview With Kenny Hughes

    6 Mins Read65 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.