Bouwer Bosch het die musiekvideo vir sy jongste enkelsnit, getiteld “Skemer”, vrygestel. “Skemer” is van sy splinternuwe album wat in Oktober vrygestel is, genaamd Briewe Uit Die Argiewe.
“Skemer”, die enkelsnit, is sowat twee jaar gelede oor ‘n Instagram-storie geskryf met mense wat ingeskakel het. Bouwer het sy liedjieskryfproses met aanhangers gedeel wat almal idees bygedra het, met “Skemer” – ’n prettige en gelukkige liedjie – as eindresultaat van die sessie.
Bouwer Bosch vertel ons meer van “Skemer”
“Vir “Skemer” het ek die analogie van ’n boek vir ’n liefdesverhaal gebruik: Almal se liefdesverhaal is soos ’n boek. Dit het hoofstukke, bladsye, gelukkige tye, hartseer tye, soms vervelig, soms opwindend.”
Die video vir die enkelsnit – ’n energieke aanbod met saksofoonlyne – is drie weke gelede in Bouwer se woonstraat geskiet. Hy was self aan die stuur van regie, met Christian Botha as kinematograaf. Koreograaf Sarah Leigh was aan die stuur van die regie van die dansroetine, en verskyn saam met Bouwer in die video.
Die video bevat die storielyn van ‘n verkeersman met ‘n liefde vir dans, wat ‘n danser aftrek vir spoed, en die twee deel dan hul wedersydse liefde en passie om te dans, in die strate.
Bouwer verduidelik wat sy doel was met die video vir die liedjie
“Ek wou ‘n prettige, opregte storie vertel en dit ook visueel impakvol maak. Ek het sowat twee weke lank geoefen om die dansroetine reg te kry, en dit so goed as moontlik geleer. Sarah Leigh is ‘n wonderlike koreograaf en het die perfekte dans vir die liedjie geskep. Haar kêrel, Tjaart van der Walt is ook die vervaardiger van die liedjie.”
Kyk die video vir “Skemer” hier onder:
Jy kan Bouwer se Briewe Uit Die Argiewe album HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos category on SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Looking for a gift for that special person in your life? Check out Netflorist.co.za, South Africa's top online florist and gift service. They offer flowers, gifts, and hampers for all occasions AND reliable nationwide delivery.