Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

    Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 25 ViewsAugust 20, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    19 Augustus 2024 was die eerste herdenking van Angie oeh se tragiese dood op 24-jarige ouderdom aan kanker. Hierdie maand sal haar steeds groeiende skare aanhangers haar onmisbare stem egter op 14 nuwe liedjies kan hoor.

    NetfloristOfferforge

    Angie oeh was kort voor haar skielike afsterwe besig om die amptelike klankbaan van die baanbrekende Showmax Original-universiteitsdrama, Wyfie, saam met Peach van Pletzen op te neem.

    Angie Oeh - Wyfie

    Die klankbaan, waaraan kunstenaars soos Biggy, Early B, Hanna en Jack Parow ook saamgewerk het, is vanaf later hierdie maand op alle goeie musiekplatforms beskikbaar.

    “Toe Angie studio toe gekom het en die idees op die mic gesit het, kon ek dadelik voel ons is met iets spesiaal besig.” vertel Peach “Angie se stem is een van die mees diepgaande mooi stemme wat ek al ooit opgeneem het. Om saam met Angie te kon werk, is ’n tyd wat my ewig sal bybly.”

    “Ons het haar gedurende die proses verloor, so daar is baie emosie rondom van die musiek. Ek moes meeste van dit voltooi ná sy weg is. Sy het haar stem by my gelos en dís ’n groot geskenk en eer vir my. Sy was baie trots op die werk en ek is ook.” 

    Met die ondersteuning van Showmax en Angie oeh se span, het Peach na die studio teruggekeer om die klankbaan in vollengte liedjies te omskep

    “Om hierdie liedjies te herbesoek was ’n pragtige, uitdagende en katartiese ervaring,” sê Peach. “Al was Angie nie meer fisiek daar nie, het ek steeds haar sterk teenwoordigheid deur die hele proses gevoel. Dit bring my groot vreugde om uiteindelik hierdie musiek met die wêreld te kan deel.”

    Twee enkelsnitte is reeds vrygestel: die danssnit “Fishy Pumpi”, waarop Angie Oeh vir die eerste keer in Engels gesing het, en “Kerkmeisie Kyla (Ratata)”, met Jack Parow. Laasgenoemde liedjie is na Kristen Raath se karakter op dié universiteitstelenovela vernoem. Onder die ander kunstenaars wat op die klankbaan verskyn, tel Kay Faith en Yesterday’s Pupil.

    Kyk hierdie kort dokumentêr oor hoe die Wyfie-klankbaan geskep is hier onder:

    Benewens die klankbaan, het Showmax ook ’n nuwe musiekvideo vir Angie se kultustreffer, “Dis Jou Wyfie”, vrygestel.

    NetfloristOfferforge

    Die musiekvideo is deur Homebrew Films, ook die produksiemaatskappy wat vir Wyfie verantwoordelik is, vervaardig. Die reeks se sterre, Beáta Bena Green, Celeste Loots, Kristen Raath en Mienke Ehlers, verskyn in die video.

    Kyk die video hier onder:

    “‘Dis Jou Wyfie’ was haar eerste enkelsnit,” sê Peach. “Dit is ’n liedjie wat sy self geskryf, opgeneem en vervaardig het. Die snit het ’n kultusaanhang opgebou en is nou al ’n tipe van ’n temalied vir die misfits. Angie het ’n groter impak gemaak as wat mense besef. Die feit dat die reeks Wyfie genoem is, getuig ook daarvan.” 

    “Angie was die inspirasie vir Wyfie se titel, asook ’n groot deel van die reeks se houding,” bevestig Johan Cronjé, die hoofregisseur van beide die reeks en die musiekvideo. “Die musiek wat sy en Peach vir Wyfie geskep het, is spookagtig mooi. Om haar as deel van die klankbaan te hê, is vir my ongelooflik waardevol: hartseer en pragtig terselfdertyd.”

    Die Wyfie-span het die afgelope Donderdag nog ’n hartseer terugslag ervaar nadat een van dié reeks se vervaardigers, Burgert Müller, op sy 63ste verjaardag oorlede is.

    “Homebrew Films en die hele Wyfie-span is ongelooflik hartseer oor die skielike heengaan van Burgert, ’n mentor en ’n bron van kennis vir so baie van ons.” sê Jaco Loubser, uitvoerende hoof van Homebrew Films. “Burgert was nie net ’n visioenêre, ’n kalm en ervare leier nie, maar ook ’n gerespekteerde lid van ons span. Sy merkwaardige bydraes tot die televisiebedryf, veral in die sepie- en telenovela-genres, het ’n onuitwisbare merk gelaat wat sal aanhou om ons te inspireer.”

    “Ons dink aan sy susters, Susan en Ronel, sy lewensmaat, Christiaan, en al Burgert se kollegas, vriende en geliefdes gedurende hierdie ongelooflike moeilike tyd. Sy nalatenskap en bydrae tot die bedryf sal ’n blywende impak hê op almal wat die voorreg gehad het om hom te ken,” sê Loubser.

    Nicola van Niekerk, waarnemende hoof van inhoud by Showmax, sê: “Burgert was ’n groot rolspeler in die land se televisiebedryf en het ’n besonderse invloed gehad op almal wat ooit die voorreg gehad het om met hom te werk.”

    “Sy afsterwe laat ’n groot leemte in die bedryf waarin hy so ’n enorme rol gespeel het; van reekse soos Wyfie tot M-Net se Egoli. Sy kalmerende houding en die veilige atmosfeer wat hy op elke stel geskep het, gaan ’n reuse-leemte los. Ons innige medelye gaan aan sy geliefdes, familie en vriende gedurende hierdie moeilike tyd.” sê Van Niekerk.

    Seisoen 2 van Wyfie stroom nou op Showmax, met nuwe episodes wat elke Dinsdag vrygestel word.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Angie oeh reik “Sex In Afrikaans” Musiekvideo uit
    • Angie oeh reik musiekvideo uit vir “Altyd op my vibe”
    • Angie oeh reik “Mooiste Meisies” musiekvideo uit
    • Jack Parow & Angie oeh se “Meisies & Partytjies” Musiekvideo is hier

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Angie oeh South Africa Wyfie
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJames Hadi Releases “Ebaleni” (featuring Mthunzi)
    Next Article Pop Royale Releases New Single: “More”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read11 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.