Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»André Schwartz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sal Jy?”

    André Schwartz Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Sal Jy?”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 148 ViewsSeptember 15, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    André Schwartz is bekend vir sy grensverskuiwende werk in die Suid-Afrikaanse musieklandskap. Hy is ‘n uiters veelsydige kunstenaars, akteur en televisie-aanbieder en het oor die jare verskeie indrukwekkende toekennings ingepalm.

    NetfloristOfferforge

    Sy nuwe enkelsnit “Sal jy?” getuig van sy passie vir die liefde en die lewe. Sy superster-stem en eerlike lirieke sal aanhangers se harte opnuut verwarm.

    Andre Schwartz - Sal Jy

    “Sal jy?” gaan oor twee mense wat perfekte pasmaats kon wees. Hulle vind mekaar egter in verdraaide dimensies van ouderderdom en omstandighede. Schwartz skryf met wysheid, humor en helderheid oor `n liefde wat nie plek in Tyd kon vind nie, maar wel in Ruimte.

    Selfs al is die boek van hierdie Liefde reeds lankal toegemaak, steek die passievolle toon `n vuur van ewige hoop aan in hierdie rou, hartsgedrewe liedjie waarin daar gespeel word tussen die skakerings van verlange asook die oorgawe aan `n heilige ontasbaarheid. Daar is altyd Hoop. “Sal Jy? Want eendag is beter as niks nie.” 

    Die progressiewe video van “Sal Jy?” getuig van André Schwartz se nimmereindigende rol as baanbreker.

    “Die briljante digitale produksie ontwerper, Seun, het `n weergawe van my lied “Lief vir alles hier” op Instagram gedoen en dit vir my aangestuur. Daar was ‘n beeldskone gevoel van simboliek en hoe hy elemente laag op laag laat saampraat.”

    “Ons het begin gesels en toe “Sal Jy?” ‘n werklikheid word, het ek hom genader om vir my ‘n musiekvideo te maak. Ons geniet beide die proses van wisselwerking tussen sang, solokunstenaar, kunswerk en vertelling. ‘n Ontgunning van ‘n spasie waar eenderse denke gevier word.” sê hy.

    Die video kan beskryf word as `n “kosmiese digitale klankreis” verduidelik Seun. “My inspirasie kom vanuit die spasie tussen die kyker en die kunswerk. Wat gebeur in daardie spasie? Daar bestaan ‘n liminale ruimte, ‘n plek van oorgang of nostalgiese aantrekkingskrag. Ons speel dan veral met die konneksie en interaksie tussen hierdie beelde en elemente.”

    Kyk die video vir “Sal Jy?” hier onder:

    Meer inligting oor André Schwartz

    André Schwartz se vollengte CD Die Pad is in 2019 bekendgestel en die trefferliedjies “Die Pad”, “Tweede Kans”, “19 September” en “Ek sal Wag” het trefferstatus bereik. “19 September”, ‘n lied gebasseer op geslagsgeweld het ‘n spesiale plek in Andrè se hart.

    featured event

    In Oktober 2020 het Schwartz ‘n mini Kersfeesalbum bekend getiteld “`n Stukkie Kersfees” vrygestel. Die lied “Ek Wens vir jou ‘n Kersfees” is gratis beskikbaar op alle digitale platvorms en was ook kykNET se amptelike kerslied vir 2020.

    Andre Schwartz

    In Julie 2021 het André Schwartz die enkelsnit “Ek haal asem” bekendgestel. Hy het die lied geskryf nadat hy vir die eerste keer kon asemhaal na sowat drie maande op suurstof. Dit was ‘n Oorwinningslied nadat hy letterlik by die dood omgedraai het as gevolg van Covid-19 komplikasies. Dit is egter ook ‘n dankbaarheidslied vir elke asemteug wat ons as vanselfsprekend aanvaar.

    André Schwartz is die enigste Suid-Afrikaanse manlike kunstenaar wat die Andrew Lloyd Webber stempel van goedkeuring dra, vir die naamrol in The Phantom of the Opera in Suid-Afrika.

    André se vertoning “Any Dream will Do – My pad met Webber” word op 3 en 4 Oktober by Aardklop aangebied en op 10 en 13 Oktober by Toyota US Woordfees. Die storielyn is ‘n verhandeling wat dié besonderse vriendskap ontgun, deur middel van musiek en gesprek.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • André Visagie Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Damwal”
    • Francois Jacobs Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Spel Dit Uit”
    • Andre Graham Releases New Single: “Bestfriend”
    • Acoustic Element and Andre Graham Release “Break of Dawn”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Andre Schwarz Sal Jy
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJoshua Na Die Reën Se Nuwe Album Is Oppad
    Next Article Werner Bekker Unveils New Single: “Mental Hell”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Spoegwolf en Kurt Darren Featured

    Spoegwolf & Kurt Darren in JHB – 26 Oktober 2025

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Craig Lucas

    Craig Lucas

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Daniel J Dunn Red An Interview With Daniel J Dunn
    February 19, 2024

    An Interview With Daniel J Dunn

    9 Mins Read110 Views
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.