Zoé se debuut enkelsnit, “Crazy Meisie” is hier. Marilyn Monroe is aangehaal met die woorde, “If you can’t handle me at my worst, you sure as hell don’t deserve me at my best.” Dit is ‘n boodskap wat dwarsdeur die nuweling se enkelsnit weerklink.
Meer inligting oor Zoé se “Crazy Meisie”
“Crazy Meisie” is ‘n kontemporêre snit wat pop- en rock-elemente saamsnoer. Zoé het dit geskryf as ‘n kreet om jong dames te herinner dat hulle genoeg is. Zoé het op ‘n plaas net buite Tzaneen grootgeword en het van kleins af ‘n liefde vir musiek gehad.
“My ma hulle vertel altyd dat ek al gesing het voordat ek kon praat, en ek het altyd my eie liedjies opgemaak. My sussie het my betrokke gemaak by kultuur, en danksy haar sing en dans ek my hele lewe lank al,” vertel sy.
Behalwe vir hoërskool serenade en om hier en daar na bands te gaan luister in iemand se motorhuis, was daar nie veel geleenthede om haar passie vir musiek uit te leef nie. Zoé het begin kuns gee by Hoërskool Ben Voster terwyl sy vir haar onderwysgraad studeer het.
“Ek het vir die Kontrak ingeskryf, maar ek het dit net tot by die top 10 gemaak en aanvaar dat dit ‘n teken was.” vertel Zoé.
Sy het weer haar pos ingeneem by die skool, maar ‘n vreemde samevoeging van gebeure sou sorg vir ‘n teken dat ‘n loopbaan in musiek wel vir haar bedoel is.
Sy het as ‘n grap die woorde van ‘n Rainbow Kitten Surprise liedjie in Afrikaans oorgeskryf. Sy en ‘n vriendin het dit opgeneem en dit aan haar kuns-onderwyser gestuur om haar opinie te kry. Haar kuns-juffrou het dit vir haar skoondogter gestuur, wat by ‘n TV-produksie-maatskappy werk wat kantore deel met ‘n platemaatskappy. Toe gebeur die onverwagte.
“Ek was besig om klas te gee en toe lui my foon. Ek het nie die nommer herken nie, maar besluit om te antwoord. Die volgende oomblik het iemand my genooi om die eienaars van CoolerBox Records te ontmoet.” vertel sy
Zoé het versigtig opgewonde Johannesburg toe gery om ‘n oudisie by die platemaatskappy af te lê.
“Ek het vir hulle die cover-liedjie gesing, en hulle het my huis toe gestuur met huiswerk. Ek het huis toe gegaan en myself uitgedaag om drie liedjies te skryf, en ‘n maand later het ek my tweede oudisie afgelê.” vertel sy.
Zoé se 2Oste verjaarsdag is gevier saam met haar ma Louisa en Tertius in die ateljee terwyl sy haar drie liedjies omgeneem het. Zoé skryf al haar liedjies self en meen dat Crazy Meisie ‘n belangrike boodskap het.
Sy lag en sê: ”As ‘n vrou passievol is, word sy maklik mal genoem, maar as ‘n man dieselfde optree, wel dis nie eers iets waaroor ek wil praat nie.”
Sy vertel ook dat sy jaloers, impulsief en foutief kan wees, maar dat mense haar moet aanvaar vir wie sy is. Die liedjie sluit af met die lirieke: ”Daar’s iemand anders wat al beter pas in jou plek en dit is ek.”
Zoé hoop dat hierdie boodskap jong meisies sal aanspreek. Sy sê ook dat die enigste persoon se goedkeuring wat jy nodig het, jou eie is.
Die musiekvideo van Crazy Meisie is nou beskikbaar en dit was een van Zoé se hoogtepunte.
Sy sê: ”Dit was ongelooflike harde werk, maar in dieselfde asem was dit so vinnig verby. Ek voel so bevoorreg, want hierdie tipe ding gebeur nie met mense nie.”
Kyk die video hier onder:
Zoé is reeds besig met nuwe musiek en haar band oefen vir haar eerste vertonings. Sy sê dat sy uitsien na die volgende hoofstuk en dat sy geseënd voel om saam met mense te werk wat haar kreatiwiteit uitlaat, haar deel laat wees van besluite, en haar laat eksperimenteer sonder om in ‘n boksie gedruk te word nie.
”Vrouens is kompleks, ons wil nie een ding wees nie, ons wil alles wees,” sê sy.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a beer!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2024 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.