2024 was ’n onvergeetlike jaar vir Dodo Nyoka, wat homself stewig as een van Suid-Afrika se mees veelsydige kunstenaars gevestig het. Dié jaar het vir vele hoogtepunte gesorg, waaronder die vrystelling van sy diep persoonlike liedjie “As Ek Opstaan”, geskryf vir sy toekomstige vrou.
Kort daarna het hy sy veelsydigheid bewys met sy eerste Engelse snit, “Dancin’ In The Stars”, en het hy aanhangers verras met die duet “Ek Verstaan”, saam met sy mentor van Die Kontrak, Karlien van Jaarsveld.
Nou, aan die einde van hierdie suksesvolle jaar, bring Dodo Nyoka vir sy aanhangers ’n splinternuwe kuierliedjie met die titel “Meisie”. Hierdie lekkerluister-pop-Afrikaanse liedjie vier die gees van vakansietye saam met vriende en familie.
Meer inligting oor Dodo Nyoka se nuutse treffer
Die liedjie is geskryf as reaksie op ’n versoek van een van Dodo Nyoka se aanhangers op TikTok. “Een van my aanhangers het my gevra in die comments om ’n kuierliedjie soos ‘Country Girl van Bloem’ te skryf vir Desember, toe doen ek dit,” vertel Dodo.
Hy voeg by: “Ek dink dit is ’n goeie liedjie vir die somerseisoen. Ek probeer altyd om na my aanhangers te luister met die liedjies wat ek uitreik, en dit is presies wat ek gedoen het met hierdie liedjie. Ek is altyd oop vir goeie raad van enigiemand af.”
Met “Meisie” hoop Dodo om mense bymekaar te bring. “Ek wil hê my musiek moet mense gelukkig maak in ’n wereld vol bakleiery. My droom is om mense te laat voel asof hulle my al ontmoet het deur my musiek. Ek dink mense gaan van hierdie liedjie hou, want dit is anders en vars.”
“Meisie” se vrystelling sluit ook ’n musiekvideo in, met Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative in die regisseurstoel. Die video, wat by The Grove-winkelsentrum in Pretoria verfilm is, vang die nostalgiese gevoel van ’n ou-skool afspraak vas.
“Ons wou die musiekvideo so natuurlik as moontlik hou, so hierdie keer het ons net pret gehad op stel,” verduidelik Dodo.
Een van Dodo Nyoka se persoonlike hoogtepunte van die jaar was sy optrede saam met Francois van Coke by Afrikaans is Groot. “Dit was ’n droom wat waar geword het om op daardie verhoog te staan,” sê hy.
Met “Meisie”, ’n liedjie wat die vrolikheid van Desember en goeie tye vier, sluit Dodo Nyoka 2024 met flair af. Sy unieke vermoë om ’n boodskap van samehorigheid en geluk deur sy musiek te dra, stel hom beslis in staat om hoër hoogtes te bereik in 2025.
Kyk die video vir “Meisie” hier onder:
Jy kan die liedjie HIER stroom / aflaai.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.