Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Vier Afrikaans se 100ste Verjaardag saam Die Vyftigers

    Vier Afrikaans se 100ste Verjaardag saam Die Vyftigers

    Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Music News 21 ViewsJune 11, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Wie is Die Vyftigers? En wat beplan hulle om Afrikaanse se 100ste verjaardag te vier? Lees verder om meer uit te vind…

    NetfloristOfferforge

    2025 is ’n jaar van mylpale: Afrikaans vier haar 100ste amptelike bestaansjaar, en vier van die taal se mees oorspronklike, geliefde kunstenaarseuns vier hul 50ste omwenteling om die son.

    Die resultaat? ’n Onvergeetlike vertoning genaamd Die Vyftigers – ’n musikale viering van lewe, taal, stories en tyd.

    Die Vyftigers

    Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal – vier unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap – klim saam op een verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te eer. Dié produksie is eerlik, rou en reguit – vol liriek, lag, melodie en menswees.

    Die idee vir Die Vyftigers het ontstaan tussen die appelboorde van Grabouw, by Gian Groen se 50ste verjaarsdagpartytjie. Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het Neil Sandilands die lig gesien: vier musikale vriende, almal besig om die 50-mylpaal te takseer, in dieselfde jaar wat Afrikaans 100 jaar oud word.

    Hierdie kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie – en met net een oproep na elk, was almal aan boord. Só is Die Vyftigers gebore – ’n unieke kruispunt tussen taal en tyd.

    Elke kunstenaar bring sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog. Tussen hul vier loopbane is daar meer as 200 jaar se kreatiewe gravitas – elke noot en elke sin deurdrenk met betekenis.

    Ontmoet Die Vyftigers

    Gian Groen: Bekend vir “Vier Seisoene Kind”, bring sy kenmerkende vingerkitaarstyl en rou stem.

    Schalk Joubert: Met dekades se invloed in die musiekbedryf dien hy, met sy baskitaar, as musikale anker en ritmiese gom.

    NetfloristOfferforge

    Abel Kraamsaal: Terug op die verhoog ná jare in die korporatiewe wêreld en honger vir verhoogwerk. Hy bied vars insigte en kragtige lirieke.

    Neil Sandilands: Die hofnar en visuele impresario – verbind die produksie met humor, sinisme en teater flair.

    Die Vyftigers is nie net ’n musiekvertoning nie – dis ’n viering. Met liedjies uit elke kunstenaar se repertoire, asook nuwe werke wat spesiaal vir hierdie vertoning geskep is, neem hulle gehore op ’n reis deur persoonlike stories, taalgeskiedenis en tydlose klanke. Die vertoning is ten volle in Afrikaans – ’n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak.

    Of jy nou ’n aanhanger is van Afrikaanse musiek, van die kunstenaars self, of net op soek is na iets eg, diep en vermaaklik – hierdie vertoning is ’n moet-sien.

    “Wat kry jy as jy vier duidelike persoonlikhede op een verhoog sit, wat elk ’n instrument bespeel, ’n ordentlike liriek kan pen en derms het wat brand? Sprankel ’n aweregse Afrikaanse woordeskat, sprinkel ’n titsel selfnegerende humorsin, ’n spatsel witblits, ’n slurpie Boere Zen en ’n draggie 50 jaar oue hardehout.” sê Neil Sandilands.

    “Daar het jy dit. Die resep vir ’n aand se eersteklas vermaak: Die Vyftigers. Amper soos Trompie en die Boksombende. As ek dan nou Trompie is, en Gian is Rooies, Abel is Dawie, Briers Coetzee (ons klankingenieur wat ook kan cajon speel) is Blikkies, dan is Schalk mos Boesman die brak.” sê hy.

    Moet dit nie misloop nie: een jaar, een taal, vier verjaarsdae, een verhoog. ’n Seldsame belyning van sterre, musiek en moedertaal. Die Vyftigers is ’n kultuurgebeurtenis.

    Bespreek jou sitplek vir Die Vyftigers!

    • Donderdag, 10 Julie 2025 – Die Koelkamers, Paternoster – Kry kaartjies HIER
    • Vrydag, 11 Julie 2025 – Daisy Jones Bar, Stellenbosch – Kry kaartjies HIER
    • Sondag, 13 Julie 2025 – The Drama Factory, Strand – Kry kaartjies HIER
    • Donderdag, 31 Julie 2025 – The Music Kitchen, Gqeberha (Port Elizabeth) – Kry kaartjies HIER
    • Saterdag, 2 Augustus 2025 – St Francis Brewing, St Francisbaai – Kry kaartjies HIER
    • Sondag, 3 Augustus 2025 – Fancourt, George – Kry kaartjies HIER
    • Vrydag, 8 Augustus 2025 – Reed Valley, Mosselbaai – Kry kaartjies HIER
    • Saterdag, 9 Augustus 2025 – Kalfiefees, Hermanus – Kry kaartjies HIER
    • Sondag, 10 Augustus 2025 – The Alma Cafe, Kaapstad – Kry kaartjies via bookings@almacafe.co.za
    • Woensdag, 20 Augustus 2025 – Cafe Barcelona, Colbyn Pretoria – Kry kaartjies via info@cafebarcelona.co.za / WhatsApp 082 458 9342
    • Donderdag, 21 Augustus 2025 – Afriforum Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER
    • Vrydag, 22 Augustus 2025 – Afriforum Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER
    • Donderdag, 18 September 2025 – Aasvoëlklub, Bloemfontein Kry kaartjies via vultureclubevents@gmail.com / WhatsApp 084 559 8991
    • Vrydag, 19 September 2025 – Melkkan, Welkom – Kry kaartjies via silevera@gmail.com / WhatsApp 084 517 4699
    • Saterdag, 20 September 2025 – Lake Umuzi Fees, Secunda – Kry kaartjies via HIER
    • Sondag, 21 September 2025 – Pierneefteater, Pretoria – Kry kaartjies via info@pierneefteater.co.za / WhatsApp 072 460 5568
    • Woensdag, 24 September 2025 – Ettienne Rosseau Teater, Sasolburg – Kry kaartjies via https://ertickets.com
    • Donderdag, 25 September 2025 – Yoons, Witrivier – Kry kaartjies via info@yoonseatery.co.za / www.yoonseatery.co.za / Skakel 063 478 6846
    • Vrydag, 26 September 2025 – Centurion Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER
    • Saterdag, 27 September 2025 – Loopstraat, Potchefstroom – Kry kaartjies via looptherestaurant@gmail.com / WhatsApp 082 571 8557
    • Sondag, 28 September 2025 – Matinee, Centurion Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER

    Vir meer inligting, kliek hier: https://linktr.ee/DieVyftigers

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Die Skynmaagde vier die aakligheid van grootmens-wees
    • Jako Meyer Stel “Ek Vier Jou, Ek Groet Jou” Vry
    • Vier 60 jaar van Virginia Lee se album ‘Boerenooientjie’
    • Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Abel Kraamsaal Afrikaans Die Vyftigers Gian Groen Neil Sandilands Schalk Joubert South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleUndertone Releases New Single: “Don’t Ask”
    Next Article Pinwheel Valley Release New Single: “Werewolf”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Tino
    September 17, 2025

    Tino Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Op en Dop”

    2 Mins Read21 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Ziggy Alberts
    October 27, 2025

    Ziggy Alberts Releases New Single: “Cyclones”

    3 Mins Read14 Views
    Birthday Cake
    October 25, 2025

    Erin Elliot & Sophia Frank Serve Up Some “Birthday Cake”

    3 Mins Read14 Views
    Filthy Hippies
    October 24, 2025

    Filthy Hippies Release New EP: “Waves”

    2 Mins Read8 Views
    Goeters Om Te Doen
    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    RAMFest Halloween Edition Featured

    RAMFest Halloween Edition 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Liefde By Die Dam 2025

    Liefde By Die Dam & Nam 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    Kunstenaar Profiele
    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Majozi

    Majozi

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Grammy Awards
    February 3, 2025

    The 67th Grammy Awards: A Complete List of Winners

    9 Mins Read67 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read45 Views
    Stephen Gawking with Aewon Wolf and Nathan Blur
    March 5, 2024

    An Interview With Stephen Gawking, Aewon Wolf & Nathan Blur

    11 Mins Read93 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • David Devo Oosthuizen on Mark Haze Unveils New Piano-Powered Ballad: “Walked On By”
    • Sheron on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Sharon Sibert on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • David Devo Oosthuizen on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.