Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
  • Contact Us
  • Privacy Policy
  • The SA Gig Guide
NetfloristOfferforge
Follow Us
  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok
  • WhatsApp
Facebook X (Twitter) Instagram
SA Music ZoneSA Music Zone
  • Contact Us
  • Privacy Policy
  • The SA Gig Guide
Subscribe
SA Music ZoneSA Music Zone
Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
Subscribe
Home»Music News»Vier Afrikaans se 100ste Verjaardag saam Die Vyftigers

Vier Afrikaans se 100ste Verjaardag saam Die Vyftigers

Henno KrugerBy Henno Kruger5 Mins Read Music News 23 ViewsJune 11, 2025
Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

Wie is Die Vyftigers? En wat beplan hulle om Afrikaanse se 100ste verjaardag te vier? Lees verder om meer uit te vind…

2025 is ’n jaar van mylpale: Afrikaans vier haar 100ste amptelike bestaansjaar, en vier van die taal se mees oorspronklike, geliefde kunstenaarseuns vier hul 50ste omwenteling om die son.

Die resultaat? ’n Onvergeetlike vertoning genaamd Die Vyftigers – ’n musikale viering van lewe, taal, stories en tyd.

Die Vyftigers

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen en Abel Kraamsaal – vier unieke stemme in die Afrikaanse musieklandskap – klim saam op een verhoog om hul liefde vir Afrikaans en hul eie halfeeu lange reis te eer. Dié produksie is eerlik, rou en reguit – vol liriek, lag, melodie en menswees.

Die idee vir Die Vyftigers het ontstaan tussen die appelboorde van Grabouw, by Gian Groen se 50ste verjaarsdagpartytjie. Tussen kitare, staalsnare en spontane samesyn, het Neil Sandilands die lig gesien: vier musikale vriende, almal besig om die 50-mylpaal te takseer, in dieselfde jaar wat Afrikaans 100 jaar oud word.

NetfloristOfferforge

Hierdie kreatiewe toeval kon eenvoudig nie geïgnoreer word nie – en met net een oproep na elk, was almal aan boord. Só is Die Vyftigers gebore – ’n unieke kruispunt tussen taal en tyd.

Elke kunstenaar bring sy eie storie, instrument en kleur na die verhoog. Tussen hul vier loopbane is daar meer as 200 jaar se kreatiewe gravitas – elke noot en elke sin deurdrenk met betekenis.

Ontmoet Die Vyftigers

Gian Groen: Bekend vir “Vier Seisoene Kind”, bring sy kenmerkende vingerkitaarstyl en rou stem.

Schalk Joubert: Met dekades se invloed in die musiekbedryf dien hy, met sy baskitaar, as musikale anker en ritmiese gom.

NetfloristOfferforge

Abel Kraamsaal: Terug op die verhoog ná jare in die korporatiewe wêreld en honger vir verhoogwerk. Hy bied vars insigte en kragtige lirieke.

Neil Sandilands: Die hofnar en visuele impresario – verbind die produksie met humor, sinisme en teater flair.

Die Vyftigers is nie net ’n musiekvertoning nie – dis ’n viering. Met liedjies uit elke kunstenaar se repertoire, asook nuwe werke wat spesiaal vir hierdie vertoning geskep is, neem hulle gehore op ’n reis deur persoonlike stories, taalgeskiedenis en tydlose klanke. Die vertoning is ten volle in Afrikaans – ’n danksegging aan die taal wat dit alles moontlik maak.

Of jy nou ’n aanhanger is van Afrikaanse musiek, van die kunstenaars self, of net op soek is na iets eg, diep en vermaaklik – hierdie vertoning is ’n moet-sien.

“Wat kry jy as jy vier duidelike persoonlikhede op een verhoog sit, wat elk ’n instrument bespeel, ’n ordentlike liriek kan pen en derms het wat brand? Sprankel ’n aweregse Afrikaanse woordeskat, sprinkel ’n titsel selfnegerende humorsin, ’n spatsel witblits, ’n slurpie Boere Zen en ’n draggie 50 jaar oue hardehout.” sê Neil Sandilands.

“Daar het jy dit. Die resep vir ’n aand se eersteklas vermaak: Die Vyftigers. Amper soos Trompie en die Boksombende. As ek dan nou Trompie is, en Gian is Rooies, Abel is Dawie, Briers Coetzee (ons klankingenieur wat ook kan cajon speel) is Blikkies, dan is Schalk mos Boesman die brak.” sê hy.

Moet dit nie misloop nie: een jaar, een taal, vier verjaarsdae, een verhoog. ’n Seldsame belyning van sterre, musiek en moedertaal. Die Vyftigers is ’n kultuurgebeurtenis.

Bespreek jou sitplek vir Die Vyftigers!

  • Donderdag, 10 Julie 2025 – Die Koelkamers, Paternoster – Kry kaartjies HIER
  • Vrydag, 11 Julie 2025 – Daisy Jones Bar, Stellenbosch – Kry kaartjies HIER
  • Sondag, 13 Julie 2025 – The Drama Factory, Strand – Kry kaartjies HIER
  • Donderdag, 31 Julie 2025 – The Music Kitchen, Gqeberha (Port Elizabeth) – Kry kaartjies HIER
  • Saterdag, 2 Augustus 2025 – St Francis Brewing, St Francisbaai – Kry kaartjies HIER
  • Sondag, 3 Augustus 2025 – Fancourt, George – Kry kaartjies HIER
  • Vrydag, 8 Augustus 2025 – Reed Valley, Mosselbaai – Kry kaartjies HIER
  • Saterdag, 9 Augustus 2025 – Kalfiefees, Hermanus – Kry kaartjies HIER
  • Sondag, 10 Augustus 2025 – The Alma Cafe, Kaapstad – Kry kaartjies via bookings@almacafe.co.za
  • Woensdag, 20 Augustus 2025 – Cafe Barcelona, Colbyn Pretoria – Kry kaartjies via info@cafebarcelona.co.za / WhatsApp 082 458 9342
  • Donderdag, 21 Augustus 2025 – Afriforum Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER
  • Vrydag, 22 Augustus 2025 – Afriforum Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER
  • Donderdag, 18 September 2025 – Aasvoëlklub, Bloemfontein Kry kaartjies via vultureclubevents@gmail.com / WhatsApp 084 559 8991
  • Vrydag, 19 September 2025 – Melkkan, Welkom – Kry kaartjies via silevera@gmail.com / WhatsApp 084 517 4699
  • Saterdag, 20 September 2025 – Lake Umuzi Fees, Secunda – Kry kaartjies via HIER
  • Sondag, 21 September 2025 – Pierneefteater, Pretoria – Kry kaartjies via info@pierneefteater.co.za / WhatsApp 072 460 5568
  • Woensdag, 24 September 2025 – Ettienne Rosseau Teater, Sasolburg – Kry kaartjies via https://ertickets.com
  • Donderdag, 25 September 2025 – Yoons, Witrivier – Kry kaartjies via info@yoonseatery.co.za / www.yoonseatery.co.za / Skakel 063 478 6846
  • Vrydag, 26 September 2025 – Centurion Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER
  • Saterdag, 27 September 2025 – Loopstraat, Potchefstroom – Kry kaartjies via looptherestaurant@gmail.com / WhatsApp 082 571 8557
  • Sondag, 28 September 2025 – Matinee, Centurion Teater, Pretoria – Kry kaartjies HIER

Vir meer inligting, kliek hier: https://linktr.ee/DieVyftigers

Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

Related Content:

  • Die Skynmaagde vier die aakligheid van grootmens-wees
  • Gian Groen & Jan Blohm Sing “Vollebors” in Afrikaans
  • Vier 60 jaar van Virginia Lee se album ‘Boerenooientjie’
  • Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees Vier 20 Jaar

Like what you do? Buy us a coffee to enable us to bring your more content like this.

Want to stay in the loop with all things SA Music? Get in the Zone!

GET IN THE ZONE!

Subscribe to our newsletter

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

Want to discover fresh music? Follow check out editor's playlists on Spotify or YouTube.

Other News

Loading posts...
Abel Kraamsaal Afrikaans Die Vyftigers Gian Groen Neil Sandilands Schalk Joubert South Africa
Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
Previous ArticleUndertone Releases New Single: “Don’t Ask”
Next Article Pinwheel Valley Release New Single: “Werewolf”
Henno Kruger
  • X (Twitter)
  • Instagram

Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

Leave A Reply Cancel Reply

NetfloristOfferforge
Afrikaanse Artikels
Neville D
April 10, 2026

Neville D Reik “Jy Gaan Nog Altyd Wen” Uit

2 Mins Read12 Views
Nicholis Louw
April 1, 2026

Nicholis Louw vier liefde en eenvoud met “Ek En Jy”

4 Mins Read17 Views
Brandon Miles
March 31, 2026

Brandon Miles Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “DNA”

3 Mins Read7 Views
Kategoriëe
Ander Artikels
GAZ
April 17, 2026

GAZ Releases Powerful New Single: “Moving On”

4 Mins Read32 Views
Kitty Amor
April 15, 2026

Kitty Amor Promises Deeply Rooted Audio Journey at ULTRA

4 Mins Read24 Views
Teddy Swims
April 14, 2026

Teddy Swims Releases New Single: “Mr. Know It All”

3 Mins Read13 Views
Goeters Om Te Doen
Kunstenaar Profiele
Sheron

Sheron

Jack Atlantic

Jack Atlantic

Ruff Majik

Ruff Majik

NetfloristOfferforge
"Featured" Artikels
The Black Cat Bones
May 2, 2025

The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

3 Mins Read53 Views
Robbie Wessels en Francois Van Coke
June 27, 2025

Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

3 Mins Read48 Views
Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
August 5, 2025

Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

2 Mins Read26 Views
Follow SA Music Zone
  • Facebook
  • Twitter
  • Instagram
  • YouTube
  • TikTok
  • WhatsApp
  • Spotify
Recent Comments
  • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
  • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
  • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
  • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
  • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
  • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
Subscribe to Our Newsletter

GET IN THE ZONE!

Subscribe to our newsletter

Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
© 2026 SA Music Zone

Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.