Die Skynmaagde het ná ‘n hele paar jaar se stilte ‘n nuwe EP uitgereik, genaamd Nou met ekstra eensaamheid!. Die EP het in middel-2022 verskyn en onmiddellik aandag getrek met die tong-in-die-kies lirieke en treffende, diverse musiek in die liedere.
Een van die groot treffers was “Dis lekker om ‘n grootmens te wees”, wat terugverlang na jongmens-dae sonder verantwoordelikhede en spertye. Henry Cloete het dit toe op homself geneem om ‘n musiekvideo vir die lied te maak, wat vroeg in 2023 gepubliseer is.
Henry Cloete vertel ons oor Die Skynmaagde se video vir “Dis lekker om ‘n grootmens te wees”
“Ek is besig om myself animasie te leer, al kan ek nie eintlik teken nie, en ek geniet dit moerse baie, Die musiekvideo het vir seker ‘n paar amateur-tekens in, maar dis lekker om te leer met ‘n projek soos dit, en ‘n paar ekstra visuele “storie-elemente” tot die liedjie te voeg.”
Kyk die video vir “Dis lekker om ‘n grootmens te wees” hier onder:
Hierdie is ‘n lekker liedjie. Dit maak dit sommer lekker om ‘n grootmens te wees. No Pun Intended.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter or if you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide.
If you like what we do and you want to support us, feel free to buy us a coffee!
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Living in South Africa and looking for a new smartphone? Check out Mondo Mobile - They partner with major networks to offer competitive deals, making it easy to find affordable options for your connectivity needs.