Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Van Der Aven reik “Slaap Jy Al” musiekvideo uit

    Van Der Aven reik “Slaap Jy Al” musiekvideo uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 27 ViewsMarch 3, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die gewilde groep Van Der Aven het pas `n video uitgereik vir die tweede enkelsnit vanaf hul debuut EP (Van Der Aven) wat einde 2022 uitgereik is. Die liedjie “Slaap Jy Al” word tans op radio-speellyste gelaai en kry nou ook ’n nuwe baadjie met die uitreiking van ’n musiekvideo.

    NetfloristOfferforge

    “Slaap Jy Al” bespreek die idee van onsekerheid en miskommunikasie in verhoudings en verteenwoordig Van Der Aven se groei na `n meer alternatiewe rock klank.

    Slaap Jy Al volg kort op die hakke van die groep se debuut-liedjie, ’n oorspronklike verwerking van die gedig Heimwee wat deur JRL van Bruggen geskryf is. “Heimwee” speel tans op stasies landwyd insluitende RSG, Jacaranda FM, Bok Radio, Groot FM en vele meer.

    Van Der Aven

    “Slaap Jy Al” is die eerste enkelsnit van Van Der Aven waar hul eie oorspronklike lirieke tentoongestel word. Die EP was opgeneem by Sunset Recording Studios net buite Stellenbosch met die hulp van die bekende musiekregisseur Jürgen von Wechmar.

    Roelof van der Merwe van Van Der Aven vertel ons meer oor “Slaap Jy Al”

    “Slaap Jy Al is een van ons gunsteling songs om op te tree vir gehore, want ons kan sien en hoor hoe mense hulself meeleef en verloor in die musiek.  Die lied vertel die storie van kwesbaarheid, onsekerheid en twyfel en kom vra dan die vrae: leef ons bymekaar verby of hoe naby is ons daaraan om mekaar te verloor?”

    Van Der Aven - Slaap Jy Al

    “Slaap Jy Al” se musiekvideo het Hugo Brand, (hy het ook die groep se debuut- musiekvideo geskiet) weereens sy rol as videograaf ingeneem saam met SW Strauss as vervaardiger.

    Brand en Strauss het al voorheen saam gewerk op film en televisie produksies, maar hierdie is die eerste musiekvideo wat hulle saam aangepak het. Die akteurs Lara Hattingh en Len- Barry Simons speel die paartjie in die video.

    SW Strauss vertel ons meer oor “Slaap Jy Al” se musiekvideo

    “Die konsep van die video was om ’n troebel verhouding en die verskillende fases daarvan vas te vang op unieke en abnormale maniere.  Dit was regtig ’n baie lekker ondervinding om saam met Van Der Aven te werk!”

    Kyk die musiekvideo hier onder:

    featured event

    Meer inligting oor Van Der Aven

    Van Der Aven is ’n onafhanklike alternatiewe rock groep wat bestaan uit drie lede, naamlik Roelof van der Merwe (skrywer, sanger en kitaarspeler), Theunis van der Merwe (sanger en baskitaarspeler) en Paul Avenant (sanger en tromspeler).

    Die naam Van Der Aven is ’n samestelling van die lede se vanne.  Al drie lede is Karoolinge met Paul wat vanaf Murraysburg afkomsig is en die twee broers vanaf Beaufort Wes.

    Van Der Aven is in 2020 aangewys as die wenners van Band Or Bust by die 2020 US Woordfees en het al die geleentheid gehad om die verhoog te deel met kunstenaars soos Elvis Blue, Francois van Coke, Arno Carstens, Droomsindroom, Glaskas en Spoegwolf.

    Van Der Aven speel by die Feesterrein Musiekverhoog by KKNK op Saterdag 1 April (13:00) en Sondag 2 April (12:00).

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Van Der Aven Reik Eerste Afrikaanse snit “Heimwee” Uit
    • Christof van der Berg reik moderne “Suikerbossie” uit
    • Natasha Van Der Merwe Reik Debuut Enkelsnit Uit
    • Werner Van Der Hoven Reik Debuut Enkelsnit Uit: “Wynland”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Slaap Jy Al South Africa Van Der Aven
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleObi Sanaa Generates Visual Love Poem for Africa via AI
    Next Article Neil Nachtrein Reik “Voer My Vir Die Berge” Uit
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Gregory Porter

    Gregory Porter: November 2025 SA Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kunstenaar Profiele
    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    Majozi

    Majozi

    Sheron

    Sheron

    Leigh Avenue
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    Onlogies and TomyV
    January 24, 2024

    An Interview With Onlogies and TomyV

    11 Mins Read60 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.