Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Stiaan Reynierse vier `n belangrike mylpaal met “Sewe”

    Stiaan Reynierse vier `n belangrike mylpaal met “Sewe”

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 20 ViewsDecember 17, 2025
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Kort ná die wêreldwye lof wat Christian John se Engelse enkelsnit “Fight Fire with a Flame” ontvang het, keer Stiaan Reynierse terug met nóg ’n kragtige Afrikaanse vrystelling. Hierdie keer is dit ’n lied wat nie net ’n volle jaar van soberheid vier nie, maar ook ’n hoopvolle boodskap uitstuur aan almal wat steeds teen enige vorm van verslawing veg.

    NetfloristOfferforge

    Sy nuwe enkelsnit, “Sewe”, is ’n gespierde mengsel van rou Afrikaanse rock en eerlike, snydende lirieke. Anders as die gebruiklike Vrydagvrystellings, het dié lied doelbewus midweek verskyn, presies op die datum waarop Stiaan Reynierse twaalf maande tevore besluit het om sy kettings te breek.

    Christian John

    Hoewel hy tans internasionaal onder sy geboortenaam, Christian John, skryf en werk, kies hy om “Sewe” doelbewus as Stiaan Reynierse uit te reik. Vir hom dra dié naam ’n geskiedenis wat direk met die tema van slawerny en vrywording verband hou. Die keuse beklemtoon die simboliek van die lied en die reis waaruit dit gebore is.

    Die titel “Sewe” dra ’n dubbele betekenis. Dit verwys na die Bybelse beeld van die “sewe ander” wat ’n leë huis of gees inneem, maar ook na sewe as die volmaakte getal. Hierdie kontras vorm die hart van die lied: dit is gelyktydig ’n waarskuwing en ’n uitnodiging tot bevryding. Die metafore is sterk, beeldend en verrassend eenvoudig, wat die boodskap des te kragtiger maak.

    Stiaan Reynierse beskryf die lied as ’n persoonlike oorwinningskreet. Ná jare van selfvernietiging en vlug van die werklikheid, verteenwoordig “Sewe” vir hom nie net bevryding nie, maar ook dankbaarheid. Dit is ’n verklaring van oorlog teen die leuens wat hom gevange gehou het en ’n viering van die vryheid wat volg wanneer daardie siklus verbreek word.

    Afrikaanse rock is ’n veeleisende genre, en om dit te gebruik as draer van ’n diep positiewe boodskap verg besondere vernuf. Met “Sewe” slaag Reynierse daarin om die donker kant van verslawing eerlik te ontbloot, terwyl hy terselfdertyd die lig van herstel en hoop helder laat skyn. Hy span weereens kragte saam met skrywer Francis Grobler en vervaardiger Pierre Rossouw, beter bekend as Pierre Papsak.

    Die lied is reguit en onverskrokke. Dit spreek nie net die verwoestende gevolge van verslawing aan nie, maar ook die bevrydende smaak van vrywording. “Sewe” ontvou soos ’n spanningsverhaal van ’n voormalige slaaf op pad na oorwinning, ’n reis wat klip vir klip oor berge van weerstand beweeg.

    Meer inligting oor Stiaan Reynierse

    Christian John Reynierse is in Middelburg, Mpumalanga, gebore en het reeds op jong ouderdom sy musikale talent gewys as lid van die Mpumalanga Prestige koor en orkes. In 2016 debuteer hy met sy eerste album Sonde, wat hom vinnig nasionale aandag besorg. Sy vertolking van “Voshaarnooi” in die rolprent Ballade vir ʼn Enkeling versterk sy profiel verder, gevolg deur opspraakwekkende optredes, insluitend ’n Pearl Jam huldeblykvertoning in 2018.

    Na verskeie enkelsnitte verskyn sy album Anderkant die Reën in 2024. Sy kreatiewe reis lei later tot die Engelse enkelsnit “Fight Fire with a Flame” onder die naam Christian John. Kort daarna volg “Sewe”, ’n Afrikaanse rocklied wat as Stiaan Reynierse uitgereik word en ’n volle jaar van soberheid merk.

    Express VPN

    Stroom “Sewe” HIER.

    Kyk die musiekvideo hier onder:

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Stiaan Reynierse reik nuwe album uit: “Anderkant die Reën”
    • Arno Carstens Reik Nuwe EP Uit: “Sewe Sakke Hoop”
    • Die Skynmaagde vier die aakligheid van grootmens-wees
    • Vier 60 jaar van Virginia Lee se album ‘Boerenooientjie’

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Christian John Sewe South Africa Stiaan Reynierse
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleJairic Releases New EP: “n=40”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Vrede
    December 15, 2025

    Vrede Bring ‘n Nuwe Enkelsnit “Huistoe”

    3 Mins Read21 Views
    Deon Meiring
    December 10, 2025

    Deon Meiring Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Weer Wild”

    3 Mins Read9 Views
    Neil Nachtrein
    December 9, 2025

    Neil Nachtrein Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Asem In”

    3 Mins Read18 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Jairic
    December 17, 2025

    Jairic Releases New EP: “n=40”

    2 Mins Read24 Views
    SaxbyTwins Featured
    December 15, 2025

    SaxbyTwins Release New Single: “You’ll Find The Light”

    2 Mins Read18 Views
    SAMA31
    December 15, 2025

    SAMA31 Winners: The Complete List

    5 Mins Read62 Views
    Goeters Om Te Doen
    AmaGroove 2026

    AmaGroove: 22-29 March 2026

    Kirtstenbosch - Mango Groove

    Mango Groove & The Billy Joel Experience: 31 December 2025

    P+A+G+E+S

    P+A+G+E+S Album Launch Show: 7 February 2026

    Tunde from Lighthouse Family Profile

    Tunde from Lighthouse Family: February 2026 SA Tour

    Sannie Fox

    Sannie Fox: December 2025 Tour

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    Kunstenaar Profiele
    Majozi

    Majozi

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Michael Ferguson
    December 9, 2025

    An Interview with Michael Ferguson

    7 Mins Read53 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read32 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read46 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Future Radio Releases New Single: “It’s Not Over”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Jackson Colt on Jackson Colt Releases New Single: “Van Helsing”
    • Devographic Music Agency on Eva Morgan and Stephen Gawking Release “Bubblegum Milkshake”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.