Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»“Spoor”(Angie oeh se laaste opgeneemde lirieke) vrygestel

    “Spoor”(Angie oeh se laaste opgeneemde lirieke) vrygestel

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 77 ViewsSeptember 12, 2023
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Angie oeh se laaste opname ‘Spoor’ is deur Peach van Pletzen by Planet Awesome opgeneem minder as twee weke voordat sy haar stryd teen kanker verloor het. Hierdie snit word as twee weergawes vrygestel in ‘n kortspeler getiteld Vir Angie.

    NetfloristOfferforge

    Die snit ‘Vir Angie’ is ‘n samewerking met Van Pletzen en ‘Spoor’ is die alleenstaande Angie oeh-enkelsnit. Die laaste lirieke wat sy opgeneem het is “ons lewe is net ‘n spoor”, wat waar is van Angie se kort lewe op aarde en in die musiekbedryf. In van haar voice notes aan Peach het sy gesê dat dit haar “beste werk nog is”.

    Angie oeh en Peach Van Pletzen

    Angie en Peach was in die laaste twee maande voor haar sterfte besig om saam te werk aan musiek vir ‘n nuwe Afrikaanse reeks op Showmax wat op ‘n latere datum uitgesaai sal word.

    Untitled Artwork

    Peach Van Pletzen vertel ons hoe dit was om saam met Angie oeh te werk

    “Ons albei het die proses baie geniet, en alhoewel sy baie siek was (sy het gedink dis longontsteking) het sy nooit studio sessies gemis nie.  Sy het ook langs my gesit en record en nie in die booth soos in die verlede nie. Sy was geditermineerd en het aangedring om te werk.”

    “Ek het meer van die regte Angie begin sien en hoor in haar vocals en lirieke en minder van Angie oeh. Dit was asof die buffer van die projek haar op ‘n manier bevry het van haar eie idees rondom “Angie oeh” en sy haar ware self en met ‘n rouheid, eerlikheid en opregte diepte kon channel.”

    Peach van Pletzen het oorspronklik die musiek vir ‘Spoor’ geskep toe hy 24 was. Nadat hy gesukkel het om ‘n melodie te skryf wat by die musiek pas, het hy die musiek aan die 24-jarige Angie oeh oorhandig en sy het die refrein geskryf en opgeneem op ‘n 14 jaar oue snit.

    Peach Van Pletzen vertel ons meer hieroor

    “14 Jaar later het Angie op dit kom sing.  Sy was ook 24 jaar oud. ‘n Feit wat eers na my occur het toe ek die aand van 19 Augustus huis toe ry vanaf af die hospitaal af na sy oorlede is.”

    Die oggend na Oeh se heengaan op 19 Augustus het Van Pletzen teruggegaan na Planet Awesome en ‘n huldeblyk aan Angie op ‘Spoor’ opgeneem en dit as ‘Vir Angie’ getitel.

    Hierdie samewerking is ‘n diep en persoonlike uitdrukking van Van Pletzen se verlies nadat hy aan Oeh se sy was ten tyde van haar heengaan. Die twee het saam aan Angie se kortspelers, Sex in Afrikaans en Mooiste Meisies gewerk en het sedertdien goeie vriende geword.

    NetfloristOfferforge

    Van Pletzen verklaar dat Angie anders in die studio was voor haar heengaan. Sy was meer selfversekerd in haar benadering en minder krities oor haar eie musiek as wat sy in die verlede was.

    Daar is baie kwesbaarheid in om ‘Spoor’ met die publiek te deel. Die snit is geskep deur twee goeie vriende in ‘n liefdevolle ruimte, met musiek wat albei kunstenaars in hul 24ste jaar geskep het. Baie jare se lewe en ervaring het in hierdie finale Angie oeh-projek ingegaan en albei kunstenaars was trots en opgewonde om ‘Spoor’ vry te stel.

    Oeh en Van Pletzen het reeds saamgewerk voor haar eerste kankerverwante operasie in 2022. Ten tyde van die opname van ‘Spoor’ is daar steeds aangeneem dat Angie oeh longontsteking gehad het. Haar diagnoses van stadium 4 longkanker is gemaak ses dae ná haar laaste opname by Planet Awesome.

    Albei snitte word as ‘n huldeblyk tot Angie oeh vrygestel en ook as ‘n geskenk aan haar familie, vriende en aanhangers.

    Kyk die “Vir Angie” liriekevideo hier onder:

    Jy kan die Vir Angie EP HIER stroom / aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Angie oeh ryk debut EP uit: “Sex in Afrikaans”
    • Angie oeh reik nuwe enkelsnit uit: “M.O”
    • Angie oeh Het Jou Hulp Dringend Nodig!
    • Angie oeh leef voort met 14 nuwe liedjies en ’n musiekvideo

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Other News

    Loading posts...
    Afrikaans Angie oeh Peach van Pletzen South Africa Spoor Vir Angie
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleBeatenberg Release New Single: “Don’t Call Her Over To You”
    Next Article Idaho’s Ghorot Unleash Haunting New Video & Track
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read10 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    ParkLive Festival 2025

    ParkLive Festival: 18 October 2025

    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Up The Creek Festival

    Up The Creek Festival 2026

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Kunstenaar Profiele
    Sheron

    Sheron

    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Francois Van Coke 2 Francois van Coke

    Francois van Coke

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Robbie Wessels en Francois Van Coke
    June 27, 2025

    Francois van Coke & Robbie Wessels Reik “Bokbefok” Uit

    3 Mins Read32 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read44 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.