Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    NetfloristOfferforge
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music News»Posduif se Nuwe Musiek Versprei Soos ‘n Veldbrand

    Posduif se Nuwe Musiek Versprei Soos ‘n Veldbrand

    Henno KrugerBy Henno Kruger4 Mins Read Music News 64 ViewsApril 9, 2024
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    Die lang wag is uiteindelik verby, want die gewilde musiekgroep, Posduif, is terug in die kollig met ’n vuurwarm enkelsnit en splinternuwe album wat aanhangers se grootste verwagtinge gaan oortref.

    NetfloristOfferforge

    Hulle nuutste treffer, “Brandstigter”, uit die pen van James Boland en Nick Jordaan, beloof om die vonke behoorlik te laat spat en is reeds besig om soos ’n veldbrand onder musiekliefhebbers te versprei.

    Posduif - Brandstigter

    “Dit is ’n Bonnie en Clyde-storie oor passie, jong liefde en om jouself in die oomblik van verlief wees te verloor,” verduidelik Boland. “Dit is daardie gevoel wanneer jy iemand ontmoet wat jou hele wêreld verander, daardie een persoon wat die vuur in jou aansteek, jou brandstigter.”

    Die groep glo dat die liedjie by luisteraars sal aanklank vind omdat dit opgewek is en omdat die passie daarvan in die musiek en melodie gevoel kan word.

    “As jy verlief is of al verlief was, of droom van ’n wilde liefde wat jou wil laat uitskree, as jy weet of wil weet hoe dit voel om jouself in iemand te verloor en waar julle al die reëls wil breek, dan is hierdie liedjie vir jou,” verduidelik hulle.

    “Brandstigter” is ook die titelsnit van Posduif se splinternuwe album wat deur Brendan Campbell vervaardig is. Die enkelsnit is aanduidend van die aard van die res van die album – lewendig, energiek, passievol – en vang die groep se gevoel oor die album vas.

    “Elkeen van ons leef met passie en gee alles. Ons het “Brandstigter” as die titelsnit en eerste enkelsnit gekies want dit is ’n liedjie wat daardie gees vasvang, een wat ons kliphard wil speel, en met ’n liefdesverhaal wat ons wil hê almal moet ervaar,” verduidelik Boland. 

    Hy voeg by: “Die album is ’n kombinasie van lewendige, energieke musiek wat stories vertel oor groot kuier, wilde liefde, passievol verlief wees en ’n voetfout. Dit is oor laat kuier, heelnag dans, vure, vriende en groot gaan. Dan is daar omgee, familie, jou hart se diepste geheime en liefde vir jou kinders. Dit is nege liedjies wat jou op ’n rit vat en elkeen is ’n storie – jy moet na almal luister om die volle verhaal te ervaar.”

    Volgens Boland het dit die groep sowat ’n jaar gevat om die album te voltooi. “Dit was ’n lekker album om aan te werk en ons het elke deel geniet. Skryf is ’n ongelooflike proses waar jy ’n stukkie van jou lewe kan deel, terwyl die produksie en opname kreatief en opwindend is.”

    Express VPN

    Alhoewel meeste van die snitte deur Boland en Jordaan geskryf is, het hulle ook nou saam met die res van die groeplede, Nate Woodman, Marc Brendan en Don Kelly (“Lang Storie Kort”) gewerk.

    Kyk die liriekvideo vir “Branstigter” hier onder:

    Meer inligting oor Posduif

    Posduif is in 2018 gestig en het hulle debuut gemaak met die liedjie “Brandy Special”, wat meer as 400 000 trefslae op sosiale media gehad het.

    Sedertdien, het hulle verskeie ander treffers vrygestel en is hulle deur Bok Radio benoem as Groep van die Jaar en vir Liedjie van die Jaar. Hulle vorige album, Niks Vergelyk, het in 2022 die SAMA gewen vir beste pop-album.

    Die groep bestaan uit Boland (hoofsanger en kitaarspeler), Jordaan (ritmekitaarspeler en sanger), Amiel Gopal (baskitaarspeler), Campbell (vervaardiger en hoofkitaarspeler) en Nick McCreadie op die dromme.

    Met die vrystelling van hulle nuwe album sien hulle daarna uit om soveel as moontlik op te tree, met twee toere – een langs die kus af en een in Namibië – op die kaarte. Hulle werk ook aan twee musiekvideo’s.

    “Ons is so opgewonde om hierdie nuwe album met mense te deel en weer ons stories te vertel,” sê Boland oor Brandstigter. “Ons is ongelooflik dankbaar dat ons musiek tot dusver so goed ontvang is en hoop mense geniet die nuwe album.”

    Posduif het ook hulle nuwe album met n vuurwarm luistersessie aan uitgesoekte gaste en media bekendgestel op 3 April by Whisk Wine Bar in Centurion.

    Posduif

    Onder die gaste was bekendes soos Hugo Ludik, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Bartlo, Mack Rapapali, Albert Bredenhann, Nastassja Ras, Rowan Zerf, Charlize Berg, Stephan van Huysteen, Diaan Daniels, Luan Jacobs, Annelie Bouwer, Eloff, Cobus Visser, Hildegard Havenga en vele meer wat die groep kom ondersteun het.

    Jy kan Brandstigter HIER / stroom of aflaai.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music News kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Posduif Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Houer Van Jou Geheim”
    • Deon Meiring Stel Nuwe Enkelsnit Vry: “Soos ‘n Spinnerak”
    • Babette Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Net Soos Jy Is”
    • Lukraaketaar: Nuwe Musiek 14 Jaar Later

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Brandstigter Posduif South Africa
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleEmpire of the Sun Release New Single: “Changes”
    Next Article Sakawa Boys Release New Single: “Out Of The Dark”
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    NetfloristOfferforge
    Afrikaanse Artikels
    Janco Dreyer
    November 7, 2025

    Janco Dreyer Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Tornado”

    3 Mins Read15 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read16 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Swimmer
    November 11, 2025

    Swimmer Returns with New Single: “Waterbodies”

    3 Mins Read20 Views
    Charlie Harris
    November 10, 2025

    Charlie Harris Embraces The Present With “All I Have Is Now”

    3 Mins Read17 Views
    DJ Yumbs
    November 10, 2025

    DJ Yumbs Releases New EP: “Imbewu”

    3 Mins Read11 Views
    Goeters Om Te Doen
    Collen Maluleke

    Collen Maluleke – A Decade Of “Open Heavens”: 28 Nov 2025

    Bryan Adams - South African Tour in 2026

    Bryan Adams April 2026 South African Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 SA Tour

    Ndlovu Youth Choir 2026 Tour

    The Corrs

    The Corrs: November 2025 South African Tour

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Kunstenaar Profiele
    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    Ruff Majik

    Ruff Majik

    Majozi

    Majozi

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Cindy-Louise Interview
    February 8, 2024

    An Interview With Cindy-Louise

    7 Mins Read45 Views
    The Black Cat Bones
    May 2, 2025

    The Black Cat Bones Return With “Something That You Said”

    3 Mins Read42 Views
    Henry Ate - Karma-Ann Swanepoel
    March 28, 2024

    Henry Ate release first new single in 22 years

    7 Mins Read111 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Devographic Music Agency on Gareth Haze Releases New Single: “Stars”
    • Devographic Music Agency on Cindy-Louise Releases New Single: “Obsession”
    • Devographic Music Agency on Dylan Tori Releases “Wish You Were Here”
    • David Devo Oosthuizen on Mark Haze Unveils New Piano-Powered Ballad: “Walked On By”
    • Sheron on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    • Sharon Sibert on Sheron Releases New Single: “It Gets Better”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.