Close Menu
SA Music ZoneSA Music Zone
    Leigh Avenue
    Follow Us
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    Facebook X (Twitter) Instagram
    SA Music ZoneSA Music Zone
    • Home
    • Categories
      • Music News
      • Music Videos
      • Interviews
    • Featured Articles
    • Upcoming Events
    • The SA Gig Guide
    • Artist/Band/Group Profiles
    • Privacy Policy
    • Contact Us
    Subscribe
    SA Music ZoneSA Music Zone
    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok WhatsApp YouTube
    Subscribe
    Home»Music Videos»Petronel Baard Reik “Sterredak Heelal” Video Uit

    Petronel Baard Reik “Sterredak Heelal” Video Uit

    Henno KrugerBy Henno Kruger3 Mins Read Music Videos 53 ViewsDecember 5, 2022
    Share Facebook Twitter WhatsApp Copy Link

    ‘Sterredak Heelal’, wat op 18 November in die kollig was, is die 3de Desember 2022 opgevolg met ‘n hartverblydende musiekvideo.

    NetfloristOfferforge

    Die storie in die musiekvideo vertel ‘n verhaal van hoe twee sielsgenote mekaar vind en deur die jare iets besonders skep – op dieselfde tema soos dié van die oorsprong van die liedjie, wat terug strek na 23 Desember 2021, toe Petronel Baard en Helena Marais vir die eerste keer paaie gekruis het per toeval en die twee verwante geeste iets besonders mooi saam geskep het.

    Petronel Baard - Sterredak Heelal

    Petronel Baard vertel ons meer oor die musiekvideo vir “Sterredak Heelal”

    “Die musiekvideo is geskiet in Klein-Brakrivier – waarlik dié lekkerste projek met die mees uiteenlopende, kreatiewe mense saam! Aan ons ander talente, Anrich Herbst, Erica Wessels, Wilmar en Annalie Marais – baie dankie vir jul pragtige toneelspel en geesdrif!”

    “Verdere dankies aan Loki Rothman by Rothman Records vir die klankvermenging en vervaardiging van die lied, John Rogers al die pad in die VSA vir die meester van die klank, Efpe Senekal  vir die musiekvideo se maak, Mordegai’s Photography vir die ongelooflike foto’s en Reach Creative vir die grafiese ontwerp.”

    “Baie dankie ook aan Spin City Publicity wat ons publisiteit en bemarking behartig. Laaste maar nie die minste nie, dankie vir almal se liefde en ondersteuning deur die loop van die projek – vir julle is ons bitter dankbaar!”

    Die enkelsnit se musiekvideo is amptelik op 3 Desember uitgesaai op ‘n eksklusiewe premiere tydens KykNet se Ontbytsake program en ook vrygestel op Petronel Baard se YouTube kanaal.

    Petronel Baard vertel ons hoe “Sterredak Heelal” gebeur het

    “In 2022 se begin het ek gebid vir nuwe vlerke, musiek uit iemand anders se pen waar ek ‘n slag my pen kon neerlê en net my sangtalent kan uitleef. Die volgende dag bel Helena Marais my, met haar liedjie ‘Sterredak Heelal’ wat toe nog ‘n ander naam gehad het. Ek was mal daaroor, het dit aangeleer en so het ons begin gestalte gee aan hierdie pragtige produk wat so stukkie van ons altwee se siele simboliseer.”

    Petronel Baard - Sterredak Heelal

    “Uiteraard het hierdie ‘n gesamentlike projek en produksie geword waarby ons albei nou betrokke is by élke stap en wat gebore is, is niks minder as besonders nie. Van die konsepsualisering van die opname self, opname proses, wie ons betrek, die video, vrystelling, elke fyn detail, is in pragtige aanvullende samewerking gedoen met die ongeveinsde sinirgie wat net Goddelike inspirasie kan bring. Kunswerke van die lewe en my voorreg om mee te werk, dankie Helena!”

    Helena Marais vertel ons meer van “Sterredak Heelal”

    “‘Sterredak Heelal’ is ‘n viering van die siklus van die lewe – vanaf die verwondering vir die wêreld as kind, tot die ontnugtering wat almal op ‘n latere stadium ervaar. Die lewe is kort en báie korter as wat ons dink, moet dus nie dat teleurstellings jou onderkry nie – sien dit eerder as ‘n leerkurwe en iets wat ons kan help om die goed en mooi op ons paaie soveel meer te waardeer.”

    NetfloristOfferforge

    “Ek het destyds besef dat ek ‘n liedjie gehad het wat in my laai lê en so het ‘Sterredak Heelal’ gestalte gekry die dag toe ek Petronel vir die eerste keer ontmoet het. Baie dankie Petronel Baard vir hierdie avontuur – ek kon nie gevra het vir iemand meer perfek om hierdie liedjie vlerke te gee nie!”

    Die lewe is bittersoet onder hierdie “Sterredak Heelal” – daarom vier ons alles wat mooi en eg is saam met alles wat ons is.

    Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.

    Related Content:

    • Petronel Baard & Johan Liebenberg reik “Mag Jy” Video Uit
    • “Gelukwaarts”, Die Nuwe Petronel Baard Enkelsnit is Hier
    • Hendre Baard reik nuwe enkelsnit uit: “Het Jou Nodig”
    • Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    To stay in the loop with all things SA Music, Subscribe to our newsletter.

    Looking for something to do? Check out our Upcoming Events section or the SA Gig Guide.

    Want to explore the SA Music Scene? Check out our Artist/Band/Group Profiles section.

    Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify.

    Get Factual

    Loading posts...
    Afrikaans Petronel Baard South Africa Sterredak Heelal
    Follow us on TikTok Follow us on WhatsApp Follow us on YouTube
    Share. Facebook Twitter WhatsApp Copy Link
    Previous ArticleCatch Lee Cole Live This December
    Next Article Jack Parow & Angie oeh se “Meisies & Partytjies” Musiekvideo is hier
    Henno Kruger
    • X (Twitter)
    • Instagram

    Founder and owner of Running Wolf's Rant, Interesting Facts and SA Music Zone.

    Leave A Reply Cancel Reply

    Leigh Avenue
    Afrikaanse Artikels
    Jaakie
    October 11, 2025

    ‘n Onderhoud met Jaakie

    5 Mins Read7 Views
    Christiaan Baartman
    September 20, 2025

    Christiaan Baartman Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Somernagte”

    2 Mins Read12 Views
    Hendre Baard
    September 18, 2025

    Hendré Baard Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “8 Jaar”

    3 Mins Read15 Views
    Kategoriëe
    Ander Artikels
    Locnville
    October 13, 2025

    Locnville Return With New Single: “Show Me Love”

    3 Mins Read11 Views
    Keanan Eksteen
    October 13, 2025

    Keanan Eksteen Ignites with New Single: “Risk It All”

    2 Mins Read21 Views
    David Derman
    October 10, 2025

    David Derman Releases New Single: “I Know You”

    3 Mins Read17 Views
    Goeters Om Te Doen
    Babyface @ All White Soul Sessions

    Babyface @ All White Soul Sessions: December 2025

    Calum Scott Live

    Calum Scott: January 2026 South African Tour

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts

    Kirstenbosch Summer Sunset Concerts 2025/2026

    Prime Circle 25 Years Featured

    25 Years of Prime Circle – 6 December 2025

    Kerry Anne Allerston The Hangout Legends Fest 1 The Hangout Legends Fest - 25 October 2025

    The Hangout Legends Fest – 25 October 2025

    Oskido

    Oskido’s Big Day Out: 29 November 2025

    Kunstenaar Profiele
    Cindy-Louise

    Cindy-Louise

    Sheron

    Sheron

    Jack Parow Dans Dans Dans

    Jack Parow

    NetfloristOfferforge
    "Featured" Artikels
    Pierre Greeff - Liefde By Die Dam 2025
    August 5, 2025

    Liefde by die Dam 2025 Was Een vir die Boeke

    2 Mins Read12 Views
    Gareth Haze
    May 13, 2025

    An Interview With Gareth Haze

    8 Mins Read21 Views
    Basson Laas
    July 30, 2025

    An Interview with Basson Laas

    10 Mins Read29 Views
    Follow SA Music Zone
    • Facebook
    • Twitter
    • Instagram
    • YouTube
    • TikTok
    • WhatsApp
    • Spotify
    Recent Comments
    • Heidi Kriel on Miss Heidi Band Releases Debut Single: “Cry Out”
    • Gershwin Koen II on Onblusbaar Reik Nuwe Enkelsnit Uit: “Die Paradoks”
    • Gershwin Koen II on Lucia Poggenpoel glo in tweede kanse met “As jy val”
    • David Devo Oosthuizen on An Interview With Celeste Swift
    • David Devo Oosthuizen on The Color Blew Release New Single: “Lily”
    • David Devo Oosthuizen on Cindy-Louise Releases New Single: “Attention”
    Subscribe to Our Newsletter

    GET IN THE ZONE!

    Stay in the loop with all things SA Music!

    Check your inbox or spam folder to confirm your subscription.

    Facebook X (Twitter) Instagram TikTok Pinterest YouTube Spotify WhatsApp
    © 2025 SA Music Zone

    Type above and press Enter to search. Press Esc to cancel.