‘Sterredak Heelal’, wat op 18 November in die kollig was, is die 3de Desember 2022 opgevolg met ‘n hartverblydende musiekvideo.
Die storie in die musiekvideo vertel ‘n verhaal van hoe twee sielsgenote mekaar vind en deur die jare iets besonders skep – op dieselfde tema soos dié van die oorsprong van die liedjie, wat terug strek na 23 Desember 2021, toe Petronel Baard en Helena Marais vir die eerste keer paaie gekruis het per toeval en die twee verwante geeste iets besonders mooi saam geskep het.
Petronel Baard vertel ons meer oor die musiekvideo vir “Sterredak Heelal”
“Die musiekvideo is geskiet in Klein-Brakrivier – waarlik dié lekkerste projek met die mees uiteenlopende, kreatiewe mense saam! Aan ons ander talente, Anrich Herbst, Erica Wessels, Wilmar en Annalie Marais – baie dankie vir jul pragtige toneelspel en geesdrif!”
“Verdere dankies aan Loki Rothman by Rothman Records vir die klankvermenging en vervaardiging van die lied, John Rogers al die pad in die VSA vir die meester van die klank, Efpe Senekal vir die musiekvideo se maak, Mordegai’s Photography vir die ongelooflike foto’s en Reach Creative vir die grafiese ontwerp.”
“Baie dankie ook aan Spin City Publicity wat ons publisiteit en bemarking behartig. Laaste maar nie die minste nie, dankie vir almal se liefde en ondersteuning deur die loop van die projek – vir julle is ons bitter dankbaar!”
Die enkelsnit se musiekvideo is amptelik op 3 Desember uitgesaai op ‘n eksklusiewe premiere tydens KykNet se Ontbytsake program en ook vrygestel op Petronel Baard se YouTube kanaal.
Petronel Baard vertel ons hoe “Sterredak Heelal” gebeur het
“In 2022 se begin het ek gebid vir nuwe vlerke, musiek uit iemand anders se pen waar ek ‘n slag my pen kon neerlê en net my sangtalent kan uitleef. Die volgende dag bel Helena Marais my, met haar liedjie ‘Sterredak Heelal’ wat toe nog ‘n ander naam gehad het. Ek was mal daaroor, het dit aangeleer en so het ons begin gestalte gee aan hierdie pragtige produk wat so stukkie van ons altwee se siele simboliseer.”
“Uiteraard het hierdie ‘n gesamentlike projek en produksie geword waarby ons albei nou betrokke is by élke stap en wat gebore is, is niks minder as besonders nie. Van die konsepsualisering van die opname self, opname proses, wie ons betrek, die video, vrystelling, elke fyn detail, is in pragtige aanvullende samewerking gedoen met die ongeveinsde sinirgie wat net Goddelike inspirasie kan bring. Kunswerke van die lewe en my voorreg om mee te werk, dankie Helena!”
Helena Marais vertel ons meer van “Sterredak Heelal”
“‘Sterredak Heelal’ is ‘n viering van die siklus van die lewe – vanaf die verwondering vir die wêreld as kind, tot die ontnugtering wat almal op ‘n latere stadium ervaar. Die lewe is kort en báie korter as wat ons dink, moet dus nie dat teleurstellings jou onderkry nie – sien dit eerder as ‘n leerkurwe en iets wat ons kan help om die goed en mooi op ons paaie soveel meer te waardeer.”
“Ek het destyds besef dat ek ‘n liedjie gehad het wat in my laai lê en so het ‘Sterredak Heelal’ gestalte gekry die dag toe ek Petronel vir die eerste keer ontmoet het. Baie dankie Petronel Baard vir hierdie avontuur – ek kon nie gevra het vir iemand meer perfek om hierdie liedjie vlerke te gee nie!”
Die lewe is bittersoet onder hierdie “Sterredak Heelal” – daarom vier ons alles wat mooi en eg is saam met alles wat ons is.
Hou jou ogies oop vir gereelde opdaterings in die Music Videos kategorie op SA Music Zone.
To stay in the loop with all things SA Music, subscribe to our newsletter or join our WhatsApp Community.
If you like what we're doing for the SA Music Scene, feel free to buy us a coffee!
If you're looking for something to do, check out our SA Gig Guide. Alternatively. feel free to check out our Featured Posts or scroll down to see a list of related posts.
Want to discover fresh music? Follow our editor's 2025 playlist on Spotify or YouTube Music. These playlists are updated regularly.
Feel free to follow @hennokruger on TikTok or subscribe to SA Music Zone on YouTube.
If you're looking for the latest entertainment news, check out Running Wolf's Rant.
Feeling factual? Check out Interesting Facts.